Skrifture
1 Nefi 10


Hoofstuk 10

Lehi voorspel dat die Jode gevange geneem sal word deur die Babiloniërs—Hy vertel van die koms van ’n Messias onder die Jode, ’n Saligmaker, ’n Verlosser—Lehi vertel ook van die koms van die een wat die Lam van God sou doop—Lehi vertel van die dood en die opstanding van die Messias—Hy vergelyk die verstrooiing en versameling van Israel met ’n olyfboom—Nefi praat van die Seun van God, van die gawe van die Heilige Gees, en van die behoefte vir regverdigheid. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En nou gaan ek, Nefi, voort om ’n kroniek op ahierdie plate te gee van my handelinge, en van my heerskappy en bediening; daarom, om voort te gaan met my kroniek, moet ek ietwat spreek oor die dinge van my vader, en ook oor my broers.

2 Want kyk, dit het gebeur nadat my vader ’n einde gemaak het om die woorde van sy adroom te spreek, en ook om hulle te vermaan tot alle ywer, het hy met hulle gespreek aangaande die Jode—

3 Dat nadat hulle vernietig sou word, en wel daardie groot stad aJerusalem, en baie bweggevoer sou word in gevangenskap na cBabilon, volgens die eie bepaalde tyd van die Here, hulle weer sal dterugkeer, ja, en wel teruggebring word uit gevangenskap; en nadat hulle teruggebring sal word uit gevangenskap, sal hulle weer die land van hulle erfenis in besit neem.

4 Ja, naamlik aseshonderd jaar van die tyd af dat my vader Jerusalem verlaat het, sou die Here God ’n bprofeet opwek onder die Jode—en wel ’n cMessias, of met ander woorde, ’n Saligmaker van die wêreld.

5 En hy het ook gespreek aangaande die profete, hoe groot ’n aantal agetuig het van hierdie dinge, aangaande hierdie Messias, van wie hy gespreek het, of hierdie Verlosser van die wêreld.

6 Daarom, die ganse mensdom was in ’n verlore en agevalle toestand en sou vir ewig wees, tensy hulle sou staatmaak op hierdie Verlosser.

7 En hy het ook aangaande ’n aprofeet gespreek wat voor die Messias sal kom om die weg van die Here te berei—

8 Ja, tot so ’n mate sal hy uitgaan en uitroep in die wildernis: aBerei julle die weg van die Here, en maak sy paaie reguit; want daar staan Een onder julle wat julle nie ken nie; en Hy is magtiger as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie. En veel het my vader gespreek aangaande hierdie ding.

9 En my vader het gesê dat hy sal doop in aBetabara, anderkant die Jordaan; en hy het ook gesê dat hy sal doop met water; selfs dat hy die Messias sou bdoop met water.

10 En nadat hy die Messias gedoop het met water, sal hy erken en getuienis lewer dat hy die aLam van God gedoop het wat die sondes van die wêreld sal wegneem.

11 En dit het gebeur, nadat my vader hierdie woorde gespreek het, het hy met my broers gespreek aangaande die evangelie wat onder die Jode verkondig sal word, en ook aangaande die akwyning van die Jode in bongeloof. En nadat hulle die Messias cdoodgemaak het, wat sal kom, en nadat Hy doodgemaak is, sal Hy dopstaan uit die dood, en sal Homself bekendmaak, aan die nie-Jode deur die eHeilige Gees.

12 Ja, en wel het my vader veel gespreek aangaande die nie-Jode, en ook aangaande die huis van Israel, dat hulle vergelyk moes word met ’n aolyfboom, waarvan die takke afgebreek sal word en bverstrooi sal word oor die hele aangesig van die aarde.

13 Daarom, hy het gesê dat dit noodsaaklik is dat ons almal eendragtiglik die aland van belofte binnegelei sal word, ter vervulling van die woord van die Here, dat ons verstrooi sal word oor die hele aangesig van die aarde.

14 En nadat die huis van Israel verstrooi sou word, sou hulle weer aversamel word; of, kortom, nadat die bnie-Jode die volheid van die Evangelie ontvang het, sal die natuurlike takke van die colyfboom, of die oorblyfsel van die huis van Israel, geënt sou word, of kom tot die kennis van die ware Messias, hulle Here en hulle Verlosser.

15 En volgens hierdie wyse van spraak het my vader geprofeteer en met my broers gespreek, en ook baie meer dinge wat ek nie skryf in hierdie boek nie; want ek het soveel van hulle geskryf as wat vir my van nut was in my aander boek.

16 En al hierdie dinge, waarvan ek gespreek het, is gedoen terwyl my vader gewoon het in ’n tent, in die vallei van Lemuel.

17 En dit het gebeur nadat ek, Nefi, al die awoorde van my vader gehoor het, aangaande die dinge wat hy gesien het in ’n bvisioen, en ook die dinge wat hy gespreek het deur die mag van die Heilige Gees, welke mag hy ontvang het deur geloof in die Seun van God—en die Seun van God was die cMessias wat sou kom—was ek, Nefi, ook begerig dat ek mag sien, en hoor, en weet, van hierdie dinge, deur die mag van die dHeilige Gees, wat die gawe is van God aan al diegene wat Hom eywerig soek, beide in die dae van die fvoortyd sowel as in die tyd wat Hy Hom sal openbaar aan die kinders van mense.

18 Want Hy is adieselfde gister, vandag en vir ewig; en die weg is berei vir alle mense vanaf die grondlegging van die wêreld, as dit so is dat hulle hul bekeer en na Hom kom.

19 Want hy wat ywerig soek, sal vind; en die averborgenhede van God sal ontvou word aan hulle, deur die mag van die bHeilige Gees, sowel as in hierdie tye en sowel as in die dae van die voortyd, as in die tye wat moet kom; daarom is die cverloop van die Here een ewige kringloop.

20 Daarom, onthou, o mens, oor al jou werke sal jy tot aoordeel gebring word.

21 Daarom, as jy gesoek het om boos te handel in die dae van jou atoetsing, dan word jy onrein bevind voor die regterstoel van God; en geen bonreine ding kan inwoon by God nie; daarom moet jy vir ewig uitgewerp word.

22 En die Heilige Gees gee gesag dat ek hierdie dinge moet spreek en hulle nie weerhou nie.