Skrifture
1 Nefi 6


Hoofstuk 6

Nefi skryf oor die dinge van God—Nefi se doel is om mense te oorreed om na die God van Abraham te kom en gered te word. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En nou gee ek, Nefi, nie die geslagsregister van my vaders in ahierdie deel van my kroniek nie; nóg sal ek dit te eniger tyd daarna gee op hierdie bplate wat ek skryf; want dit is gegee in die kroniek wat bygehou is deur my cvader; daarom, ek skryf dit nie in hierdie kroniek nie.

2 Want dit is genoegsaam vir my deur te sê dat ons afstammelinge is van aJosef.

3 En dit maak nie vir my saak dat ek nie nougeset ’n volledige kroniek kan gee van al die dinge aangaande my vader nie, want hulle kan nie geskryf word op ahierdie plate nie, want ek benodig die ruimte dat ek van die dinge van God mag skrywe.

4 Want die volheid van my bedoeling is dat ek mense mag aoorreed om na die God van Abraham, en die God van Isak en die God van Jakob te bkom, en gered te word.

5 Daarom, die dinge wat aaangenaam is vir die wêreld skryf ek nie, maar die dinge wat aangenaam is vir God, en vir diegene wat nie van die wêreld is nie.

6 Daarom, ek sal ’n bevel gee aan my saad, dat hulle nie hierdie plate sal beset met dinge wat nie van waarde is vir die kinders van mense nie.