Skrifture
2 Nefi 11


Hoofstuk 11

Jakob het sy Verlosser gesien—Die wet van Moses versinnebeeld Christus en bewys dat Hy sal kom. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En nou, aJakob het baie meer dinge gespreek met my volk in daardie tyd; desnieteenstaande het ek net hierdie dinge laat skrywe, want die dinge wat ek bgeskrywe het is genoeg vir my.

2 En nou ek, Nefi, skryf meer van die woorde van aJesaja, want my siel verheug hom in sy woorde. Want ek sal sy woorde toepas op my volk, en ek sal hulle uitstuur aan al my kinders, want hy het waarlik my bVerlosser gesien, net soos ek Hom gesien het.

3 En my broer, Jakob, het Hom ook agesien net soos ek Hom gesien het, daarom, ek sal hulle woorde uitstuur na my kinders om aan hulle te bewys dat my woorde waar is. Daarom, deur die woorde van bdrie, het God gesê, sal Ek my woord bevestig. Desnieteenstaande, God stuur meer getuies, en Hy bewys al sy woorde.

4 Kyk, my siel verheug hom daarin om aan my volk die waarheid van die koms van aChristus te bbewys; want om hierdie rede is die cwet van Moses gegee; en alle dinge wat deur God vanaf die begin van die wêreld aan die mens gegee is, versinnebeeld Hom.

5 En ook my siel verheug hom in die averbonde van die Here wat Hy gesluit het met ons vaders; ja, my siel verheug hom in sy genade, en in sy geregtigheid, en krag, en barmhartigheid in die groot en ewige plan van verlossing van die dood.

6 En my siel verheug hom daarin om aan my volk te bewys dat atensy Christus sal kom, alle mense moet omkom.

7 Want as daar ageen Christus is nie, is daar geen God nie; en as daar geen God is nie, dan is ons nie, want daar kon geen bskepping gewees het nie. Maar daar is ’n God, en Hy is Christus, en Hy kom in die volheid van sy eie tyd.

8 En nou skryf ek sommige van die woorde van Jesaja, sodat wie ook al van my volk wat hierdie woorde sal sien, hulle harte mag ophef en hulle verbly vir alle mense. Nou, dit is die woorde, en julle kan hulle op julself toepas en op alle mense.