Skrifture
2 Nefi 17


Hoofstuk 17

Efraim en Aram voer oorlog teen Juda—Christus sal gebore word uit ’n maagd—Vergelyk Jesaja 7. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En dit het gebeur in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussia, koning van Juda, dat Resin, koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, koning van Israel, opgetrek het na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar kon dit nie oorwin nie.

2 En dit is aan die huis van Dawid vertel, en gesê: Aram het ’n bondgenootskap gevorm met aEfraim. En sy hart het gebewe, en die hart van sy volk, soos die bome van die bos bewe voor die wind.

3 Toe het die Here vir Jesaja gesê: Gaan nou uit, Agas tegemoet, jy en aSjear Ja-Sjub jou seun, aan die einde van die waterleiding van die boonste poel, by die hoofweg van die bleiker se veld;

4 En sê vir hom: Wees versigtig, en wees gerus; avrees nie, wees ook nie flou-hartig vanweë die twee sterte van hierdie rokende stompe nie, weens die gloeiende toorn van Resin met Aram, en van die seun van Remália.

5 Omdat Aram, Efraim en die seun van Remália bose planne teen jou beraam het, en gesê het:

6 Laat ons optrek teen Juda en dit teister, en laat ons ’n bres daarin aslaan vir ons, en ’n koning stel in die midde daarvan, ja die seun van Tábeal.

7 So sê die Here God: Dit sal nie staan nie, nóg sal dit gebeur.

8 Want die hoof van Aram is Damaskus, en die hoof van Damaskus, Resin; en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word sodat dit nie meer ’n volk is nie.

9 En die hoof van Efraim is Samaría, en die hoof van Samaría is Remália se seun. As julle anie wil glo nie, voorwaar, julle sal nie gevestig word nie!

10 Voorts, die Here het weer met Agas gespreek, en gesê:

11 Vra vir jou ’n ateken van die Here jou God; vra dit óf in die dieptes, óf in die hoogtes daarbo.

12 Maar Agas het gesê: Ek sal nie vra nie, nóg sal ek die Here aversoek.

13 En hy het gesê: Luister julle nou, o huis van Dawid; is dit ’n geringe ding vir julle om mense te vermoei, maar wil julle my God ook vermoei?

14 Daarom, die Here sal self vir julle ’n teken gee—Kyk ’n amaagd sal swanger word, en sal ’n seun baar, en sal sy naam bImmánuel noem.

15 Botter en heuning sal Hy eet, dat Hy mag weet om te verwerp wat boos is en om te kies wat goed is.

16 Want voordat die akind sal weet om te verwerp wat boos is en te kies wat goed is, sal die land wat jy verafsku, verlate wees deur bbeide haar konings.

17 Die Here sal oor jou, en oor jou volk abring, en oor jou vader se huis, dae wat nie gekom het nie, van die dag dat bEfraim weggegaan het van Juda, die koning van Assur.

18 En dit sal gebeur in dié dag dat die Here sal afluit vir die vlieg wat in die uiteindes van Egipte is, en vir die by wat in die land Assur is.

19 En hulle sal kom, en sal rus, almal van hulle in die verlate valleie, en in die skeure van die rotse, en op alle dorings, en op alle bosse.

20 In dieselfde dag sal die Here askeer met ’n skeermes wat gehuur is, deur hulle anderkant die rivier, deur die bkoning van Assur, die hoof, en die hare van die voete; en dit sal ook die baard afskeer.

21 En dit sal gebeur in dié dag, ’n man sal ’n jong koei en twee skape avoed;

22 En dit sal gebeur, weens die oorvloed van melk wat hulle sal gee, sal hy botter eet; want botter en heuning sal almal eet wat oorbly in die land.

23 En dit sal gebeur in dié dag, elke plek sal wees waar daar ’n duisend wingerdstokke was teen ’n duisend asilwerlinge, wat sal wees vir dorings en distels.

24 Met pyle en met boë sal mense daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.

25 En alle heuwels wat bewerk sal word met die bylpik, daar sal nie die vrees vir dorings en distels kom nie; maar dit sal wees om beeste in te jaag, en vir vertrapping deur akleinvee.