Skrifture
2 Nefi 19


Hoofstuk 19

Jesaja spreek oor die Messias—Die volk in duisternis sal ’n groot lig sien—Vir ons is ’n kind gebore—Hy sal die Vredevors wees en sal heers op Dawid se troon—Vergelyk Jesaja 9. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Desnieteenstaande, die dofheid sal nie wees soos wat dit in haar kwelling was nie; toe hy aanvanklik die land Sebulon en die aland Naftali ligtelik verdruk het, en daarna nog swaarder verdruk het langs die weg na die Rooi See, oorkant die Jordaan in Galiléa van die nasies.

2 Die volk wat in aduisternis gewandel het, het ’n groot lig gesien; hulle wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het die lig geskyn.

3 U het die nasie vermenigvuldig, en die vreugde avergroot—hulle verbly hulle voor U soos die vreugde in die oes, en soos manne juig wanneer hulle die buit verdeel.

4 Want U het die juk verbreek van sy las, en die staf van sy skouer, die roede van sy verdrukker.

5 Want elke stryd van die krygsman is met verwarde geraas, en klere wat gerol is in bloed, maar dit sal wees met verbranding en brandstof van die vuur.

6 Want ’n aKind is vir ons gebore, aan ons is ’n Seun gegee, en die bheerskappy sal wees op sy skouer; en sy naam sal wees: Wonderbaar, Raadsman, die cSterke God, die dEwige Vader, die eVredevors.

7 Aan die vermeerdering van die aheerskappy en van vrede is bdaar geen einde nie, op die troon van Dawid, en oor sy koninkryk, om dit te orden en dit te vestig met reg en met geregtigheid, van nou af en vir ewig. Die ywer van die Here van die Leërskare sal dit uitvoer.

8 Die Here het sy woord gestuur na Jakob en dit het op aIsrael neergedaal.

9 En die hele volk sal weet, naamlik Efraim en die inwoners van Samaría, wat sê in die hoogmoed en grootsheid van hart:

10 Die bakstene het neergeval, maar ons sal bou met gekapte klippe; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle in seders verander.

11 Daarom, die Here sal die teenstanders van aResin verhef teen hom, en sy vyande saamvoeg;

12 Die Arameërs voor en die Filistyne agter; en hulle sal Israel averslind met ope mond. Ondanks dit alles is sy btoorn nie afgewend nie, maar sy hand is steeds uitgestrek.

13 Want die volk akeer nie tot Hom wat hulle slaan nie, nóg soek hulle die Here van die Leërskare.

14 Daarom sal die Here van Israel kop en stert afsny, tak en biesie in een dag.

15 Die oudste, hy is die kop; en die profeet wat leuens verkondig, hy is die stert.

16 Want die leiers van hierdie volk veroorsaak dat hulle dwaal; en diegene wat gelei word deur hulle, word vernietig.

17 Daarom, die Here sal geen vreugde hê oor hulle jongmanne nie, nóg sal Hy geen abarmhartigheid hê vir hulle wese en weduwees; want elkeen van hulle is ’n huigelaar en ’n boosdoener, en elke mond spreek bdwaasheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy chand is steeds uitgestrek.

18 Want boosheid brand soos die vuur; dit sal die distels en dorings verteer, en sal die struikgewasse van die woude aan die brand steek, en hulle sal opklim soos die opstyging van rook.

19 Deur die toorn van die Here van die Leërskare is die land verduister, en die volk sal wees soos die brandstof van die vuur; ageen mens sal sy broer spaar nie.

20 En hy sal gryp na die regterhand en honger wees; en hy sal aeet aan die linkerhand en hulle sal nie versadig wees nie; hulle sal eet, elke mens die vlees van sy eie arm—

21 aManasse, bEfraim; en Efraim, Manasse; hulle saam sal teen cJuda wees. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is steeds uitgestrek.