Skrifture
2 Nefi 6


Hoofstuk 6

Jakob verhaal Joodse geskiedenis: Die Babiloniese slawerny en terugkeer; die bediening en kruisiging van die Heilige Een van Israel; die hulp ontvang van die nie-Jode; en die Jode se herstel in die laaste dae wanneer hulle in die Messias glo. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Die woorde van Jakob, die broer van Nefi, wat hy met die volk van Nefi gespreek het:

2 Kyk, my geliefde broers, ek, Jakob, wat geroep is deur God, en geordineer is volgens die wyse van sy heilige orde, en wat geordineer is deur my broer Nefi, na wie julle opsien as ’n akoning of beskermer, en op wie julle staatmaak vir veiligheid, kyk, julle weet dat ek uitermate baie dinge met julle gespreek het.

3 Desnieteenstaande, ek spreek weer met julle; want ek is begaan oor die welsyn van julle siele. Ja, my kommer is groot vir julle; en julle weet self dat dit altyd so was. Want ek het julle vermaan met alle ywer; en ek het julle die woorde van my vader geleer; en ek het met julle gespreek aangaande alle dinge wat geskrywe is, vanaf die skepping van die wêreld.

4 En nou, kyk, ek wil met julle spreek aangaande die dinge wat is, en die dinge wat sal kom; daarom, ek sal vir julle die woorde van aJesaja lees. En dit is die woorde wat my broer gevra het dat ek met julle moet spreek. En ek spreek met julle om julle onthalwe, sodat julle mag leer en die naam van julle God mag verheerlik.

5 En nou, die woorde wat ek sal lees is dit wat Jesaja gespreek het aangaande die hele huis van Israel; daarom, dit kan toegepas word op julle, want julle is van die huis van Israel. En daar is baie dinge wat deur Jesaja gespreek is, wat toegepas mag word op julle, omdat julle van die huis van Israel is.

6 En nou, dit is die woorde: aSo sê die Here God: Kyk Ek sal my hand ophef na die nie-Jode, en my bvaandel oprig na die volk; en hulle sal jou seuns bring in hulle arms en jou dogters sal gedra word op hulle skouers.

7 En konings sal julle pleegvaders wees en hulle koninginne julle pleegmoeders; hulle sal neerbuig voor jou met hul aangesigte na die aarde, en die stof oplek van jou voete; en jy sal weet dat Ek die Here is; want hulle sal nie beskaamd staan wat awag vir My nie.

8 En nou ek, Jakob, wil ietwat spreek aangaande hierdie woorde. Want kyk, die Here het aan my getoon dat diegene wat in aJerusalem was, waarvandaan ons gekom het, doodgemaak en bgevange weggevoer is.

9 Nogtans, die Here het aan my getoon dat hulle weer sal aterugkeer. En Hy het ook aan my getoon dat die Here God, die Heilige Een van Israel, Hom sal openbaar aan hulle in die vlees; en nadat Hy hom sal openbaar aan hulle, sal hulle Hom gésel en Hom bkruisig, volgens die woorde van die engel wat dit met my gespreek het.

10 En nadat hulle hul harte verhard het en hardnekkig geword het teen die Heilige Een van Israel, kyk, die aoordele van die Heilige Een van Israel sal oor hulle kom. En die dag kom dat hulle geslaan en verdruk sal word.

11 Daarom, nadat hulle heen en weer verdrywe word, want so sê die engel, baie sal verdruk word in die vlees, en sal nie toegelaat word om te vergaan nie, vanweë die gebede van die gelowiges; hulle sal verstrooi, en geslaan, en gehaat word; nogtans, die Here sal barmhartig wees teenoor hulle, sodat awanneer hulle sal kom tot die bkennis van hulle Verlosser, sal hulle weer cversamel word na die lande van hulle erfenis.

12 En geseënd is die anie-Jode, hulle van wie die profeet geskrywe het; want kyk, as dit so is dat hulle sal bekeer en nie stry teen Sion nie, en hulle nie verenig met daardie groot en bgruwelike kerk nie, sal hulle gered word; want die Here God sal sy cverbonde nakom wat Hy gesluit het met sy kinders; en om hierdie rede het die profeet hierdie dinge geskrywe.

13 Daarom, hulle wat stry teen Sion en die verbondsvolk van die Here, sal die stof oplek van hulle voete; en die volk van die Here sal nie abeskaam word nie. Want die volk van die Here is diegene wat vir Hom bwag; want hulle wag steeds vir die koms van die Messias.

14 En kyk, volgens die woorde van die profeet, die Messias sal homself die taak stel om hulle weer ’n atweede keer terug te win; daarom, Hy sal Homself aan hulle bopenbaar in krag en groot heerlikheid, tot die cvernietiging van hulle vyande, wanneer daardie dag kom dat hulle in Hom sal glo; en Hy sal niemand vernietig wat in Hom glo nie.

15 En hulle wat nie glo in Hom nie, sal avernietig word, beide deur bvuur, en deur stormwind, en deur aardbewings, en deur bloedvergietinge, en deur cpestilensie, en deur hongersnood. En hulle sal weet dat die Here God is, die Heilige Een van Israel.

16 aWant sal die buit van die magtige afgeneem word, of die bwettige gevangene vrygelaat word?

17 Maar so sê die Here: Selfs die agevangenes van die magtiges sal weggeneem word, en die buit van die verskrikker sal vrygelaat word; want die bMagtige God sal sy verbondsvolk cverlos. Want so sê die Here: Ek sal met hulle stry wat met jou twis—

18 En Ek sal diegene wat jou onderdruk, met hulle eie vlees voer; en hulle sal dronk word van hulle eie bloed soos van soet wyn; en alle vlees sal weet dat Ek die Here, jou Saligmaker en jou aVerlosser is, die bMagtige Een van Jakob.