Skrifture
3 Nefi 18


Hoofstuk 18

Jesus stel die nagmaal in onder die Nefiete—Hulle word gebied om altyd te bid in sy Naam—Diegene wat onwaardig sy vlees eet en sy bloed drink, word verdoem—Die dissipels word mag gegee om die Heilige Gees te skenk. Ongeveer 34 n.C.

1 En dit het gebeur dat Jesus sy dissipels gebied het dat hulle abrood en wyn na Hom moes bring.

2 En terwyl hulle weg was om brood en wyn te gaan haal, het Hy die skare gebied dat hulle moes gaan sit op die grond.

3 En toe die dissipels gekom het met abrood en wyn, het Hy van die brood geneem en dit gebreek en geseën; en Hy het aan die dissipels gegee en gebied dat hulle moes eet.

4 En toe hulle geëet het en gevul was, het Hy gebied dat hulle moes gee aan die skare.

5 En toe die skare geëet het en gevul was, het Hy aan die dissipels gesê: Kyk, daar sal een onder julle geordineer word, en aan hom sal Ek mag gee dat hy brood sal abreek en dit seën en dit gee aan die mense van my kerk, aan al diegene wat sal glo en gedoop word in my Naam.

6 En dit sal julle altyd nastreef om te doen, net soos Ek gedoen het, net soos Ek brood gebreek het en dit geseën het en dit gegee het aan julle.

7 En dit sal julle doen ater gedagtenis van my liggaam, wat Ek getoon het aan julle. En dit sal ’n getuienis wees tot die Vader dat julle My altyd onthou. En as julle My altyd onthou, sal julle my Gees hê om met julle te wees.

8 En dit het gebeur dat toe Hy hierdie woorde gesê het, het Hy sy dissipels gebied dat hulle van die wyn van die beker moes neem en daarvan drink, en dat hulle ook aan die skare moes gee sodat hulle daarvan mag drink.

9 En dit het gebeur dat hulle dit gedoen het, en daarvan gedrink het en gevul is; en hulle het aan die skare gegee, en hulle het gedrink, en hulle is gevul.

10 En toe die dissipels dit gedoen het, het Jesus aan hulle gesê: Geseënd is julle vanweë hierdie ding wat julle gedoen het, want dit is ’n vervulling van my gebooie, en dit getuig aan die Vader dat julle gewillig is om dit te doen wat Ek julle gebied het.

11 En dit sal julle altyd doen aan diegene wat bekeer en gedoop word in my Naam; en julle sal dit doen ter gedagtenis van my bloed, wat Ek gestort het vir julle, sodat julle mag getuig aan die Vader dat julle My altyd onthou. En as julle My altyd onthou, sal julle my Gees hê om met julle te wees.

12 En Ek gee aan julle ’n gebod dat julle hierdie dinge sal doen. En as julle altyd hierdie dinge sal doen, geseënd is julle, want julle is gebou op my arots.

13 Maar wie ook al onder julle meer of minder sal doen as hierdie dinge is nie gebou op my rots nie, maar is gebou op ’n sanderige fondament; en wanneer die reën val, en die vloede kom, en die winde waai, en teen hulle slaan, sal hulle aval, en die bpoorte van die hel is reeds oop om hulle te ontvang.

14 Daarom, geseënd is julle as julle my gebooie sal onderhou, wat die Vader My gebied het dat Ek aan julle moet gee.

15 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle moet altyd waak en abid, sodat julle nie versoek word deur die duiwel nie, en julle gevange weggevoer word deur hom nie.

16 En soos Ek onder julle gebid het, net so moet julle bid in my kerk, onder my volk wat bekeer en gedoop word in my Naam. Kyk, Ek is die alig; Ek het ’n bvoorbeeld gestel vir julle.

17 En dit het gebeur dat toe Jesus hierdie woorde met sy dissipels gespreek het, het Hy weer na die skare gedraai en aan hulle gesê:

18 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, julle moet altyd waak en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie; want aSatan begeer om julle te hê, sodat Hy julle kan sif soos koring.

19 Daarom, julle moet altyd bid tot die Vader in my Naam;

20 En wat aook al julle die Vader sal vra in my Naam, wat reg is, en glo dat julle sal ontvang, kyk, dit sal aan julle gegee word.

21 aBid in julle gesinne tot die Vader, altyd in my Naam, sodat julle vroue en julle kinders geseënd mag wees.

22 En kyk, julle moet dikwels bymekaar kom; en julle sal geen mens verbied om na julle te kom wanneer julle bymekaar sal kom nie, maar laat hulle toe om na julle te kom en verbied hulle nie;

23 Maar julle sal abid vir hulle, en sal hulle nie uitwerp nie; en as dit so is dat hulle dikwels na julle kom, sal julle bid vir hulle tot die Vader, in my Naam.

24 Daarom, hou julle alig omhoog sodat dit mag skyn vir die wêreld. Kyk, Ek is die blig wat julle sal omhoog hou—dit wat julle My sien doen het. Kyk, julle sien dat Ek gebid het tot die Vader, en julle almal het gesien.

25 En julle sien dat Ek gebied het dat aniemand van julle moet weggaan nie, maar het eerder gebied dat julle tot My moet kom, sodat julle mag bvoel en sien; net so moet julle doen aan die wêreld; en wie ook al hierdie gebod verbreek, laat homself toe om in versoeking gelei te word.

26 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy weer sy oë gekeer na die dissipels wat hy gekies het, en het aan hulle gesê:

27 Kyk voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek gee aan julle ’n ander gebod, en dan moet Ek na my aVader gaan sodat Ek bander gebooie mag vervul wat Hy My gegee het.

28 En nou kyk, hierdie is die gebod wat Ek aan julle gee, dat julle niemand bewustelik sal toelaat om aonwaardiglik te bneem van my vlees en bloed wanneer julle dit sal bedien nie;

29 Want wie ook al my vlees en abloed bonwaardiglik eet en drink, eet en drink verdoemenis tot sy siel; daarom, as julle weet dat ’n man onwaardig is om te eet en drink van my vlees en bloed, sal julle hom verbied.

30 Nogtans, julle sal hom nie auitwerp van onder julle nie, maar julle sal hom dien en sal vir hom bid tot die Vader, in my Naam; en as dit so is dat hy bekeer en gedoop word in my Naam, dan sal julle hom ontvang, en sal aan hom van my vlees en bloed bedien.

31 Maar as hy nie bekeer nie, sal hy nie gereken word onder my volk nie, sodat hy my volk nie vernietig nie, want kyk ek ken amy skape, en hulle is getel.

32 Nogtans, julle sal hom nie uitwerp uit julle sinagoges, of julle plekke van aanbidding nie, want diesulkes sal julle aanhou om te dien; want julle weet nie of hulle sal terugkom en bekeer, en na My kom met volle voorneme van hart nie, en Ek sal hulle agenees; en julle sal die middel wees om heil na hulle te bring.

33 Daarom, onderhou hierdie woorde wat Ek julle gebied het, sodat julle nie onder aoordeel kom nie, want wee hom vir wie die Vader veroordeel.

34 En Ek gee julle hierdie gebooie vanweë die twiste wat onder julle was. En geseënd is julle as julle ageen twiste onder julle het nie.

35 En nou gaan Ek na die Vader, want dit is raadsaam dat Ek na die Vader gaan aom julle onthalwe.

36 En dit het gebeur dat toe Jesus ’n einde gemaak het aan hierdie woorde, het Hy met sy ahand die bdissipels aangeraak wat Hy gekies het, een vir een, totdat Hy hulle almal aangeraak het, en het met hulle gespreek terwyl Hy hulle aangeraak het.

37 En die skare het nie die woorde gehoor wat Hy gespreek het nie, daarom het hulle nie getuienis gelewer nie; maar die dissipels het getuienis gelewer dat Hy hulle amag gegee het om die bHeilige Gees te skenk. En ek sal aan julle toon dat hierdie getuienis waar is.

38 En dit het gebeur dat toe Jesus hulle almal aangeraak het, het daar ’n awolk gekom en die skare oorskadu dat hulle Jesus nie kon sien nie.

39 En terwyl hulle oorskadu was, het Hy weggegaan van hulle, en het opgevaar in die hemel. En die dissipels het gesien en getuienis gelewer dat Hy weer opgevaar het in die hemel.