Skrifture
3 Nefi 24


Hoofstuk 24

Die Here se boodskapper sal die weg voorberei vir die Tweede Koms—Christus sal in oordeel sit—Israel word gebied om tiendes en offerandes te betaal—’n Boek van herinnering word gehou—Vergelyk Maleági 3. Ongeveer 34 n.C.

1 En dit het gebeur dat Hy hulle gebied het dat hulle die woorde moes skrywe wat die Vader aan Maleági gegee het, wat hy aan hulle moes vertel. En dit het gebeur dat nadat hulle geskrywe is, het Hy hulle uitgelê. En hierdie is die woorde wat hy aan hulle vertel het, en gesê het: So het die Vader gesê vir Maleági—Kyk, Ek sal My aboodskapper stuur, en hy sal die weg voor My berei, en die Here wat julle soek sal skielik kom na sy tempel, naamlik die boodskapper van die verbond, in wie julle jul verheug; kyk, Hy sal kom, sê die Here van die Leërskare.

2 Maar wie sal die dag van sy koms averdra, en wie sal standhou wanneer Hy verskyn? Want Hy is soos ’n bsmelter se vuur, en soos ’n bleiker se seep.

3 En Hy sal sit as ’n smelter en ’n suiweraar van silwer; en Hy sal die aseuns van Levi reinig, en hulle louter soos goud en silwer, sodat hulle ’n offerande in regverdigheid aan die Here mag boffer.

4 Dan sal die offerande van Juda en Jerusalem aangenaam wees vir die Here, soos in die ou dae, en soos die jare van die voortyd.

5 En Ek sal na aan julle kom tot oordeel; en Ek sal ’n snelle getuie wees teen die towenaars, en teen die egbrekers, en teen valse sweerders, en teen diegene wat die dagloner verdruk in sy lone, die weduwee en die awees, en wat die vreemdeling opsystoot, en My nie vrees nie, sê die Here van die Leërskare.

6 Want Ek is die Here, Ek verander nie; daarom word julle seuns van Jakob nie verteer nie.

7 Selfs van die dae van julle vaders het julle my ordinansies averwerp, en het hulle nie onderhou nie. bKeer terug tot My, en Ek sal terugkeer tot julle, sê die Here van die Leërskare. Maar julle sê: Waarin sal ons terugkeer?

8 Sal ’n mens God beroof? Tog het julle My beroof. Maar julle sê: Waarin het ons U beroof? In atiendes en bofferandes.

9 Julle is vervloek met ’n vloek, want julle het My beroof, en wel hierdie hele nasie.

10 Bring julle al die atiendes na die voorraadskuur, sodat daar spys mag wees in my huis; en beproef My nou hierin, sê die Here van die Leërskare, of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak, en ’n bseëning uitstort op julle dat daar nie genoeg ruimte sal wees om dit te ontvang nie.

11 Ek sal die verorberaar bestraf om julle onthalwe, en hy sal nie die vrugte van julle grond vernietig nie; nóg sal julle wingerdstok haar vrugte voor die tyd neerwerp op die lande, sê die Here van die Leërskare.

12 En alle nasies sal julle geseënd noem, want julle sal ’n vrugbare land wees, sê die Here van die Leërskare.

13 Julle woorde was sterk teen My, sê die Here. Tog sê julle: Wat het ons teen U gespreek?

14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit dat ons sy ordinansies onderhou het en dat ons berouvol gewandel het voor die Here van die Leërskare?

15 En nou noem ons die hoogmoediges gelukkig; ja, hulle wat boosheid bewerk is voorspoedig, ja, hulle wat God versoek is inderdaad gespaar!

16 Toe het hulle wat die Here gevrees het dikwels met mekaar agepraat; en die Here het ag geslaan en gehoor; en ’n bboek van herinnering is geskrywe voor Hom vir diegene wat die Here gevrees het, en sy Naam eerbiedig het.

17 En hulle sal myne wees, sê die Here van die Leërskare, op daardie dag wat Ek my juwele abymekaarmaak; en Ek sal hulle spaar soos ’n man sy eie seun spaar wat hom dien.

18 Dan sal julle terugkeer en aonderskei tussen die regverdige en die goddelose, tussen hom wat God dien, en hom wat Hom nie dien nie.