Skrifture
3 Nefi 2


Hoofstuk 2

Boosheid en gruwels vermeerder onder die volk—Die Nefiete en Lamaniete verenig om hulleself teen die Gadianton-rowers te verdedig—Bekeerde Lamaniete word wit en word Nefiete genoem. Ongeveer 5–16 n.C.

1 En dit het gebeur dat die vyf en negentigste jaar ook so verbygegaan het, en die volk het begin om daardie tekens en wonders te vergeet wat hulle gehoor het, en het begin om minder en minder verbaas te word oor ’n teken of ’n wonder van die hemel, in soverre dat hulle begin het om verhard te word in hulle harte, en blind in hulle verstand, en het begin om alles wat hulle gehoor en gesien het te wantrou—

2 Terwyl hulle hul ’n soort ydele ding begin verbeel het in hul harte, dat dit verrig is deur die mens en deur die mag van die duiwel, om die harte van die volk weg te lei en te abedrieg; en so het Satan weer besit gekry van die harte van die volk, in soverre dat hy hulle oë verblind het en hulle weggelei het om te glo dat die leer van Christus ’n dwase en ’n ydele ding was.

3 En dit het gebeur dat die volk sterk begin word het in boosheid en gruwels; en hulle het nie geglo dat daar nog enige tekens en wonders gegee sou word nie; en Satan het arondgegaan, en die harte van die volk weggelei, en hulle versoek en groot gruwels laat doen in die land.

4 En so het die ses en negentigste jaar verbygegaan; en ook die sewe en negentigste jaar; en ook die agt en negentigste jaar; en ook die nege en negentigste jaar;

5 En ook ’n honderd jaar het verbygegaan vanaf die dae van aMosia, wat koning was oor die volk van die Nefiete.

6 En seshonderd en nege jaar het verbygegaan vandat Lehi Jerusalem verlaat het.

7 En nege jaar het verbygegaan vanaf die tyd toe die teken gegee is, waarvan deur die profete gespreek is, dat Christus sou kom in die wêreld.

8 Nou het die Nefiete begin om hul tyd te reken vanaf hierdie tydperk toe die teken gegee is, of vanaf die koms van Christus; daarom, nege jaar het verbygegaan.

9 En Nefi, wat die vader was van Nefi, wat die verantwoordelikheid gehad het vir die kronieke, ahet nie teruggekeer na die land Zarahemla nie, en kon nêrens gevind word in die hele land nie.

10 En dit het gebeur dat die volk steeds volgehou het in boosheid, nieteenstaande die baie prediking en profetering wat onder hulle gestuur is; en so het die tiende jaar ook verbygegaan; en die elfde jaar het ook verbygegaan in ongeregtigheid.

11 En dit het gebeur in die dertiende jaar het daar oorloë en twiste begin ontstaan dwarsdeur die hele land; want die Gadianton-rowers het so talryk geword, en het so baie van die mense doodgemaak, en het soveel stede vernietig, en het soveel dood en slagting versprei dwarsdeur die land, dat dit noodsaaklik geword het dat al die mense, beide die Nefiete en die Lamaniete, wapens moes opneem teen hulle.

12 Daarom, al die Lamaniete wat tot die Here bekeer het, het met hulle broers, die Nefiete, verenig en is genoodsaak, ter wille van die veiligheid van hulle lewens en hul vroue en hul kinders, om wapens op te neem teen daardie Gadianton-rowers, ja, en ook om hulle regte te handhaaf, en die voorregte van hulle kerk en van hulle aanbidding, en hulle avryheid en hulle bonafhanklikheid.

13 En dit het gebeur dat voordat hierdie dertiende jaar verbygegaan het, is die Nefiete bedreig deur algehele vernietiging vanweë hierdie oorlog, wat uitermate smartlik geword het.

14 En dit het gebeur dat daardie Lamaniete wat verenig het met die Nefiete, gereken is onder die Nefiete;

15 En hulle avloek is weggeneem van hulle, en hulle vel het bwit geword soos die Nefiete;

16 En hulle jong manne en hulle dogters het uitermate mooi geword, en hulle is onder die Nefiete gereken, en is Nefiete genoem. En so het die dertiende jaar geëindig.

17 En dit het gebeur aan die begin van die veertiende jaar, het die oorlog tussen die rowers en die volk van Nefi voortgeduur en het uitermate smartlik geword; nogtans, die volk van Nefi het ’n mate van voordeel oor die rowers behaal, in soverre dat hulle hul teruggedryf het uit hulle lande, in die berge en in hulle geheime plekke in.

18 En so het die veertiende jaar geëindig. En in die vyftiende jaar het hulle uitgekom teen die volk van Nefi; en vanweë die boosheid van die volk van Nefi, en hulle baie twiste en onenighede, het die Gadianton-rowers baie voordele oor hulle behaal.

19 En so het die vyftiende jaar geëindig, en so was die volk in ’n toestand van baie verdrukkinge; en die aswaard van vernietiging het oor hulle gehang, in soverre dat hulle op die punt was om neergevel te word daardeur, en dit vanweë hulle ongeregtigheid.