Derde Nefi

Die Boek van Nefi Die Seun van Nefi, Wat die Seun Was van Helaman

3 Nefi 

En Helaman was die seun van Helaman, wat die seun was van Alma, wat die seun was van Alma, wat ’n afstammeling was van Nefi wat die seun was van Lehi, wat uit Jerusalem gekom het in die eerste jaar van die heerskappy van Sedekía, die koning van Juda.
Hoofstuk 1

Nefi, die seun van Helaman, vertrek uit die land, en sy seun Nefi hou die kronieke by—Hoewel tekens en wonders oorvloedig is, beplan die bose om die regverdiges te dood—Die nag van Christus se geboorte breek aan—Die teken word gegee, en ’n nuwe ster verskyn—Leuens en bedriëery vermeerder, en die Gadianton-rowers dood baie. Ongeveer 1–4 n.C.

Hoofstuk 2

Boosheid en gruwels vermeerder onder die volk—Die Nefiete en Lamaniete verenig om hulleself teen die Gadianton-rowers te verdedig—Bekeerde Lamaniete word wit en word Nefiete genoem. Ongeveer 5–16 n.C.

Hoofstuk 3

Giddianhi, die Gadiantonse leier, eis dat Lachoneüs en die Nefiete hulleself en hul lande oorgee—Lachoneüs stel Gidgiddoni aan as hoofkaptein van die leërs—Die Nefiete vergader in Zarahemla en Oorvloed om hulself te verdedig. Ongeveer 16–18 n.C.

Hoofstuk 4

Die Nefitiese leërs verslaan die Gadianton-rowers—Giddianhi word gedood, en sy opvolger, Zemnariha, word gehang—Die Nefiete loof die Here vir hulle oorwinnings. Ongeveer 19–22 n.C.

Hoofstuk 5

Die Nefiete bekeer en versaak hulle sondes—Mormon skryf die geskiedenis van sy volk en verkondig die ewigdurende woord aan hulle—Israel sal versamel word van haar lang verstrooiing. Ongeveer 22–26 n.C.

Hoofstuk 6

Die Nefiete is voorspoedig—Hoogmoed, rykdom en klasse-onderskeid ontstaan—Die Kerk word verdeel deur onenighede—Satan lei die volk in openlike rebellie—Baie profete roep bekering uit en word gedood—Hulle moordenaars sweer saam om die regering oor te neem. Ongeveer 26–30 n.C.

Hoofstuk 7

Die hoofregter word vermoor, die regering word vernietig, en die volk verdeel in stamme—Jakob, ’n Antichris, word koning van ’n geheime organisasie—Nefi preek bekering en geloof in Christus—Engele dien hom daagliks, en hy wek sy broer op uit die dood—Baie bekeer en word gedoop. Ongeveer 30–33 n.C.

Hoofstuk 8

Stormwinde, aardbewings, vure, warrelwinde en fisiese rampe getuig van die kruisiging van Christus—Baie mense word vernietig—Duisternis bedek die land vir drie dae—Diegene wat oorbly bekla hulle lot. Ongeveer 33–34 n.C.

Hoofstuk 9

In die duisternis verkondig die stem van Christus die vernietiging van baie mense en stede vanweë hulle boosheid—Hy verkondig ook sy goddelikheid, kondig aan dat die wet van Moses vervul is, en nooi mense om na Hom te kom en gered te word. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 10

Daar is stilte in die land vir baie ure—Die stem van Christus belowe om sy volk bymekaar te maak soos ’n hen haar kuikens bymekaarmaak—Die meer regverdige deel van die volk is bewaar. Ongeveer 34–35 n.C.

Jesus Christus het Homself getoon aan die volk van Nefi, terwyl die skare in die land Oorvloed was, en het hulle gedien; en op hierdie wyse het Hy Homself getoon aan hulle.

Dit behels hoofstukke 11 tot 26.

Hoofstuk 11

Die Vader getuig van sy Geliefde Seun—Christus verskyn en verkondig sy Versoening—Die mense voel die wondmerke in sy hande, en voete, en sy—Hulle roep Hosanna—Hy sit die metode en wyse van doop uiteen—Die gees van twis is van die duiwel—Christus se leer is dat mense moet glo en gedoop word en die Heilige Gees ontvang. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 12

Jesus roep en magtig die twaalf dissipels—Hy lewer aan die Nefiete ’n rede soortgelyk aan die Bergpredikasie—Hy uiter die Saligsprekinge—Sy leringe oortref en neem voorrang bo die wet van Moses—Die mens word gebied om volmaak te wees net soos Hy en sy Vader volmaak is—Vergelyk Matthéüs 5. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 13

Jesus leer die Nefiete die Onse Vader—Hulle moet skatte weglê in die hemel—Die twaalf dissipels in hulle bediening word gebied om nie bekommerd te wees oor stoflike dinge nie—Vergelyk Matthéüs 6. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 14

Jesus gebied: Oordeel nie, vra vir God; pas op vir valse profete—Hy belowe heil aan diegene wat die wil van die Vader doen—Vergelyk Matthéüs 7. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 15

Jesus kondig aan dat die wet van Moses in Hom vervul is—Die Nefiete is die ander skape van wie Hy gespreek het in Jerusalem—Vanweë ongeregtigheid weet die Here se volk in Jerusalem nie van die verstrooide skape van Israel nie. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 16

Jesus sal ander van die verlore skape van Israel besoek—In die laaste dae sal die evangelie na die nie-Jode gaan en dan na die huis van Israel—Die Here se volk sal van oog tot oog sien wanneer Hy weer Sion bring. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 17

Jesus gee die volk opdrag om sy woorde te bepeins en te bid vir begrip—Hy genees hulle siekes—Hy bid vir die volk, en gebruik taal wat nie geskrywe kan word nie—Engele dien vir, en vuur omring hulle klein kindertjies. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 18

Jesus stel die nagmaal in onder die Nefiete—Hulle word gebied om altyd te bid in sy Naam—Diegene wat onwaardig sy vlees eet en sy bloed drink, word verdoem—Die dissipels word mag gegee om die Heilige Gees te skenk. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 19

Die twaalf dissipels dien die volk en bid om die Heilige Gees—Die dissipels word gedoop en ontvang die Heilige Gees en die bediening van engele—Jesus bid en gebruik woorde wat nie geskrywe kan word nie—Hy getuig van die uitermate groot geloof van hierdie Nefiete. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 20

Jesus voorsien brood en wyn wonderbaarlik en bedien weer die nagmaal aan die volk—Die oorblyfsel van Jakob sal kom tot die kennis van die Here hulle God en sal die Amerikas beërwe—Jesus is die profeet soos Moses, en die Nefiete is kinders van die profete—Andere van die Here se volk sal versamel word na Jerusalem. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 21

Israel sal bymekaargemaak word wanneer die Boek van Mormon te voorskyn kom—Die nie-Jode sal gevestig word as ’n vrye volk in Amerika—Hulle sal gered word as hulle glo en gehoorsaam is; anders sal hulle afgesny en vernietig word—Israel sal die Nuwe Jerusalem bou, en die verlore stamme sal terugkeer. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 22

In die laaste dae sal Sion en haar penne gevestig word en Israel sal versamel word met barmhartigheid en teerheid—Hulle sal triomfeer—Vergelyk Jesaja 54. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 23

Jesus keur die woorde van Jesaja goed—Hy gebied die volk om die profete te ondersoek—Die woorde van Samuel die Lamaniet aangaande die Opstanding word tot hulle kronieke bygevoeg. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 24

Die Here se boodskapper sal die weg voorberei vir die Tweede Koms—Christus sal in oordeel sit—Israel word gebied om tiendes en offerandes te betaal—’n Boek van herinnering word gehou—Vergelyk Maleági 3. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 25

Tydens die Tweede Koms sal die hoogmoediges en bose verbrand word soos stoppels—Elía sal terugkeer voor daardie groot en vreeslike dag—Vergelyk Maleági 4. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 26

Jesus lê alle dinge vanaf die begin tot die einde uit—Babas en kinders uiter wonderlike dinge wat nie geskrywe kan word nie—Diegene in die Kerk van Christus het alle dinge in gemeen onder hulle. Ongeveer 34 n.C.

Hoofstuk 27

Jesus gebied hulle om die Kerk na sy Naam te noem—Sy sending en soenoffer behels sy evangelie—Mense word gebied om te bekeer en gedoop te word sodat hulle geheilig mag word deur die Heilige Gees—Hulle moet net soos Jesus wees. Ongeveer 34–35 n.C.

Hoofstuk 28

Nege van die twaalf dissipels begeer en word ’n erfenis belowe in Christus se koninkryk wanneer hulle sterwe—Die Drie Nefiete begeer en word mag gegee oor die dood ten einde op die aarde te bly totdat Jesus weer kom—Hulle word getransformeer en sien dinge wat hulle nie mag uiter nie en hulle dien nou onder die mense. Ongeveer 34–35 n.C.

Hoofstuk 29

Die verskyning van die Boek van Mormon is ’n teken dat die Here begin het om Israel bymekaar te maak en sy verbonde te vervul—Diegene wat sy openbaringe en gawes van die laaste dae verwerp, sal vervloek word. Ongeveer 34–35 n.C.

Hoofstuk 30

Die nie-Jode van die laaste dae word gebied om te bekeer, na Christus te kom, en gereken te word onder die huis van Israel. Ongeveer 34–35 n.C.