Skrifture
Alma 23


Hoofstuk 23

Godsdiensvryheid word aangekondig—Die Lamaniete in sewe lande en stede word bekeer—Hulle noem hulself Anti-Nefi-Lehi’s en word bevry van die vloek—Die Amalekiete en die Amuloniete verwerp die waarheid. Ongeveer 90–77 v.C.

1 Kyk, nou het dit gebeur dat die koning van die Lamaniete ’n aaankondiging uitgestuur het onder al sy mense, dat hulle nie hulle hande mag lê op Ammon, of Aäron, of Omner, of Himni, nóg enige van hulle broers wat sou uitgaan om die woord van God te preek nie, in watter plek hulle ook al mag wees, in enige deel van hulle land.

2 Ja, hy het ’n dekreet uitgestuur onder hulle, dat hulle nie hul hande op hulle mag lê om hulle te bind, of om hulle in die gevangenis te werp nie; nóg mag hulle op hulle spoeg, nóg hulle slaan, nóg hulle uitwerp uit hul sinagoges, nóg hulle gésel; nóg mag hulle klippe na hulle gooi, maar dat hulle vrye toegang moet hê tot hulle huise, en ook tot hulle tempels, en hulle heiligdomme.

3 En so mag hulle uitgaan en die woord preek volgens hul begeertes, want die koning was bekeer tot die Here, en sy hele huishouding; daarom het hy sy aankondiging dwarsdeur die land aan sy volk uitgestuur, sodat die woord van God geen teenkanting mag hê nie, maar sodat dit mag uitgaan deur die hele land, sodat sy volk oortuig mag word aangaande die goddelose aoorleweringe van hulle vaders, en sodat hulle oortuig mag word dat hulle almal broers was, en dat hulle nie behoort te moor, nóg plunder, nóg steel, nóg egbreuk te pleeg, nóg enige wyse van boosheid te pleeg.

4 En nou het dit gebeur dat toe die koning hierdie aankondiging uitgestuur het, dat Aäron en sy broers van stad tot stad gegaan het, en van een huis van aanbidding na ’n ander, en kerke gestig, en priesters en leraars geordineer dwarsdeur die land onder die Lamaniete, om te preek en die woord van God te onderrig onder hulle; en so het hulle begin om groot sukses te behaal.

5 En duisende is gebring tot die kennis van die Here, ja, duisende is gebring om te glo in die aoorleweringe van die Nefiete; en hulle is die bkronieke en profesieë geleer wat oorgedra is tot op die huidige tyd.

6 En sowaar as die Here leef, so is dit waar dat soveel as wat geglo het, of soveel as wat gebring is tot die kennis van die waarheid, deur die prediking van Ammon en sy broers, volgens die gees van openbaring en van profesie, en die krag van God wat wonderwerke in hulle bewerk het—ja, ek sê vir julle, sowaar as die Here leef, het soveel van die Lamaniete as wat aan hulle prediking geglo het, en abekeer is tot die Here, bnooit afvallig geword nie.

7 Want hulle het ’n regverdige volk geword; hulle het die wapens van hulle rebellie neergelê, sodat hulle nie langer teen God geveg het nie, nóg teen enige van hulle broers.

8 Nou, dit is ahulle wat tot die Here bekeer is:

9 Die volk van die Lamaniete wat in die land Ismael was;

10 En ook die volk van die Lamaniete wat in die land Middoni was;

11 En ook van die volk van die Lamaniete wat in die stad Nefi was;

12 En ook van die volk van die Lamaniete wat in die land aSilom was, en wat in die land Semlon was, en in die stad Lemuel, en in die stad Simnilom.

13 En dit is die name van die stede van die Lamaniete wat abekeer is tot die Here; en dit is hulle wat die wapens van hulle rebellie neergelê het, ja, al hulle wapens van oorlog; en hulle was almal Lamaniete.

14 En die Amalekiete is nie abekeer nie, behalwe net een; nóg was enige van die bAmuloniete, maar hulle het hul harte verhard, en ook die harte van die Lamaniete in daardie deel van die land waar hulle ook al gewoon het, ja, en in al hulle dorpies en al hulle stede.

15 Daarom, ons het al die stede van die Lamaniete waarin hulle bekeer het en gekom het tot die kennis van die waarheid, en bekeer is, genome.

16 En nou, dit het gebeur dat die koning en diegene wat bekeer was, begerig was dat hulle ’n naam mag hê, sodat hulle daardeur onderskei mag word van hulle broers; daarom het die koning met Aäron geraadpleeg, en baie van hulle priesters, aangaande die naam wat hulle op hulle moes neem, sodat hulle onderskei mag word.

17 En dit het gebeur dat hulle hul name aAnti-Nefi-Lehi’s genoem het; en hulle is by hierdie naam genoem en is nie meer Lamaniete genoem nie.

18 En hulle het begin om ’n baie hardwerkende volk te word, ja, en hulle was vriendelik met die Nefiete; daarom, hulle het vriendelike verhoudinge met hulle begin, en die avloek van God het hulle nie meer gevolg nie.