Skrifture
Alma 2


Hoofstuk 2

Amliki streef daarna om koning te word en word deur die stem van die volk verwerp—Sy volgelinge maak hom koning—Die Amlikiete maak oorlog teen die Nefiete en word verslaan—Die Lamaniete en Amlikiete verenig hul magte en word verslaan—Alma dood Amliki. Ongeveer 87 v.C.

1 En dit het gebeur aan die begin van die vyfde jaar van hulle heerskappy dat daar ’n twis begin ontstaan het onder die volk; want ’n sekere man, wat Amliki genoem is, en hy was ’n baie geslepe man, ja, ’n wyse man volgens die wysheid van die wêreld, en hy was ’n man volgens die orde van die man wat aGídeon doodgeslaan het met die swaard, wat tereggestel is volgens die wet—

2 Nou het hierdie Amliki, deur sy geslepenheid, veel van die volk weggelok agter hom aan; en wel soveel dat hulle begin het om baie sterk te word; en hulle het begin om te poog om Amliki as koning aan te stel oor die volk.

3 Nou, dit was ontstellend vir die volk van die kerk, en ook vir al diegene wat nie weggelok is agter die oorredinge van Amliki nie; want hulle het geweet dat volgens hulle wet dat sulke dinge bevestig moes word deur die astem van die volk.

4 Daarom, as dit moontlik was dat Amliki die stem van die volk kon wen, omdat hy ’n goddelose man was, sou hy hulle aontneem van hul regte en voorregte van die kerk; want dit was sy voorneme om die kerk van God te vernietig.

5 En dit het gebeur dat die volk bymekaar gekom het dwarsdeur die hele land, elke man volgens sy denke; of dit vir of teen Amliki was, in afsonderlike groepe, terwyl hulle baie gestry en verbasingwekkende aonenighede gehad het die een met die ander.

6 En so het hulle bymekaar gekom om te stem aangaande die saak; en dit is voor die regters gelê.

7 En dit het gebeur dat die stem van die volk teen Amliki gekom het, sodat hy nie koning gemaak is oor die volk nie.

8 Nou, dit het baie vreugde veroorsaak in die harte van diegene wat teen hom was; maar Amliki het diegene wat hom ondersteun het opgestook tot toorn teen dié wat hom nie ondersteun het nie.

9 En dit het gebeur dat hulle bymekaar gekom het, en Amliki aangestel het om hul koning te wees.

10 Nou, toe Amliki koning gemaak is oor hulle, het hy hulle beveel dat hulle wapens moes opneem teen hul broers; en dit het hy gedoen sodat hy hulle aan hom kon onderwerp.

11 Nou was die volk van Amliki onderskei deur die naam van Amliki; en hulle is die aAmlikiete genoem, en die oorblywendes is die bNefiete, of die volk van God genoem.

12 Daarom was die volk van die Nefiete bewus van die voorneme van die Amlikiete, en daarom het hulle voorberei om hulle te ontmoet; ja, hulle het hulself bewapen met swaarde, en met sabels, en met boë, en met pyle, en met klippe, en met slingers, en met allerhande awapens van oorlog, van elke soort.

13 En dus was hulle voorbereid om die Amlikiete te ontmoet ten tye van hulle koms. En daar is kapteins aangestel, en hoër kapteins, en hoofkapteins, volgens hulle getalle.

14 En dit het gebeur dat Amliki sy manne bewapen het met allerhande wapens van oorlog van elke soort; en hy het ook heersers en leiers aangestel oor sy volk, om hulle te lei in die oorlog teen hulle broers.

15 En dit het gebeur dat die Amlikiete aangekom het op die heuwel Amnihu, wat oos was van die aSidon-rivier, wat vloei langs die bland Zarahemla, en daar het hulle begin om oorlog te maak teen die Nefiete.

16 Nou het Alma, omdat hy die ahoofregter en goewerneur was van die volk van Nefi, daarom het hy opgegaan saam met sy volk, ja, met sy kapteins en hoofkapteins, ja, aan die hoof van sy leërs, teen die Amlikiete om te veg.

17 En hulle het begin om die Amlikiete te dood op die heuwel oos van Sidon. En die Amlikiete het geveg teen die Nefiete met groot krag, in soverre dat baie van die Nefiete geval het voor die Amlikiete.

18 Nogtans het die Here die hand van die Nefiete versterk, dat hulle die Amlikiete geslag het met ’n groot slagting, dat hulle begin vlug het voor hulle.

19 En dit het gebeur dat die Nefiete die Amlikiete agternagesit het daardie hele dag, en hulle geslag het met ’n groot slagting, in soverre dat daar van die Amlikiete twaalfduisend vyfhonderd twee en dertig siele agedood is; en daar is van die Nefiete sesduisend vyfhonderd twee en sestig siele gedood.

20 En dit het gebeur dat toe Alma die Amlikiete nie langer kon agternasit nie, het hy sy volk hul tente laat opslaan in die avallei van Gídeon, en die vallei is genoem na daardie Gídeon wat met die swaard gedood is deur die hand van bNehor; en in dié vallei het die Nefiete hulle tente opgeslaan vir die nag.

21 En Alma het spioene gestuur om die oorblyfsel van die Amlikiete te volg, sodat hy mag weet van hulle planne en hulle sameswerings, waardeur hy kon waak teen hulle, sodat hy sy volk mag bewaar teen vernietiging.

22 Nou, diegene wat hy uitgestuur het om die kamp van die Amlikiete dop te hou is genoem Zeram, en Amnor, en Manti, en Limher; dit is hulle wat uitgegaan het met hulle manne om die kamp van die Amlikiete dop te hou.

23 En dit het gebeur dat hulle die volgende dag teruggekeer het na die kamp van die Nefiete met groot haas, en hulle was baie verbaas, en bevange met groot vrees, en het gesê:

24 Kyk, ons het die akamp van die Amlikiete gevolg, en tot ons groot verbasing, het ons in die land Minon, bokant die land Zarahemla, op pad na die bland Nefi, ’n talryke leërskare van die Lamaniete gesien; en kyk, die Amlikiete het by hulle aangesluit;

25 En hulle val ons broers aan in daardie land; en hulle vlug voor hulle uit met hulle kuddes, en hulle vroue, en hulle kinders, na ons stad toe; en tensy ons gou maak, sal hulle besit neem van ons stad, en ons vaders, en ons vroue, en ons kinders sal gedood word.

26 En dit het gebeur dat die volk van Nefi hulle tente geneem het, en vertrek het uit die vallei van Gídeon na hulle stad toe, wat die stad aZarahemla was.

27 En kyk, terwyl hulle die Sidon-rivier oorsteek, het die Lamaniete en die Amlikiete, wat byna so atalryk was, as’t ware soos die sand van die see, hulle aangeval om hulle te vernietig.

28 Nogtans, die Nefiete was aversterk deur die hand van die Here, en hulle het kragtig gebid tot Hom dat Hy hulle sou verlos uit die hande van hulle vyande, daarom het die Here hulle geroep gehoor, en hulle versterk, en die Lamaniete en die Amlikiete het geval voor hulle.

29 En dit het gebeur dat Alma met Amliki geveg het met die swaard, van aangesig tot aangesig; en hulle het geweldig geveg, die een met die ander.

30 En dit het gebeur dat Alma, omdat hy ’n man van God was, en omdat hy deur veel ageloof gedryf is, uitgeroep, en gesê het: O Here, wees barmhartig en spaar my lewe, sodat ek ’n werktuig mag wees in u hande om hierdie volk te red en te bewaar.

31 Nou toe Alma hierdie woorde gesê het, het hy weer teen Amliki geveg; en hy is versterk, in so ’n mate dat hy Amliki gedood het met die swaard.

32 En hy het ook geveg met die koning van die Lamaniete; maar die koning van die Lamaniete het teruggevlug voor Alma uit en het sy wagte gestuur om teen Alma te veg.

33 Maar Alma, met sy wagte, het teen die wagte van die koning van die Lamaniete geveg totdat hy hulle verslaan en teruggedryf het.

34 En so het hy die grond opgeruim, of eerder die wal, wat aan die westekant van die Sidon-rivier was, en die liggame van die Lamaniete wat gedood is, in die waters van Sidon gewerp, sodat sy volk daardeur plek mag hê om oor te steek en te veg met die Lamaniete en die Amlikiete aan die westekant van die Sidon-rivier.

35 En dit het gebeur dat toe hulle almal die Sidon-rivier oorgesteek het, het die Lamaniete en die Amlikiete voor hulle begin vlug, nieteenstaande hulle so talryk was dat hulle nie getel kon word nie.

36 En hulle het gevlug voor die Nefiete na die wildernis wat wes en noord was, weg, oorkant die grense van die land; en die Nefiete het hulle agtervolg met hulle mag, en hulle gedood.

37 Ja, hulle is teengegaan aan elke kant, en gedood en verdrywe, totdat hulle verstrooi was aan die westekant, en aan die noordekant, totdat hulle die wildernis bereik het, wat Hermounts genoem was; en dit was daardie deel van die wildernis wat vervuil was van wilde en vraatsugtige diere.

38 En dit het gebeur dat baie dood is in die wildernis aan hulle wonde, en is opgevreet deur daardie diere, en ook die aasvoëls van die lug; en hulle beendere is gevind, en is opgehoop op die aarde.