Skrifture
Alma 30


Hoofstuk 30

Korihor, die Antichris, bespot Christus, die Versoening, en die gees van profesie—Hy leer dat daar geen God is nie, geen val van die mens, geen straf vir sonde nie, en geen Christus nie—Alma getuig dat Christus sal kom en dat alle dinge daarop dui dat daar ’n God is—Korihor eis ’n teken en word stomgeslaan—Die duiwel het aan Korihor verskyn as ’n engel en hom geleer wat om te sê—Korihor word vertrap en sterf. Ongeveer 76–74 v.C.

1 Kyk, nou het dit gebeur dat nadat die avolk van Ammon gevestig was in die land Jerson, ja, en ook nadat die Lamaniete bverdryf is uit die land, en hulle dooies begrawe is deur die volk van die land—

2 Nou, hulle dooies is nie getel nie vanweë die grootheid van hulle getalle; nóg is die dooies van die Nefiete getel—maar dit het gebeur nadat hulle hul dooies begrawe het, en ook na die dae van vas, en rouklag, en gebed, (en dit was in die sestiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi) het daar voortdurende vrede begin heers dwarsdeur die hele land.

3 Ja, en die volk het gepoog om die gebooie van die Here te onderhou; en hulle was noulettend in die nakoming van die aordinansies van God, volgens die wet van Moses; want hulle is geleer om die wet van Moses te bonderhou totdat dit vervul sou word.

4 En dus het die volk geen steurnis gehad in die hele sestiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi nie.

5 En dit het gebeur dat met die aanvang van die sewentiende jaar van die heerskappy van die regters, was daar voortdurende vrede.

6 Maar dit het gebeur teen die einde van die sewentiende jaar, het daar ’n man in die land Zarahemla gekom, en hy was ’n aAntichris, want hy het begin om te preek vir die volk teen die profesieë wat gespreek is deur die profete, aangaande die koms van Christus.

7 Nou was daar geen wet teen ’n mens se ageloof nie, want dit was streng teen die gebooie van God dat daar ’n wet sou wees wat mense op ongelyke grond sou bring.

8 Want so sê die skrif: aKies julle vandag, wie julle sal dien.

9 Nou as ’n man begeer het om God te dien, was dit sy voorreg; of eerder, as hy geglo het in God, was dit sy voorreg om Hom te dien; maar as hy nie in Hom geglo het nie, was daar geen wet om hom te straf nie.

10 Maar as hy moord gepleeg het, is hy met die adood gestraf; en as hy geroof het, is hy ook gestraf; en as hy gesteel het, is hy ook gestraf; en as hy egbreuk gepleeg het, is hy ook gestraf; Ja, vir al hierdie boosheid is hulle gestraf.

11 Want daar was ’n wet dat mense geoordeel moes word volgens hulle misdade. Nogtans, daar was geen wet teen ’n man se geloof nie; daarom, ’n man is gestraf slegs vir die misdade wat hy gepleeg het; daarom was alle mense op agelyke grond.

12 En hierdie Antichris, wie se naam Korihor was, (en die wet kon geen houvas op hom hê nie) het vir die mense begin preek dat daar geen Christus sou wees nie. En op hierdie wyse het hy gepreek, en gesê:

13 O julle wat gebonde is deur ’n dwase en ’n ydele hoop, waarom lê julle jul ’n juk op met sulke dwase dinge? Hoekom soek julle na ’n Christus? Want geen mens kan van enigiets weet wat moet kom nie.

14 Kyk, hierdie dinge wat julle profesieë noem, wat julle sê oorgedra is deur heilige profete, kyk, hulle is dwase oorleweringe van julle vaders.

15 Hoe weet julle van hulle sekerheid? Kyk, julle kan nie weet van dinge wat julle nie asien nie; daarom, julle kan nie weet dat daar ’n Christus sal wees nie.

16 Julle kyk vooruit en sê dat julle vergifnis van julle sondes sien. Maar kyk, dit is die uitwerking van ’n verdwaasde gemoed; en hierdie waansin van julle gemoed kom vanweë die oorleweringe van julle vaders, wat julle weglei na ’n geloof in dinge wat nie so is nie.

17 En baie meer dinge het hy aan hulle gesê, en hy het hulle vertel dat daar geen versoening gemaak kan word vir die sondes van mense nie, maar dat dit met elkeen in hierdie lewe gaan volgens die beheersing van die skepsel; daarom het elke mens gevorder volgens sy aanleg, en dat elke mens oorwin volgens sy krag; en wat ’n mens ook al gedoen het, geen misdaad was nie.

18 En so het hy vir hulle gepreek, en die harte van baie weggelei, en hulle hul hoofde in hul boosheid laat oplig, ja, baie vroue weggelei, en ook mans, om hoerery te pleeg—deur vir hulle te vertel dat as ’n mens dood is, was dit die einde daarvan.

19 Nou hierdie man het ook oorgegaan na die land Jerson, om hierdie dinge te preek onder die volk van Ammon, wat eens die volk van die Lamaniete was.

20 Maar kyk, hulle was verstandiger as baie van die Nefiete; want hulle het hom geneem, en hom gebind, en hom voor Ammon gedra, wat ’n hoëpriester oor daardie volk was.

21 En dit het gebeur dat hy hom uit die land laat sit het. En hy het oorgekom in die land Gídeon, en het begin om ook daar vir hulle te preek; en hier het hy nie baie welslae gehad nie, want hy is geneem en gebind en voor die hoëpriester en ook die hoofregter oor die land gedra.

22 En dit het gebeur dat die hoëpriester aan hom gesê het: Hoekom gaan jy rond en verdraai die weë van die Here? Hoekom leer jy hierdie volk dat daar geen Christus sal wees, om hulle gejuig te onderbreek nie? Hoekom spreek jy teen al die profesieë van die heilige profete?

23 Nou, die hoëpriester se naam was Giddona. En Korihor het aan hom gesê: Omdat ek nie die dwase oorleweringe van julle vaders leer nie, en omdat ek nie hierdie volk leer om hulle vas te bind onder die dwase ordinansies en handelinge wat neergelê word deur priesters van ouds nie, om mag en gesag oor hulle toe te eien, om hulle in onkunde te hou, sodat hulle nie hul hoofde mag oplig nie, maar neergebring word volgens jou woorde.

24 Julle sê dat hierdie volk ’n vrye volk is. Kyk, ek sê dat hulle in slawerny is. Julle sê dat daardie antieke profesieë waar is. Kyk, ek sê dat julle nie weet dat hulle waar is nie.

25 Julle sê dat hierdie volk ’n skuldige en ’n gevalle volk is, vanweë die oortreding van ’n voorouer. Kyk, ek sê dat ’n kind nie skuldig is vanweë sy voorouers nie.

26 En julle sê ook dat Christus sal kom. Maar kyk, ek sê dat julle nie weet dat daar ’n Christus sal wees nie. En julle sê ook dat Hy gedood sal word vir die asondes van die wêreld—

27 En so lei julle hierdie volk weg agter die dwase oorleweringe van julle vaders aan, en volgens julle eie begeertes; en julle hou hulle onder, en wel asof in slawerny, sodat julle julself kan vergulsig uit die arbeid van hulle hande, sodat hulle nie durf opkyk met moed, en dat hulle nie hul regte en voorregte durf geniet nie.

28 Ja, hulle durf nie gebruik maak van dit wat hulle eie is nie, uit vrees dat hulle hul priesters te na sou kom, wat hulle vasjuk volgens hulle begeertes, en hulle gebring het om te glo deur hulle oorleweringe en hulle drome en hulle giere, en hulle visioene, en hulle beweerde verborgenhede, dat hulle, as hulle nie gedoen het volgens hulle woorde nie, een of ander onbekende wese te na sou kom, wat hulle sê God is—’n wese wat nooit gesien of geken is nie, wat nooit was nóg ooit sal wees.

29 Nou toe die hoëpriester en die hoofregter die hardheid van sy hart sien, ja, toe hulle sien dat hy selfs teen God sou uitvaar, wou hulle nie antwoord gee op sy woorde nie; maar hulle het hom laat vasbind; en hulle het hom oorgegee in die hande van die amptenare, en hom gestuur na die land Zarahemla, sodat hy voor Alma gebring mag word, en die hoofregter wat goewerneur was oor die hele land.

30 En dit het gebeur dat toe hy voor Alma en die hoofregter gebring is, het hy op dieselfde wyse aangegaan soos hy gedoen het in die land Gídeon; ja, hy het voortgegaan om te alaster.

31 En hy het opgestaan met groot aopgeblase woorde voor Alma, en het uitgevaar teen die priesters en leraars, en hulle beskuldig dat hulle die volk weglei agter die dwase oorleweringe van hulle vaders aan, vir die doel om hulle te versadig uit die arbeid van die volk.

32 Nou het Alma aan hom gesê: Jy weet dat ons ons nie versadig uit die arbeid van hierdie volk nie; want kyk, ek het gearbei en wel van die begin van die heerskappy van die regters tot nou toe, met my eie hande vir my onderhoud, nieteenstaande my baie reise oral in die land om die woord van God aan my volk te verkondig.

33 En nieteenstaande die baie take wat ek uitgevoer het in die kerk, het ek nooit soveel ontvang as een asenien vir my arbeid nie; nóg het enige van my broers, behalwe as dit was op die regterstoel; en dan het ons slegs ontvang volgens wet vir ons tyd.

34 En nou, as ons niks ontvang vir ons arbeid in die kerk nie, wat baat dit ons om in die kerk te arbei behalwe as dit was om die waarheid te verkondig, sodat ons ons mag verheug in die avreugde van ons broers?

35 Dan, hoekom sê jy dat ons vir hierdie volk preek om gewin te verkry, as jy self weet dat ons geen gewin verkry nie? En nou, glo jy dat ons hierdie volk bedrieg, wat soveel vreugde veroorsaak in hulle harte?

36 En Korihor het hom geantwoord, Ja.

37 En toe het Alma aan hom gesê: Glo jy dat daar ’n God is?

38 En hy het geantwoord, Nee.

39 Nou het Alma aan hom gesê: Sal jy weer ontken dat daar ’n God is, en ook die Christus loën? Want kyk, ek sê vir jou, ek weet daar is ’n God, en ook dat Christus sal kom.

40 En nou watter bewys het jy dat daar geen aGod is nie, of dat Christus nie kom nie? Ek sê vir jou dat jy niks het nie, behalwe net jou woord.

41 Maar kyk, ek het alle dinge as ’n getuienis dat hierdie dinge waar is; en jy het ook alle dinge as ’n agetuienis vir jou dat hulle waar is; en sal jy hulle loën? Glo jy dat hierdie dinge waar is?

42 Kyk, ek weet dat jy glo, maar jy is van ’n leuengees besete, en jy het die Gees van God geloën dat dit geen plek in jou mag hê nie; maar die duiwel het mag oor jou, en hy voer jou rond, terwyl hy planne bewerk sodat hy die kinders van God mag vernietig.

43 En nou het Korihor aan Alma gesê: As jy my ’n ateken sal toon, sodat ek oortuig mag wees dat daar ’n God is, ja, toon aan my dat Hy krag het, en dan sal ek oortuig wees van die waarheid van jou woorde.

44 Maar Alma het aan hom gesê: Jy het genoeg tekens gehad; sal jy jou God versoek? Sal jy sê, Toon aan my ’n teken, terwyl jy die getuienis het van aal hierdie jou broers, en ook al die heilige profete? Die skrifture is voor jou gelê, ja, en balle dinge dui daarop dat daar ’n God is; ja, naamlik die caarde, en alle dinge wat op die aangesig daarvan is, ja, en sy dbeweging, ja, en ook al die eplanete wat beweeg in hulle reëlmatige gang, getuig dat daar ’n Opperste Skepper is.

45 En tog gaan jy rond, en lei die harte van hierdie volk weg, en getuig aan hulle dat daar geen God is nie? En tog wil jy dit loën teen al hierdie getuienisse? En hy het gesê: Ja, ek sal dit loën, tensy jy my ’n teken sal toon.

46 En nou het dit gebeur dat Alma aan hom gesê het: Kyk, ek is bedroef vanweë die hardheid van jou hart, ja, dat jy steeds die gees van die waarheid sal weerstaan, sodat jou siel vernietig mag word.

47 Maar kyk, dit is abeter dat jou siel verlore sou gaan as dat jy die middel sou wees om baie siele af te bring tot vernietiging, deur jou leuens en deur jou vleiende woorde; daarom, as jy dit weer sal loën, kyk, God sal jou slaan sodat jy stom sal word, sodat jy nooit meer jou mond sal oopmaak nie, sodat jy nie hierdie volk weer sal bedrieg nie.

48 Nou het Korihor aan hom gesê: Ek loën nie die bestaan van ’n God nie, maar ek glo nie dat daar ’n God is nie; en ek sê ook, dat jy nie weet dat daar ’n God is nie; en tensy jy my ’n teken toon, sal ek nie glo nie.

49 Nou het Alma aan hom gesê: Dit sal ek vir jou gee as teken, dat jy astomgeslaan sal word, volgens my woorde; en ek sê, in die Naam van God, dat jy stomgeslaan sal word, sodat jy nie meer sal kan praat nie.

50 Nou toe Alma hierdie woorde gesê het, is Korihor stomgeslaan, sodat hy nie meer kon praat nie, volgens die woorde van Alma.

51 En nou toe die hoofregter dit sien, het hy sy hand uitgesteek en vir Korihor geskryf, en gesê: Is jy nou oortuig van die krag van God? In wie wou jy hê dat Alma sy teken moes toon? Wou jy hê dat hy ander moes kwel om vir jou ’n teken te toon? Kyk, hy het aan jou ’n teken getoon; en nou wil jy nog stry?

52 En Korihor het sy hand uitgesteek en geskryf, en gesê: Ek aweet dat ek stom is, want ek kan nie praat nie; en ek weet dat niks behalwe die krag van God dit oor my kon bring nie, ja, en ek het altyd geweet dat daar ’n God is.

53 Maar kyk, die duiwel het my abedrieg; want hy het aan my bverskyn in die gedaante van ’n engel, en aan my gesê: Gaan, en hervorm hierdie volk, want hulle het almal weggedwaal agter ’n onbekende God aan. En hy het aan my gesê: Daar is cgeen God nie; ja, en hy het my geleer dít wat ek moes sê. En ek het sy woorde geleer; en ek het hulle geleer omdat hulle aangenaam was vir die dvleeslike gemoed; ek het hulle geleer, en wel totdat ek veel welslae gehad het, in soverre dat ek waarlik geglo het dat hulle waar is; en om hierdie rede het ek die waarheid weerstaan, en wel totdat ek hierdie groot vloek oor my gebring het.

54 Nou toe hy dit gesê het, het hy gesmeek dat Alma tot God sou bid sodat die vloek van hom weggeneem mag word.

55 Maar Alma het aan hom gesê: As hierdie vloek van jou weggeneem sou word, sal jy weer die harte van hierdie volk weglei; daarom dit sal vir jou wees net soos die Here wil.

56 En dit het gebeur dat die vloek nie van Korihor af weggeneem is nie; maar hy is uitgewerp en het van huis tot huis gegaan vir sy voedsel.

57 Nou die kennis van wat met Korihor gebeur het, is onmiddellik dwarsdeur die hele land bekend gemaak; ja, die aankondiging is uitgestuur deur die hoofregter aan al die mense in die land, en verklaar aan diegene wat geglo het in die woorde van Korihor, dat hulle spoedig moes bekeer, sodat dieselfde oordele nie oor hulle sou kom nie.

58 En dit het gebeur dat hulle almal oortuig was van die boosheid van Korihor; daarom is hulle almal weer bekeer tot die Here; en dit het ’n einde gemaak aan die ongeregtigheid volgens die wyse van Korihor. En Korihor het gegaan van huis tot huis om voedsel te bedel vir sy onderhoud.

59 En dit het gebeur dat terwyl hy onder die volk rondgegaan het, ja, onder ’n volk wat hulle afgeskei het van die Nefiete en hulself Zoramiete genoem het, wat gelei is deur ’n man wie se naam Zoram was—en terwyl hy onder hulle rondgegaan het, kyk, is hy omgeloop en vertrap, en wel totdat hy dood was.

60 En so sien ons die einde van hóm wat die weë van die Here verdraai; en so sien ons dat die aduiwel nie sy kinders sal bsteun op die laaste dag nie, maar hulle spoedig aftrek na die chel.