Skrifture
Alma 39


Die bevele van Alma aan sy seun Corianton.

Dit behels hoofstukke 39 tot 42.

Hoofstuk 39

Seksuele sonde is ’n gruwel—Corianton se sondes het die Zoramiete weerhou om die woord te ontvang—Christus se verlossing is terugwerkend om die gelowiges te red wat dit voorafgegaan het. Ongeveer 74 v.C.

1 En nou, my seun, ek het ietwat meer om te sê vir jou as wat ek aan jou broer gesê het; want kyk, het jy nie die standvastigheid van jou broer waargeneem nie, sy getrouheid, en ywer om die gebooie van God te onderhou nie? Kyk, het hy nie ’n goeie voorbeeld aan jou gestel nie?

2 Want jy het nie soveel aandag gegee aan my woorde as jou broer, onder die volk van die aZoramiete nie. Nou, dit is wat ek teen jou het; jy het aangehou om te roem in jou krag en jou wysheid.

3 En dit is nie al nie, my seun. Jy het dit gedoen wat my bedroef het; want jy het die bediening verlaat, en het oorgegaan na die land Siron, by die grense van die Lamaniete, agter die ahoer Isabel aan.

4 Ja, sy het die harte van baie aweggesteel; maar dit was geen verskoning vir jou nie, my seun. Jy moes jou toegewy het aan die bediening waarmee jy toevertrou was.

5 Weet jy nie, my seun, dat ahierdie dinge ’n gruwel in die oë van die Here is nie; ja, meer gruwelik bo alle sondes behalwe om onskuldige bloed te stort of die Heilige Gees te verloën?

6 Want kyk, as jy die Heilige Gees averloën as dit eenmaal plek in jou gehad het, en jy weet dat jy dit verloën, kyk, dit is ’n sonde wat bonvergeeflik is; ja, en wie ook al moord pleeg teen die lig en kennis van God, dit is nie maklik vir hom om cvergifnis te verkry nie; ja, ek sê vir jou, my seun, dat dit nie maklik vir hom is om ’n vergifnis te verkry nie.

7 En nou, my seun, ek wou tot God dat jy nie askuldig was aan so ’n groot oortreding nie! Ek sou nie aanhou praat oor jou oortredings nie, om jou siel te verskeur, as dit nie vir jou beswil was nie.

8 Maar kyk, jy kan nie jou oortredings van God wegsteek nie, en tensy jy bekeer, sal hulle as ’n getuienis teen jou staan op die laaste dag.

9 Nou my seun, ek wil hê dat jy moet bekeer en jou sondes versaak, en nie meer agter die abegeerte van jou oë najaag nie, maar bweerhou jou van al hierdie dinge; want tensy jy dit doen, kan jy geensins die koninkryk van God beërwe nie. O, onthou, en neem dit op jou, en weerhou jou van hierdie dinge.

10 En ek beveel jou om dit op jou te neem om met jou ouer broers te raadpleeg in jou ondernemings; want kyk, jy is in jou jeug, en jy het behoefte daaraan om versorg te word deur jou broers. En slaan ag op hulle raad.

11 Laat jouself nie toe om weggelei te word deur enige ydele of dwase ding nie, laat die duiwel nie weer jou hart weglei agter daardie goddelose hoere aan nie. Kyk, o my seun, watter groot ongeregtigheid jy gebring het oor die aZoramiete; want toe hulle jou bgedrag sien, wou hulle nie in my woorde glo nie.

12 En nou sê die Gees van die Here aan my: aBeveel jou kinders om goed te doen, sodat hulle nie die harte van baie mense weglei tot vernietiging nie; daarom, ek beveel jou, my seun, in die vrees van God, dat jy jou weerhou van jou ongeregtighede;

13 Dat jy na die Here keer met jou hele verstand, mag en sterkte; dat jy die harte van niemand meer weglei om kwaad te doen nie; maar eerder, keer terug na hulle, en aerken jou foute en daardie onreg wat jy gedoen het.

14 aSoek nie na rykdom of die ydele dinge van hierdie wêreld nie; want kyk, jy kan hulle nie saam met jou neem nie.

15 En nou, my seun, wil ek ietwat aan jou sê aangaande die koms van Christus: Kyk, ek sê vir jou, dat dit Hy is wat waarlik sal kom om die sondes van die wêreld weg te neem; ja, Hy kom om die blye tyding van heil aan sy volk te verkondig.

16 En nou, my seun, dit was die bediening waartoe jy geroep is, om hierdie blye tyding te verkondig aan hierdie volk, om hulle gemoed voor te berei; of eerder, dat heil vir hulle mag kom, dat hulle die gedagtes van hulle akinders kan voorberei om die woord te hoor ten tye van sy koms.

17 En nou wil ek jou gedagtes ietwat gerusstel oor hierdie saak. Kyk, jy wonder hoekom hierdie dinge so lank voor die tyd bekend sal wees. Kyk, ek sê vir jou, is ’n siel in hierdie tyd nie net so kosbaar vir God as wat ’n siel sal wees ten tye van sy koms nie?

18 Is dit nie net so nodig dat die plan van verlossing bekend gemaak moet word aan hierdie volk sowel as aan hulle kinders nie?

19 Is dit nie net so maklik op hierdie tyd vir die Here om sy engel te stuur om hierdie blye tydings te verkondig aan ons soos aan ons kinders, of soos na die tyd van sy koms nie?