Skrifture
Alma 3


Hoofstuk 3

Die Amlikiete het hulself gemerk volgens die profetiese woord—Die Lamaniete is vervloek weens hulle rebelsheid—Mense bring hulle eie vervloekinge op hulleself—Die Nefiete oorwin nog ’n Lamanitiese leër. Ongeveer 87–86 v.C.

1 En dit het gebeur dat die Nefiete wat nie agedood is deur die wapens van oorlog nie, nadat hulle diegene begrawe het wat gedood is—nou is die getal van die gesneuweldes nie getel nie, vanweë die grootheid van hulle getal—nadat hulle klaar hul dooies begrawe het, het hulle almal teruggekeer na hul landerye, en na hul huise, en hul vroue, en hul kinders.

2 Nou, baie vroue en kinders is gedood deur die swaard, en ook baie van hul kleinvee en grootvee; en ook baie van hul velde van graan is vernietig, want hulle is vertrap deur die leërskare van manskappe.

3 En nou is soveel van die Lamaniete en Amlikiete wat gedood is op die wal van die Sidon-rivier, in die awaters van Sidon gewerp; en kyk, hulle beendere is in die bdieptes van die see, en hulle is baie.

4 En die aAmlikiete is onderskei van die Nefiete, want hulle het hulself bgemerk met rooi op hulle voorhoofde, volgens die wyse van die Lamaniete; nietemin het hulle nie hul hoofde geskeer soos die Lamaniete nie.

5 Nou, die hoofde van die Lamaniete was geskeer; en hulle was anaak, behalwe vir vel wat om hulle lendene gegord was, en ook hulle wapenrusting, wat om hulle gebind was, en hulle boë, en hulle pyle, en hulle klippe, en hulle slingers, ensovoorts.

6 En die velle van die Lamaniete was donker, volgens die merk wat geplaas is op hulle vaders, wat ’n avloek was op hulle vanweë hul oortreding en hul rebellie teen hul broers, wat bestaan het uit Nefi, Jakob, en Josef, en Sam, wat regverdige en heilige manne was.

7 En hul broers het gesoek om hulle te vernietig, daarom is hulle vervloek; en die Here God het ’n amerk op hulle geplaas, ja, op Laman en Lemuel, en ook die seuns van Ismael, en Ismaelitiese vroue.

8 En dit is gedoen dat hulle saad onderskei mag word van die saad van hulle broers, dat die Here God daardeur sy volk mag bewaar, dat hulle nie avermeng en in onjuiste boorleweringe glo nie, wat hul vernietiging sou beteken.

9 En dit het gebeur dat wie ook al sy saad vermeng het met dié van die Lamaniete, het dieselfde vloek op sy saad gebring.

10 Daarom, wie ook al hom laat weglei het deur die Lamaniete, is by daardie hoof genoem, en daar is ’n merk op hom geplaas.

11 En dit het gebeur dat wie ook al nie in die oorleweringe van die Lamaniete wou glo nie, maar daardie kronieke geglo het wat gebring is uit die land Jerusalem, en ook die aoorlewering van hul vaders, wat juis was, wat geglo het in die gebooie van God en hulle onderhou het, is genoem die Nefiete, of die volk van Nefi, van daardie tyd af aan—

12 En dit is hulle wat die kronieke wat awaar is van hulle volk bygehou het, en ook van die volk van die Lamaniete.

13 Nou sal ons weer terugkeer na die Amlikiete, want daar is ook ’n amerk geplaas op hulle; ja, hulle het die merk op hulleself geplaas, ja, en wel ’n rooi merk op hul voorhoofde.

14 So is die woord van God vervul, want hierdie is die woorde wat Hy gesê het aan Nefi: Kyk, die Lamaniete het Ek vervloek, en Ek sal ’n merk op hulle plaas sodat hulle en hulle saad geskei mag word van jou en jou saad, van nou af en vir ewig, tensy hulle bekeer van hul boosheid en tot My akeer sodat Ek barmhartigheid kan hê jeens hulle.

15 En verder: Ek sal ’n merk op hom plaas wat sy saad vermeng met jou broers, sodat hulle ook vervloek mag wees.

16 En verder: Ek sal ’n merk plaas op hom wat veg teen jou en teen jou saad.

17 En verder, Ek sê dat hy wat van jou af weggaan, sal nie meer jou saad genoem word nie; en Ek sal jou seën, en wie ook al jou saad genoem sal word, van nou af en vir ewig; en dit was die beloftes van die Here teenoor Nefi en aan sy saad.

18 Nou, die Amlikiete het nie geweet dat hulle die woorde van God vervul het toe hulle hulself op hul voorhoofde begin merk het nie; nogtans het hulle openlik agerebelleer teen God, daarom was dit noodsaaklik dat die vloek op hulle sou val.

19 Nou wil ek hê dat julle moet sien dat hulle die avloek oor hulself gebring het; en net so bring elke man wat vervloek is sy eie veroordeling oor homself.

20 Nou, dit het gebeur dat nie baie dae na die slag wat in die land Zarahemla geveg is deur die Lamaniete en die Amlikiete nie, het daar nog ’n leër van die Lamaniete ingekom op die volk van Nefi op adieselfde plek waar die eerste leër die Amlikiete ontmoet het.

21 En dit het gebeur dat daar ’n leër gestuur is om hulle te verdrywe uit hul land.

22 Nou het Alma self, omdat hy ’n awond opgedoen het, nie hierdie keer in die stryd opgegaan om teen die Lamaniete te veg nie;

23 Maar hy het ’n talryke leër teen hulle opgestuur; en hulle het opgegaan en baie van die Lamaniete gedood, en die oorblywendes van hulle verjaag uit die grense van hulle land.

24 En toe het hulle weer teruggekeer en begin om vrede te vestig in die land, en hulle was vir ’n tydlank nie meer gepla deur hulle vyande nie.

25 Nou, al hierdie dinge is gedoen, ja, al hierdie oorloë en twiste is begin en beëindig in die vyfde jaar van die heerskappy van die regters.

26 En in een jaar is duisende en tienduisende siele gestuur na die ewige wêreld, sodat hulle hul aloon mag maai volgens hul werke, of hulle goed of hulle sleg was, om ewige geluk te maai of ewige ellende, volgens die gees wat hulle gekies het om te gehoorsaam, of dit ’n goeie gees was of ’n bose een.

27 Want elke mens ontvang alone van hom wat hy kies om te bgehoorsaam, en dit volgens die woorde van die gees van profesie; daarom, laat dit wees volgens die waarheid. En so eindig die vyfde jaar van die heerskappy van die regters.