Skrifture
Alma 53


Hoofstuk 53

Die Lamanitiese gevangenes word gebruik om die stad Oorvloed te versterk—Twiste onder die Nefiete lei tot Lamanitiese oorwinnings—Helaman neem bevel van die tweeduisend jong seuns van die volk van Ammon. Ongeveer 64–63 v.C.

1 En dit het gebeur dat hulle wagte aangestel het oor die gevangenes van die Lamaniete en het hulle gedwing om uit te gaan en hulle dooies te begrawe, ja, en ook die dooies van die Nefiete wat gedood is; en Moroni het manne aangestel oor hulle om hulle te bewaak terwyl hulle hul take moes uitvoer.

2 En Moroni het saam met Lehi gegaan na die stad Mulek, en het bevel oor die stad geneem en dit aan Lehi oorgedra. Nou kyk, hierdie Lehi was ’n man wat saam met Moroni was in die grootste gedeelte van al sy veldslae; en hy was ’n man asoos Moroni, en hulle het hul verbly in mekaar se veiligheid; ja, hulle het mekaar liefgehad, en is ook deur die hele volk van Nefi liefgehad.

3 En dit het gebeur dat nadat die Lamaniete klaar hulle dooies begrawe het en ook die dooies van die Nefiete, is hulle teruggemarsjeer na die land Oorvloed; en Teankum, op bevel van Moroni, het hulle laat begin werk om ’n sloot te grawe rondom die land, of die stad, Oorvloed.

4 En hy het hulle ook ’n aborswering van hout laat bou op die binneste wal van die sloot; en hulle het grond uit die sloot opgewerp teen die borswering van hout; en so het hulle die Lamaniete laat werk totdat hulle die stad Oorvloed omring het met ’n sterk muur van hout en grond, tot ’n buitengewone hoogte.

5 En hierdie stad het ’n buitengewone vesting geword vir altyd daarna; en in hierdie stad het hulle die gevangenes van die Lamaniete bewaak; ja, en wel binne ’n muur wat hulle laat bou het met hul eie hande. Nou, Moroni was verplig om die Lamaniete te laat werk, omdat dit maklik was om hulle te bewaak terwyl hulle werk; en hy het al sy magte benodig wanneer hy ’n aanval op die Lamaniete moes loods.

6 En dit het gebeur dat Moroni sodoende ’n oorwinning behaal het oor een van die grootste van die leërs van die Lamaniete, en het besit gekry van die stad Mulek, wat een van die sterkste vestings van die Lamaniete in die land Nefi was; en so het hy ook ’n vesting gebou om sy gevangenes te behou.

7 En dit het gebeur dat hy nie meer probeer het om teen die Lamaniete te veg in daardie jaar nie, maar hy het sy manne gebruik om voor te berei vir oorlog, ja, en met die maak van versterkings om te waak teen die Lamaniete, ja, en ook om hulle vroue en hulle kinders te verlos van hongersnood en verdrukking, en voedsel te voorsien vir hulle leërs.

8 En nou het dit gebeur dat die leërs van die Lamaniete, by die westelike see, suid, tydens die afwesigheid van Moroni as gevolg van ’n sameswering onder die Nefiete, wat onenigheid veroorsaak het onder hulle, ’n bietjie grond gewen het van die Nefiete, ja, in soverre dat hulle besit verkry het van ’n aantal van hulle stede in daardie deel van die land.

9 En dus, as gevolg van ongeregtigheid onder hulleself, ja, as gevolg van twiste en sameswerings onder hulleself, is hulle in die allergevaarlikste omstandighede geplaas.

10 En nou, kyk, ek het ietwat om te sê aangaande die avolk van Ammon, wat, aan die begin, Lamaniete was; maar deur Ammon en sy broers, of eerder, deur die krag en woord van God, hulle bbekeer is tot die Here; en hulle was afgebring na die land Zarahemla en was sedertdien beskerm deur die Nefiete.

11 En vanweë hulle eed is hulle daarvan weerhou om wapens op te neem teen hulle broers; want hulle het ’n eed geneem dat hulle anooit meer bloed sou vergiet nie; en volgens hulle eed sou hulle omgekom het; ja, hulle sou hulself toegelaat het om in die hande van hulle broers te val, as dit nie was vir die jammerhartigheid en die uitermate liefde wat Ammon en sy broers vir hulle gehad het nie.

12 En om hierdie rede is hulle afgebring na die land Zarahemla; en hulle was altyd abeskerm deur die Nefiete.

13 Maar dit het gebeur dat toe hulle die gevaar sien, en die baie verdrukkinge en beproewings wat die Nefiete ter wille van hulle verdra het, het hulle innig jammer vir hulle gevoel, en was abegerig om wapens op te neem ter verdediging van hulle land.

14 Maar kyk, toe hulle op die punt staan om hul wapens van oorlog op te neem, is hulle oorweldig deur die oorredings van Helaman en sy broers, want hulle het op die punt gestaan om die aeed te bverbreek wat hulle geneem het.

15 En Helaman het gevrees dat deur dít te doen sou hulle hul siele verloor; daarom is almal wat hierdie verbond gesluit het, gedwing om te aanskou hoe hulle broers deur hul verdrukkinge worstel, in hulle gevaarlike omstandighede in hierdie tyd.

16 Maar kyk, dit het gebeur dat hulle baie seuns gehad het wat nie ’n verbond gesluit het dat hulle nie hul wapens van oorlog sou opneem om hulself te verdedig teen hulle vyande nie; daarom het hulle hulself bymekaargebring in hierdie tyd, soveel as wat in staat was om wapens op te neem, en hulle het hulself Nefiete genoem.

17 En hulle het ’n verbond gesluit om te veg vir die vryheid van die Nefiete, ja, om die land te beskerm tot die neerlegging van hulle lewens; ja, hulle het selfs ’n verbond gesluit dat hulle nooit hul avryheid sou prysgee nie, maar dat hulle sou veg in alle omstandighede om die Nefiete en hulleself te beskerm teen slawerny.

18 Nou kyk, daar was tweeduisend van daardie jong manne wat hierdie verbond gesluit en hul wapens van oorlog opgeneem het om hul land te verdedig.

19 En nou kyk, waar hulle nooit voorheen ’n nadeel vir die Nefiete was nie, het hulle nou op die tydstip ook ’n groot steun geword; want hulle het hul wapens van oorlog opgeneem, en hulle wou hê dat Helaman hulle leier moes wees.

20 En hulle was almal jong manne, en hulle was uitermate dapper in amoed, en ook in krag en ywer; maar kyk, dit was nie al nie—hulle was manne wat bgetrou was te alle tye in watter ding ook al aan hulle toevertrou was.

21 Ja, hulle was manne van waarheid en erns, want hulle was geleer om die gebooie van God te onderhou en om opreg te awandel voor Hom.

22 En nou het dit gebeur dat Helaman aan die hoof van sy atweeduisend jong soldate gemarsjeer het, ter ondersteuning van die volk op die grense van die land in die suide by die westelike see.

23 En so het die agt en twintigste jaar geëindig van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi.