Skrifture
Alma 59


Hoofstuk 59

Moroni vra Pahoran om die leërs van Helaman te versterk—Die Lamaniete neem die stad Nefiha in—Moroni is kwaad vir die regering. Ongeveer 62 v.C.

1 Nou het dit gebeur in die dertigste jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi, nadat Moroni Helaman se abrief ontvang en dit gelees het, was hy uitermate verheug vanweë die welsyn, ja, die uitermate welslae wat Helaman gehad het, in die verkryging van daardie lande wat verlore was.

2 Ja, en hy het dit bekend gemaak aan al sy mense, in die hele land rondom daardie gedeelte waar hy was, sodat hulle ook mag jubel.

3 En dit het gebeur dat hy onmiddellik a’n brief gestuur het aan bPahoran, om hom te vra dat hy manne laat bymekaarmaak om vir Helaman te versterk, of die leërs van Helaman, in soverre dat hy met gemak daardie deel van die land mag behou waarin hy so wonderbaarlik suksesvol was om terug te wen.

4 En dit het gebeur toe Moroni hierdie brief na die land Zarahemla gestuur het, het hy weer ’n plan begin bedink sodat hy die orige gedeelte van daardie besittings en stede mag verkry wat die Lamaniete van hulle afgeneem het.

5 En dit het gebeur dat terwyl Moroni aldus besig was om voorbereidings te tref om teen die Lamaniete te gaan in die stryd, kyk, die volk van Nefiha, wat bymekaargekom het uit die stad Moroni en die stad Lehi, en die stad Morianton, is aangeval deur die Lamaniete.

6 Ja, selfs diegene wat verplig was om te vlug uit die land Manti, en uit die land rondomheen, het oorgekom en by die Lamaniete aangesluit in hierdie deel van die land.

7 En omdat hulle gevolglik baie talryk was, ja, en van dag tot dag versterkings ontvang het, op bevel van Ammoron, het hulle uitgekom teen die volk van Nefiha, en hulle het hulle begin slag met ’n uitermate groot slagting.

8 En hulle leërs was só talryk dat die res van die volk van Nefiha verplig was om voor hulle uit te vlug; en hulle het selfs gekom en aangesluit by die leër van Moroni.

9 En nou, omdat Moroni veronderstel het dat manne na die stad Nefiha gestuur moes word, tot die bystand van die volk, om daardie stad te behou, en omdat hy geweet het dat dit makliker was om te keer dat die stad nie in die hande van die Lamaniete val nie as om dit van hulle terug te neem, het hy veronderstel dat hulle maklik daardie stad kon behou.

10 Daarom het hy sy hele mag teruggehou om daardie plekke te behou wat hy herower het.

11 En nou, toe Moroni sien dat die stad Nefiha verlore was, was hy uitermate bedroef, en het begin om te twyfel, vanweë die boosheid van die volk, of hulle nie in die hande van hulle broers sou val nie.

12 Nou, dit was die geval met al sy hoofkapteins. Hulle het getwyfel en hulle ook verwonder vanweë die boosheid van die volk, en dit vanweë die welslae van die Lamaniete oor hulle.

13 En dit het gebeur dat Moroni kwaad was vir die regering, vanweë hul aonverskilligheid aangaande die vryheid van hulle land.