Skrifture
Ether 10


Hoofstuk 10

Een koning volg ’n ander op—Sommige van die konings is regverdig; ander is boos—Wanneer regverdigheid heers, word die volk geseën en voorspoedig gemaak deur die Here.

1 En dit het gebeur dat Sez, wat ’n afstammeling was van Het—want Het het omgekom deur die hongersnood, en sy hele huishouding, behalwe Sez—daarom het Sez weer begin om ’n gebroke volk op te bou.

2 En dit het gebeur dat Sez die vernietiging van sy vaders onthou het, en hy het ’n regverdige koninkryk opgebou; want hy het onthou wat die Here gedoen het toe Hy Jered en sy broer aoor die dieptes gebring het; en hy het in die weë van die Here gewandel; en hy het seuns en dogters verwek.

3 En sy oudste seun, wie se naam Sez was, het teen hom gerebelleer; nogtans, Sez is getref deur die hand van ’n rower, vanweë sy uitermate rykdomme, wat weer vrede gebring het vir sy vader.

4 En dit het gebeur dat sy vader baie stede opgebou het op die aangesig van die land, en die volk het weer begin om versprei te word oor die hele aangesig van die land. En Sez het gelewe tot ’n uitermate hoë ouderdom; en hy het Riplakis verwek. En hy het gesterwe, en Riplakis het geheers in sy plek.

5 En dit het gebeur dat Riplakis nie dit gedoen het wat reg was in die oë van die Here nie, want hy het baie vroue en abyvroue gehad, en hy het dít gelê op die skouers van die mense wat swaar was om te verdra; ja, hy het hulle belas met swaar belastings; en met die belastings het hy baie ruim geboue gebou.

6 En hy het vir hom ’n uitermate mooi troon opgerig; en hy het baie gevangenisse gebou, en wie ook al hul nie wou onderwerp aan belastings nie, het hy in die gevangenis gewerp; en wie ook al nie in staat was om belasting te betaal nie, het hy in die gevangenis gewerp; en hy het hulle voortdurend laat arbei vir hulle onderhoud; en wie ook al geweier het om te arbei, het hy laat doodmaak.

7 Daarom het hy al sy keurige werk verkry, ja, naamlik sy suiwer goud het hy laat raffineer in die gevangenis; en alle soorte fyn vakmanskap het hy laat bewerk in die gevangenis. En dit het gebeur dat hy die volk verdruk het met sy hoererye en gruwels.

8 En toe hy geheers het vir ’n tydperk van twee en veertig jaar, het die volk opgestaan in rebellie teen hom; en daar het weer oorlog in die land begin, insoverre dat Riplakis gedood is, en sy afstammelinge is verdryf uit die land.

9 En dit het gebeur dat na ’n tydperk van baie jare het Morianton, (hy wat ’n afstammeling van Riplakis was), ’n leër van uitgeworpenes bymekaar gemaak en uitgegaan om die volk die stryd aan te sê; en hy het mag verkry oor baie stede; en die oorlog het uitermate hewig geword en het geduur vir ’n tydperk van baie jare; en hy het mag verkry oor die hele land, en het homself gevestig as koning oor die hele land.

10 En nadat hy homself gevestig het as koning, het hy die volk se las verlig, waardeur hy guns verkry het in die oë van die volk, en hulle het hom gesalf om hulle koning te wees.

11 En hy het geregtigheid bewys aan die volk, maar nie aan homself nie vanweë sy baie hoererye; daarom is hy afgesny van die teenwoordigheid van die Here.

12 En dit het gebeur dat Morianton baie stede opgebou het, en die volk het uitermate ryk geword onder sy heerskappy, beide in geboue, en in goud en silwer, en om graan te kweek, en in kleinvee, en grootvee, en sodanige dinge wat herstel was aan hulle.

13 En Morianton het geleef tot ’n uitermate hoë ouderdom, en toe het hy Kim verwek; en Kim het in die plek van sy vader geheers; en hy het agt jaar geheers, en sy vader het gesterf. En dit het gebeur dat Kim nie in regverdigheid geheers het nie, daarom is hy nie begunstig deur die Here nie.

14 En sy broer het in rebellie teen hom opgestaan, waardeur hy hom in slawerny gebring het; en hy het in slawerny gebly al sy dae; en hy het seuns en dogters verwek in slawerny, en op sy oudag het hy Levi verwek; en hy het gesterwe.

15 En dit het gebeur dat Levi in gevangenskap gedien het na die dood van sy vader, vir ’n tydperk van twee en veertig jaar. En hy het oorlog gevoer teen die koning van die land, waardeur hy vir homself die koningskap verkry het.

16 En nadat hy vir homself die koningskap verkry het, het hy dit gedoen wat reg was in die oë van die Here, en die volk was voorspoedig in die land; en hy het geleef tot ’n goeie ouderdom en het seuns en dogters verwek; en hy het ook vir Corom verwek, vir wie hy as koning gesalf het in sy plek.

17 En dit het gebeur dat Corom dit gedoen het wat goed was in die oë van die Here al sy dae; en hy het baie seuns en dogters verwek; en nadat hy baie dae gesien het, het hy gesterwe, net soos die res van die aarde; en Kis het in sy plek geheers.

18 En dit het gebeur dat Kis ook gesterwe het, en Lib het in sy plek geheers.

19 En dit het gebeur dat Lib ook dit gedoen het wat goed was in die oë van die Here. En in die dae van Lib is die agiftige slange vernietig. Daarom het hulle die land suidwaarts ingegaan, om te jag vir voedsel vir die volk van die land, want die land was oortrek van die diere van die bos. En Lib het self ook ’n groot jagter geword.

20 En hulle het ’n groot stad gebou by die smal strook land naby die plek waar die see die land verdeel.

21 En hulle het die land suidwaarts bewaar as ’n wildernis, om wild te verkry. En die hele aangesig van die land noordwaarts was oortrek met inwoners.

22 En hulle was uitermate vlytig, en hulle het gekoop en verkoop en handel gedryf met mekaar, sodat hulle wins mag verkry.

23 En hulle het gewerk met allerlei soorte erts, en hulle het goud gemaak, en silwer, en ayster, en brons, en allerlei soorte metale; en hulle het dit uit die aarde gegrawe; daarom, hulle het groot hope grond opgehoop om erts te kry, van goud, en van silwer, en van yster, en van koper. En hulle het alle soorte keurige werk bewerk.

24 En hulle het sy gehad, en fyngeweefde linne; en hulle het allerlei soorte materiaal bewerk, sodat hulle hulself kon klee om hulle naaktheid te bedek.

25 En hulle het allerlei soorte gereedskap gemaak om die aarde te bewerk, beide om te ploeg en te saai, te maai en te skoffel, en ook om te dors.

26 En hulle het allerlei soorte gereedskap gemaak waarmee hulle hul diere laat werk het.

27 En hulle het allerlei soorte wapens van oorlog gemaak. En hulle het allerlei soorte werk verrig van uitermate noukeurige vakmanskap.

28 En nooit kon ’n volk meer geseënd gewees het as wat hulle was nie, en meer voorspoedig gemaak deur die hand van die Here. En hulle was in ’n land wat uitverkore was bo alle lande, want die Here het dit gespreek.

29 En dit het gebeur dat Lib baie jare gelewe het, en seuns en dogters verwek het; en hy het ook Heartom verwek.

30 En dit het gebeur dat Heartom in die plek van sy vader geheers het. En toe Heartom vier en twintig jaar geheers het, kyk, is die koninkryk van hom weggeneem. En hy het baie jare in slawerny gedien, ja, en wel die res van sy dae.

31 En hy het Het verwek, en Het het in slawerny gewoon, al sy dae. En Het het Aäron verwek, en Aäron het in slawerny gebly al sy dae; en hy het Amnigadda verwek, en Amnigadda het ook in slawerny gebly al sy dae; en hy het Coriantum verwek, en Coriantum het in slawerny gebly al sy dae; en hy het Com verwek.

32 En dit het gebeur dat Com die helfte van die koninkryk agter hom aangelok het. En hy het geheers oor die helfte van die koninkryk twee en veertig jaar; en hy het opgegaan om te veg teen die koning, Amgid, en hulle het geveg vir ’n tydperk van baie jare, gedurende welke tyd Com die mag verkry het oor Amgid, en mag verkry het oor die res van die koninkryk.

33 En in die dae van Com het daar rowers begin wees in die land; en hulle het die ou planne aangeneem, en het aede afgelê volgens die wyse van die mense van die voortyd, en het weer gesoek om die koninkryk te vernietig.

34 Nou, Com het baie teen hulle geveg; nogtans, hy kon hulle nie oorwin nie.