Skrifture
Ether 5


Hoofstuk 5

Drie getuies en die werk self sal staan as ’n getuienis van die waaragtigheid van die Boek van Mormon.

1 En nou ek, Moroni, het die woorde geskryf wat my gebied is, volgens my geheue; en ek het julle die dinge vertel wat ek averseël het; daarom raak hulle nie aan met die doel dat julle mag vertaal nie; want daardie ding is julle verbied, tensy dit weldra wysheid sal wees in God.

2 En kyk, jy mag bevoorreg wees dat jy die plate mag toon aan adiegene wat sal help om hierdie werk te voorskyn te bring.

3 En aan adrie sal hulle getoon word deur die krag van God; daarom sal hulle vir seker bweet dat hierdie dinge cwaar is.

4 En in die mond van drie agetuies sal hierdie dinge bevestig word; en die getuienis van drie, en hierdie werk, waarin die krag van God getoon sal word en ook sy woord, waarvan die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees getuienis lewer—en dit alles sal staan as ’n getuienis teen die wêreld op die laaste dag.

5 En as dit so is dat hulle bekeer en akom na die Vader in die Naam van Jesus, sal hulle ontvang word in die koninkryk van God.

6 En nou, as ek geen gesag het aangaande hierdie dinge nie, oordeel julle; want julle sal weet dat ek gesag het wanneer julle my sal sien, en ons sal staan voor God op die laaste dag. Amen.