Skrifture
Ether 7


Hoofstuk 7

Oriha heers in regverdigheid—Te midde van gewelddadige inbesitneming en onenigheid word die wedywerende koninkryke van Sule en Cohor gestig—Profete veroordeel die boosheid en afgodery van die volk wat dan bekeer.

1 En dit het gebeur dat Oriha oordeel gevel het in regverdigheid oor die land al sy dae, wie se dae uitermate baie was.

2 En hy het seuns en dogters verwek; ja, hy het een en dertig verwek, waaronder drie en twintig seuns was.

3 En dit het gebeur dat hy ook Kib verwek het in sy oudag. En dit het gebeur dat Kib geheers het in sy plek; en Kib het Corihor verwek.

4 En toe Corihor twee en dertig jaar oud was, het hy gerebelleer teen sy vader, en het oorgegaan en gewoon in die land Nehor; en hy het seuns en dogters verwek, en hulle het uitermate mooi geword; daarom het Corihor baie mense weggelok agter hom aan.

5 En toe hy ’n leër versamel het, het hy opgekom na die land Moron, waar die koning gewoon het, en hom gevange geneem, wat die awoord van die broer van Jered vervul het dat hulle na slawerny gebring sou word.

6 Nou die land Moron, waar die koning gewoon het, was naby die land wat Verlatenheid genoem is deur die Nefiete.

7 En dit het gebeur dat Kib in slawerny gewoon het, en sy volk onder Corihor sy seun, totdat hy uitermate oud geword het; nogtans het Kib vir Sule verwek op sy oudag, terwyl hy nog in slawerny was.

8 En dit het gebeur dat Sule toornig was op sy broer; en Sule het sterk geword, en het magtig geword volgens die krag van ’n man; en hy was ook magtig in oordeel.

9 Daarom, het hy by die heuwel Efraim gekom, en hy het uit die heuwel gesmelt, en het swaarde gemaak van staal vir diegene wat hy weggelok het saam met hom; en nadat hy hulle bewapen het met swaarde, het hy teruggekeer na die stad Nehor, en teen sy broer Corihor geveg, deur welke wyse hy die koninkryk verkry het, en het dit herstel aan sy vader Kib.

10 En nou vanweë die ding wat Sule gedoen het, het sy vader aan hom die koninkryk gegee; daarom het hy begin om te heers in die plek van sy vader.

11 En dit het gebeur dat hy oordeel gevel het in regverdigheid; en hy het sy koninkryk versprei oor die hele aangesig van die land, want die mense het uitermate talryk geword.

12 En dit het gebeur dat Sule ook baie seuns en dogters verwek het.

13 En Corihor het bekeer van die baie booshede wat hy gedoen het; daarom het Sule hom mag gegee in sy koninkryk.

14 En dit het gebeur dat Corihor baie seuns en dogters gehad het. En onder die seuns van Corihor was daar een wie se naam Noag was.

15 En dit het gebeur dat Noag gerebelleer het teen Sule, die koning, en ook sy vader, Corihor, en Cohor sy broer weggelok het, en ook al sy broers en baie van die volk.

16 En hy het vir Sule, die koning, die stryd aangesê, waardeur hy besit van die land van hulle eerste erfenis verkry het; en hy het ’n koning geword oor daardie deel van die land.

17 En dit het gebeur dat hy weer vir Sule, die koning, die stryd aangesê het; en hy het Sule, die koning, geneem, hom gevang en weggevoer na Moron.

18 En dit het gebeur toe hy op die punt was om hom dood te maak, het die seuns van Sule gedurende die nag Noag se huis binnegesluip en hom gedood, en die deur van die gevangenis afgebreek en hulle vader uitgebring, en hom op sy troon geplaas in sy eie koninkryk.

19 Daarom, die seun van Noag het sy koninkryk opgebou in sy plek; nogtans het hulle nie meer mag gekry oor Sule die koning nie, en die volk wat onder die regering van Sule die koning was, het uitermate voorspoedig en groot geword.

20 En die land was verdeel; en daar was twee koninkryke, die koninkryk van Sule, en die koninkryk van Cohor, die seun van Noag.

21 En Cohor, die seun van Noag, het sy volk vir Sule die stryd laat aansê, waarin Sule hulle verslaan het en Cohor gedood het.

22 En nou Cohor het ’n seun gehad wat genoem was Nimrod; en Nimrod het die koninkryk van Cohor oorgegee aan Sule, en hy het guns verkry in die oë van Sule; daarom het Sule baie gunste aan hom bewys, en hy het gedoen in die koninkryk van Sule volgens sy begeertes.

23 En ook gedurende die heerskappy van Sule het daar profete gekom onder die volk wat gestuur is deur die Here, wat geprofeteer het dat die boosheid en aafgodery van die volk ’n vloek gebring het oor die land, en hulle vernietig moes word as hulle nie sou bekeer nie.

24 En dit het gebeur dat die volk die profete beledig en hulle bespot het. En dit het gebeur dat koning Sule oordeel gevel het teen al diegene wat die profete beledig het.

25 En hy het ’n wet dwarsdeur die land uitgevaardig wat mag gegee het aan die profete dat hulle kon gaan waar hulle ook al wou; en vanweë hiervan is die volk tot bekering gebring.

26 En omdat die volk bekeer het van hul ongeregtighede en afgoderye het die Here hulle gespaar, en hulle het weer begin om voorspoedig te wees in die land. En dit het gebeur dat Sule seuns en dogters verwek het op sy oudag.

27 En daar was nie meer oorloë in die dae van Sule nie; en hy het die groot dinge wat die Here vir sy vaders gedoen het onthou deur hulle aoor die groot dieptes na die beloofde land te bring; daarom het hy oordeel gevel in regverdigheid al sy dae.