Skrifture
Ether 8


Hoofstuk 8

Daar is stryd en onenigheid aangaande die koninkryk—Akis vorm ’n eed-gebonde geheime organisasie om die koning te dood—Geheime organisasies is van die duiwel en lei tot die vernietiging van nasies—Moderne nie-Jode word gewaarsku teen die geheime organisasie wat sal poog om die vryheid van alle lande, nasies, en streke omver te gooi.

1 En dit het gebeur dat hy Omer verwek het, en Omer het in sy plek geheers. En Omer het Jered verwek; en Jered het seuns en dogters verwek.

2 En Jered het gerebelleer teen sy vader, en het gekom en in die land Het gewoon. En dit het gebeur dat hy baie mense gevlei het, as gevolg van sy sluwe woorde, totdat hy die helfte van die koninkryk verkry het.

3 En toe hy die helfte van die koninkryk verkry het, het hy sy vader die stryd aangesê, en hy het sy vader weggevoer in slawerny, en hom maak dien in slawerny;

4 En nou, in die dae van die heerskappy van Omer was hy in slawerny die helfte van sy dae. En dit het gebeur dat hy seuns en dogters verwek het, onder wie Esrom en Coriantumr was.

5 En hulle was uitermate toornig vanweë die doenighede van Jered hul broer, in soverre dat hulle ’n leër op die been gebring het en vir Jered die stryd aangesê het. En dit het gebeur dat hulle hom die stryd aangesê het in die nag.

6 En dit het gebeur dat toe hulle die leër van Jered doodgemaak het, was hulle op die punt om hom ook dood te maak; en hy het gepleit by hulle dat hulle hom nie moes doodmaak nie, en hy sou die koninkryk afstaan aan sy vader. En dit het gebeur dat hulle hom sy lewe gegun het.

7 En nou het Jered uitermate bedroef geword vanweë die verlies van die koninkryk, want hy het sy hart gestel op die koninkryk en op die eer van die wêreld.

8 Nou was die dogter van Jered uitermate skrander en omdat sy die droefhede van haar vader gesien het, het sy gedink om ’n plan te beraam waardeur sy die koninkryk aan haar vader kon herstel.

9 Nou, die dogter van Jered was uitermate mooi. En dit het gebeur dat sy met haar vader gespreek het, en aan hom gesê het: Waarom het my vader soveel droefheid? Het hy nie die kroniek gelees wat ons vaders gebring het oor die groot diepte nie? Kyk, is daar nie ’n verslag aangaande hulle van ouds, dat hulle deur hul ageheime planne koninkryke verkry het en groot eer nie?

10 En nou, daarom, laat my vader vir Akis laat haal, die seun van Kimnor; en kyk, ek is mooi, en ek sal voor hom adans, en ek sal hom behaag, sodat hy my sal begeer tot vrou; daarom, as hy van u wil hê dat u aan hom my tot vrou sal gee, dan sal u sê: Ek sal haar gee as jy vir my die hoof sal bring van my vader, die koning.

11 En nou, Omer was ’n vriend van Akis; daarom, toe Jered vir Akis laat haal het, het die dogter van Jered voor hom gedans sodat sy hom behaag het, in soverre dat hy haar begeer het tot vrou. En dit het gebeur dat hy aan Jered gesê het: Gee haar vir my tot vrou.

12 En Jered het aan hom gesê: Ek sal haar vir jou gee, as jy vir my die hoof sal bring van my vader, die koning.

13 En dit het gebeur dat Akis in die huis van Jered al sy verwante bymekaar gebring het, en aan hulle gesê het: Sal julle vir my sweer dat julle getrou sal wees aan my in die ding wat ek van julle sal begeer?

14 En dit het gebeur dat hulle almal vir hom agesweer het, by die God van die hemel, en ook by die hemele, en ook by die aarde, en by hulle hoofde, dat wie ook al sou afwyk van die hulp wat Akis begeer het, sy kop sou verloor; en wie ook al sou onthul wat Akis ook al aan hulle bekendgemaak het, sou sy lewe verloor.

15 En dit het gebeur dat hulle só met Akis ooreengekom het. En Akis het hulle die aede laat aflê wat gegee is deur hulle van ouds wat ook na mag gesoek het, wat oorgelewer is en wel vanaf bKain, wat ’n moordenaar was vanaf die begin.

16 En hulle is in stand gehou deur die mag van die duiwel om hierdie ede deur die volk te laat aflê, om hulle in duisternis te hou, om diesulkes te help wat gesoek het om mag te verkry, en om te moor, en om te plunder, en om te lieg, en om allerlei booshede en hoererye te pleeg.

17 En dit was die dogter van Jered wat dit in sy hart gelê het om hierdie dinge van ouds op te soek; en Jered het dit in die hart van Akis gelê; daarom, Akis het dit deur sy verwante en vriende laat aflê; en hulle weggelei deur mooi beloftes om te doen wat hy ook al wou hê.

18 En dit het gebeur dat hulle ’n ageheime organisasie gevorm het, net soos hulle van ouds, welke organisasie die gruwelikste en boosste is bo alles in die oë van God;

19 Want die Here werk nie deur geheime organisasies nie, nóg gebied Hy dat die mens bloed moet vergiet, maar het in alle dinge dit verbied, vanaf die begin van die mens.

20 En nou, ek, Moroni, skryf nie die aard van hulle ede en organisasies nie, want dit is aan my bekendgemaak dat hulle onder alle volke te vinde is, en hulle is te vinde onder die Lamaniete.

21 En hulle het die vernietiging veroorsaak van hierdie volk van wie ek nou spreek, en ook die avernietiging van die volk van Nefi.

22 En watter nasie ook al sulke geheime organisasies sal ondersteun, om mag en gewin te verkry, totdat hulle sal versprei oor die nasie, kyk, hulle sal vernietig word; want die Here sal nie atoelaat dat die bloed van sy heiliges, wat vergiet sal word deur hulle, altyd tot Hom sal roep vanaf die grond om bwraak oor hulle en nogtans wreek Hy hulle nie.

23 Daarom, o julle nie-Jode, dit is wysheid in God dat hierdie dinge aan julle getoon moet word, sodat julle daardeur mag bekeer van julle sondes, en nie toelaat dat hierdie moorddadige organisasies oor julle sal kom, wat opgebou is om amag en gewin te verkry nie—en die werk, ja, en wel die werk van vernietiging kom op julle, ja, en wel die swaard van die geregtigheid van die Ewige God sal op julle val, tot julle ondergang en vernietiging as julle sal toelaat dat hierdie dinge gebeur.

24 Daarom, die Here gebied julle, wanneer julle hierdie dinge onder julle sal sien kom, dat julle sal ontwaak tot ’n besef van julle vreeslike toestand, vanweë hierdie geheime organisasie wat onder julle sal wees; of wee daaroor vanweë die bloed van hulle wat gedood is; want hulle roep uit die stof om wraak daaroor, en ook oor hulle wat dit opgebou het.

25 Want dit gebeur dat wie ook al dit opbou, soek om die avryheid van alle lande omver te werp, nasies en streke; en dit bring die vernietiging van alle volke te weeg, want dit is opgebou deur die duiwel, wat die vader is van alle leuens; en wel daardie selfde leuenaar wat ons eerste ouers bbedrieg het, ja, en wel daardie selfde leuenaar wat die mens laat moord pleeg het vanaf die begin, wat die harte van mense verhard het sodat hulle die profete vermoor het, en hulle gestenig het, en hulle uitgewerp het vanaf die begin.

26 Daarom, ek, Moroni, word gebied om hierdie dinge te skrywe sodat die bose weggedoen mag word, en sodat die tyd mag kom dat Satan ageen mag sal hê oor die harte van die kinders van mense nie, maar dat hulle boorreed mag word om gedurigdeur goed te doen, sodat hulle mag kom na die fontein van alle regverdigheid en gered word.