Skrifture
Ether 9


Hoofstuk 9

Die koninkryk gaan oor van een na die ander deur oorerwing, gekonkel, en moord—Emer het die Seun van Regverdigheid gesien—Baie profete roep tot bekering—’n Hongersnood en giftige slange teister die volk.

1 En nou gaan ek, Moroni, voort met my kroniek. Daarom, kyk, dit het gebeur dat as gevolg van die ageheime organisasies van Akis en sy vriende, kyk, het hulle die koninkryk van Omer omvergewerp.

2 Nogtans, die Here was barmhartig teenoor Omer, en ook jeens sy seuns en jeens sy dogters wat nie sy vernietiging gesoek het nie.

3 En die Here het vir Omer gewaarsku in ’n droom dat hy moes vertrek uit die land; daarom het Omer vertrek uit die land met sy gesin, en het baie dae gereis, en het oorgekom en verby die heuwel van aSim gekom, en het oorgekom by die plek bwaar die Nefiete vernietig was, en vandaar af ooswaarts, en het by ’n plek gekom wat Ablom genoem is, aan die seekus, en daar het hy sy tent opgeslaan, en ook sy seuns en sy dogters, en sy hele huishouding, behalwe Jered en sy gesin.

4 En dit het gebeur dat Jered as koning gesalf is oor die volk, deur die hand van boosheid; en hy het vir Akis sy dogter as vrou gegee.

5 En dit het gebeur dat Akis die lewe gesoek het van sy skoonvader; en hy het by diegene aangeklop wat hy die eed van die mense van die voortyd laat sweer het, en hulle het die hoof van sy skoonvader verkry, terwyl hy op sy troon gesit het, terwyl hy sy volk te woord gestaan het.

6 Want so groot was die verspreiding van hierdie goddelose en geheime organisasie, dat dit die harte verlei het van die hele volk; daarom is Jered vermoor op sy troon en Akis het in sy plek geheers.

7 En dit het gebeur dat Akis jaloers geword het op sy seun, daarom het hy hom toegesluit in die gevangenis, en hom op min of geen kos gehou totdat hy die dood gely het.

8 En nou, die broer van die een wat die dood gely het (en sy naam was Nimra) was toornig op sy vader oor dit wat sy vader aan sy broer gedoen het.

9 En dit het gebeur dat Nimra ’n klein getal manne bymekaargemaak het, en gevlug het uit die land, en oorgekom en by Omer gebly het.

10 En dit het gebeur dat Akis ander seuns verwek het, en hulle het die harte van die volk gewen, nieteenstaande hulle tot hom gesweer het om allerlei ongeregtighede te doen volgens dit wat hy verlang het.

11 Nou was die volk van Akis begerig om gewin te verkry, net soos Akis begerig was om mag; daarom, die seuns van Akis het vir hulle geld aangebied, waardeur hulle die grootste deel van die volk aangelok het agter hulle aan.

12 En daar het ’n oorlog begin tussen die seuns van Akis en Akis, wat vir ’n tydperk van baie jare geduur het, ja, tot die vernietiging van byna al die mense in die koninkryk, ja, en wel almal behalwe dertig siele, en hulle wat gevlug het met die huis van Omer.

13 Daarom, Omer is weer herstel in die land van sy erfenis.

14 En dit het gebeur dat Omer oud begin word het; nogtans, in sy hoë ouderdom het hy Emer verwek; en hy het vir Emer gesalf om koning te wees om in sy plek te heers.

15 En nadat hy Emer as koning gesalf het, het hy vrede in die land gesien vir ’n tydperk van twee jaar, en hy het gesterf, nadat hy uitermate baie dae gesien het, wat vol droefheid was. En dit het gebeur dat Emer in sy plek geheers het, en die voetspore van sy vader gevolg het.

16 En die Here het weer begin om die vloek van die land weg te neem, en die huis van Emer het uitermate voorspoedig geword onder die heerskappy van Emer; en binne ’n tydperk van twee en sestig jaar het hulle uitermate sterk geword, tot so ’n mate dat hulle baie ryk geword het—

17 En hulle het alle soorte vrugte gehad, en graan, en systowwe, en fyn linne, en goud, en silwer en kosbare dinge;

18 En ook allerlei soorte vee, osse, en koeie, en skape, en varke, en bokke en ook baie ander soorte diere wat nuttig was as voedsel vir die mens.

19 En hulle het ook aperde gehad, en esels, en daar was olifante en kureloms en kumoms; almal wat nuttig was vir die mens, en meer spesifiek die olifante en die kureloms en kumoms.

20 En so het die Here sy seëninge uitgestort oor hierdie land, wat auitverkore was bo alle ander lande; en Hy het gebied dat wie ook al die land sou besit, dit sou besit tot die Here, of hulle sou bvernietig word wanneer hulle ryp geword het in ongeregtigheid; want oor diesulkes, sê die Here: Ek sal die volheid van my toorn uitstort.

21 En Emer het in regverdigheid oordeel gevel al sy dae, en hy het baie seuns en dogters verwek; en hy het Coriantum verwek, en hy het vir Coriantum gesalf om in sy plek te heers.

22 En nadat hy vir Coriantum gesalf het om in sy plek te heers, het hy vier jaar gelewe, en hy het vrede gesien in die land; ja, en hy het selfs die aSeun van Regverdigheid gesien, en het hom verheug en geroem in sy dag; en hy het in vrede gesterf.

23 En dit het gebeur dat Coriantum gewandel het in die voetspore van sy vader, en het baie magtige stede gebou, en het dit voorsien wat goed was vir sy volk in al sy dae. En dit het gebeur dat hy geen kinders gehad het nie, totdat hy uitermate oud was.

24 En dit het gebeur dat sy vrou gesterwe het toe sy een honderd en twee jaar oud was. En dit het gebeur dat Coriantum vir hom ’n vrou geneem het, op sy oudag, ’n jong meisie, en het seuns en dogters verwek; daarom het hy gelewe tot hy honderd twee en veertig jaar oud was.

25 En dit het gebeur dat hy Com verwek het, en Com het in sy plek geheers; en hy het nege en veertig jaar geheers, en hy het Het verwek; en hy het ook ander seuns en dogters verwek.

26 En die volk het weer oor die hele aangesig van die land versprei, en daar het weer ’n uitermate groot boosheid begin wees oor die aangesig van die land, en Het het weer begin om die geheime planne van ouds aan te neem, om sy vader te vernietig.

27 En dit het gebeur dat hy sy vader onttroon het, want hy het hom gedood met sy eie swaard; en hy het in sy plek heers.

28 En daar het weer profete in die land gekom, en bekering tot hulle geroep—dat hulle die weg van die Here moes berei, of daar sou ’n vloek kom oor die aangesig van die land; ja, daar sou naamlik ’n groot hongersnood wees, waardeur hulle vernietig sou word as hulle nie bekeer nie.

29 Maar die volk het nie die woorde geglo van die profete nie, maar hulle het hulle uitgewerp; en sommige van hulle het hulle in putte gegooi en hulle gelaat om te vergaan. En dit het gebeur dat hulle al hierdie dinge gedoen het volgens die bevel van die koning, Het.

30 En dit het gebeur dat daar ’n groot hongersnood begin kom het oor die land, en die inwoners het begin om uitermate gou vernietig te word vanweë die hongersnood, want daar was geen reën op die aangesig van die aarde nie.

31 En daar het giftige slange uitgekom ook op die aangesig van die land, en het baie mense vergiftig. En dit het gebeur dat hulle kuddes begin het om te vlug voor die giftige slange na die land suidwaarts, wat genoem is deur die Nefiete, aZarahemla.

32 En dit het gebeur dat daar baie van hulle was wat omgekom het langs die pad; nogtans, daar was sommiges wat gevlug het na die land suidwaarts.

33 En dit het gebeur dat die Here die aslange hulle nie meer laat agtervolg het nie, maar dat hulle die pad moes versper sodat die volk nie kon verbygaan nie, sodat wie ook al sou probeer om verby te kom, mag beswyk as gevolg van die giftige slange.

34 En dit het gebeur dat die volk die spoor van die diere gevolg het, en die karkasse verorber het van hulle wat langs die pad omgekom het, totdat hulle hul almal verorber het. Nou toe die volk sien dat hulle moes vergaan, het hulle begin om te abekeer van hulle ongeregtighede en tot die Here te roep.

35 En dit het gebeur dat toe hulle hul voldoende averootmoedig het voor die Here, het Hy reën gestuur oor die aangesig van die aarde; en die volk het weer begin om te herlewe, en daar het begin om vrugte te wees in die noordelike lande, en in al die lande rondomheen. En die Here het sy krag getoon aan hulle deur hulle te bewaar van hongersnood.