Skrifture
Helaman 10


Hoofstuk 10

Die Here gee Nefi die verseëlingsmag—Hy word gemagtig om te bind en te ontbind op aarde en in die hemel—Hy beveel die mense om te bekeer of te vergaan—Die Gees voer hom van skare tot skare. Ongeveer 21–20 v.C.

1 En dit het gebeur dat daar ’n verdeling ontstaan het onder die volk, in soverre dat hulle hiernatoe en daarnatoe verdeel het, en hulle weë gegaan het, en vir Nefi alleen gelaat het terwyl hy in hulle midde gestaan het.

2 En dit het gebeur dat Nefi sy weg gegaan het na sy eie huis, apeinsend oor die dinge wat die Here aan hom getoon het.

3 En dit het gebeur terwyl hy aldus gepeins het—was hy baie terneergedruk vanweë die boosheid van die volk van die Nefiete, hulle geheime werke van duisternis, en hulle moorde, en hulle geplunder, en allerlei ongeregtighede—dit het gebeur terwyl hy aldus in sy hart gepeins het, kyk, ’n stem het na hom gekom wat sê:

4 Geseënd is jy, Nefi, weens daardie dinge wat jy gedoen het; want Ek het gesien hoe jy aonvermoeid die woord verkondig het, wat Ek aan jou gegee het, aan hierdie volk. En jy het hulle nie gevrees nie, en het nie jou beie lewe gesoek nie, maar het my cwil gesoek, en om my gebooie te onderhou.

5 En nou, omdat jy dit gedoen het met sulke onvermoeidheid, kyk, Ek sal jou seën vir ewig; en Ek sal jou magtig maak in woord en daad, in geloof en in werke; ja, totdat aalle dinge vir jou gedoen sal word volgens jou bwoord, want jy sal cnie dít vra wat teenstrydig is met my wil nie.

6 Kyk, jy is Nefi, en Ek is God. Kyk, Ek verklaar dit aan jou in die teenwoordigheid van my engele, dat jy mag sal hê oor hierdie volk, en die aarde sal tref met ahongersnood, en met pestilensie, en vernietiging, volgens die boosheid van hierdie volk.

7 Kyk, Ek gee aan jou mag, dat wat jy ook al op aarde sal averseël, verseël sal wees in die hemel; en wat jy ook al sal losmaak op aarde, sal losgemaak wees in die hemel; en dus sal jy mag hê onder hierdie volk.

8 En dus, as jy aan hierdie tempel sal sê dat dit in twee geskeur word, sal dit gedoen word.

9 En as jy sal sê vir hierdie aberg, Wees jy neergewerp en word gelyk, sal dit gedoen word.

10 En kyk, as jy sal sê dat God hierdie volk sal tref, sal dit gebeur.

11 En nou kyk, Ek gebied jou, dat jy sal gaan en aan hierdie volk verkondig, dat so sê die Here God, wat die Almagtige is: Tensy julle bekeer, sal julle geslaan word, tot avernietiging toe.

12 En kyk, nou het dit gebeur dat toe die Here hierdie woorde met Nefi gespreek het, het hy gestaan, en nie na sy eie huis gegaan nie, maar het teruggekeer na die skares wat verstrooi was oor die aangesig van die land, en begin om die woord van die Here aan hulle te verkondig wat met hom gespreek is, aangaande hul vernietiging as hulle nie bekeer nie.

13 Nou kyk, nieteenstaande daardie groot wonderwerk wat Nefi gedoen het deur hulle te vertel aangaande die dood van die hoofregter, het hulle hul harte verhard en nie ag geslaan op die woorde van die Here nie.

14 Daarom het Nefi aan hulle die woord van die Here verkondig en gesê: Tensy julle bekeer, so sê die Here, sal julle geslaan word tot vernietiging toe.

15 En dit het gebeur dat toe Nefi aan hulle die woord verkondig het, kyk, het hulle steeds hulle harte verhard en wou nie ag slaan op sy woorde nie; daarom het hulle hom uitgeskel, en het gesoek om hulle hande op hom te lê sodat hulle hom in die gevangenis kon werp.

16 Maar kyk, die krag van God was met hom, en hulle kon hom nie neem om hom in die gevangenis te werp nie, want hy is deur die Gees geneem en weggevoer uit hulle midde uit.

17 En dit het gebeur dat hy só uitgegaan het in die Gees, van skare tot skare, en die woord van God verkondig het, totdat hy dit aan hulle almal verkondig het, of dit uitgestuur het onder die hele volk.

18 En dit het gebeur dat hulle nie wou ag slaan op sy woorde nie; en daar het begin om twiste te ontstaan, in soverre dat hulle verdeeld was teen hulleself en begin het om mekaar dood te maak met die swaard.

19 En so het die een en sewentigste jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi geëindig.