Skrifture
Helaman 15


Hoofstuk 15

Die Here het die Nefiete gekasty omdat Hy hulle liefgehad het—Bekeerde Lamaniete is ferm en standvastig in die geloof—Die Here sal barmhartig wees teenoor die Lamaniete in die laaste dae. Ongeveer 6 v.C.

1 En nou, my geliefde broers, kyk, ek verklaar aan julle dat tensy julle sal bekeer, sal julle huise vir julle averlate gelaat word.

2 Ja, tensy julle bekeer, sal julle vroue groot rede hê om te rouklaag in die dag wat hulle sal soog; want julle sal probeer om te vlug en daar sal geen plek wees as toevlug nie; ja, en wee hulle wat amet kind is, want hulle sal swaar wees en kan nie vlug nie; daarom, hulle sal vertrap word en gelaat word om te vergaan.

3 Ja, wee hierdie volk wat genoem word die volk van Nefi, tensy hulle sal bekeer, wanneer hulle al hierdie tekens en wonders sal sien wat getoon sal word aan hulle; want kyk, hulle was ’n uitverkore volk van die Here; ja, die volk van Nefi het Hy liefgehad, en ook het Hy hulle agekasty; ja; in die dae van hulle ongeregtighede het Hy hulle gekasty omdat Hy hulle liefgehad het.

4 Maar kyk, my broers, die Lamaniete het Hy gehaat omdat hulle dade voortdurend boos was, en dit vanweë die ongeregtigheid van die aoorlewering van hulle vaders. Maar kyk, heil het tot hulle gekom deur die prediking van die Nefiete; en met hierdie doel het die Here hulle dae bverleng.

5 En ek wil hê dat julle moet sien dat die agrootste gedeelte van hulle op die weg van hulle plig is, en hulle wandel versigtig voor God, en hulle het gepoog om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge volgens die wet van Moses te onderhou.

6 Ja, ek sê vir julle, dat die grootste gedeelte van hulle dit doen, en hulle werk met onvermoeide ywer dat hulle die res van hulle broers mag bring tot die kennis van die waarheid; daarom is daar baie wat daagliks by hulle getalle bygevoeg word.

7 En kyk, julle weet vir julleself, want julle was getuie daarvan, dat soveel van hulle as wat gebring word tot die kennis van die waarheid, en om te weet van die goddelose en gruwelike oorleweringe van hulle vaders, en gelei word om die heilige skrifture te glo, ja, die profesieë van die heilige profete, wat geskrywe is, wat hulle lei tot geloof in die Here, en tot bekering, welke geloof en bekering ’n averandering van hart teweeg bring in hulle—

8 Daarom, soveel as wat hiertoe gekom het, julle weet vir julleself, is aferm en standvastig in die geloof, en in die dinge waardeur hulle vrygemaak is.

9 En julle weet ook dat hulle hul wapens van oorlog abegrawe het, en hulle vrees om hulle op te neem, uit vrees dat hulle op een of ander wyse sal sondig, ja, julle kan sien dat hulle vrees om te sondig—want kyk, hulle sal hulself toelaat om vertrap en deur hulle vyande gedood te word, en sal nie hulle swaarde ophef teen hulle nie, en dit vanweë hulle geloof in Christus.

10 En nou, vanweë hulle standvastigheid wanneer hulle glo in daardie ding waarin hulle glo, want vanweë hulle fermheid wanneer hulle eers eenmaal verlig is, kyk, die Here sal hulle seën en hulle dae verleng, nieteenstaande hulle ongeregtigheid—

11 Ja, al sou hulle kwyn in ongeloof, sal die Here hulle dae averleng, totdat die tyd sal kom waarvan ons vaders gespreek het, en ook deur die profeet bZenos, en baie ander profete, aangaande die cherstelling van ons broers, die Lamaniete, weer tot die kennis van die waarheid—

12 Ja, ek sê vir julle, dat in die laaste tye die abeloftes van die Here aangebied is aan ons broers, die Lamaniete; en nieteenstaande die vele verdrukkinge wat hulle sal hê, en nieteenstaande hulle heen en weer bgedryf sal word op die aangesig van die aarde, en gejag word, en geslaan en ver en wyd verstrooi sal word, en geen plek van toevlug sal hê nie, sal die Here cbarmhartig wees teenoor hulle.

13 En dit is volgens die profesie, dat hulle weer agebring sal word tot die ware kennis, wat die kennis is van hulle Verlosser, en hulle groot en ware bHerder, en gereken sal word onder sy skape.

14 Daarom sê ek aan julle, dit sal abeter wees vir hulle as vir julle, tensy julle bekeer.

15 Want kyk, aas die magtige werke getoon was aan hulle wat aan julle getoon is, ja, aan hulle wat in ongeloof gekwyn het vanweë die oorleweringe van hulle vaders, kan julle vir julself sien dat hulle nooit weer sou gekwyn het in ongeloof nie.

16 Daarom, sê die Here: Ek sal hulle nie heeltemal vernietig nie, maar Ek sal veroorsaak dat in die dag van my wysheid hulle weer sal terugkeer na My, sê die Here.

17 En nou, kyk, sê die Here, aangaande die volk van die Nefiete: As hulle nie bekeer en onderhou om my wil te doen nie, sal Ek hulle heeltemal avernietig, sê die Here, vanweë hulle ongeloof, nieteenstaande die vele magtige werke wat Ek gedoen het onder hulle; en sowaar as die Here leef sal hierdie dinge wees, sê die Here.