Skrifture
Moroni 1


Die Boek van Moroni

Hoofstuk 1

Moroni skryf tot voordeel van die Lamaniete—Die Nefiete wat nie Christus sal loën nie, word doodgemaak. Ongeveer 401–421 n.C.

1 Nou ek, aMoroni, nadat ek ’n einde gemaak het met die verkorting van die verslag van die volk van Jered, het ek veronderstel om nie meer te geskryf het nie, maar ek het nog nie omgekom nie; en ek maak myself nie bekend aan die Lamaniete nie, uit vrees dat hulle my sou vernietig.

2 Want kyk, hulle aoorloë is uitermate fel onder hulleself; en vanweë hul haat, bmaak hulle elke Nefiet dood wat nie die Christus sal loën nie.

3 En ek, Moroni, sal nie die Christus aloën nie; daarom, ek dwaal waar ook al ek kan vir die veiligheid van my eie lewe.

4 Daarom, ek skryf nog ’n paar dinge, in teenstelling met dit wat ek veronderstel het; want ek het veronderstel om nie meer te skryf nie; maar ek skryf nog ’n paar dinge meer, sodat hulle miskien van waarde mag wees vir my broers, die Lamaniete, in een of ander toekomstige tyd, volgens die wil van die Here.