Skrifture
Moroni 3


Hoofstuk 3

Ouderlinge ordineer priesters en leraars deur die oplegging van hande. Ongeveer 401–421 n.C.

1 Die wyse waarop die dissipels, wat genoem is die aouderlinge van die kerk, priesters en leraars bgeordineer het

2 Nadat hulle tot die Vader gebid het in die Naam van Christus, het hulle hul hande op hulle gelê, en gesê:

3 In die Naam van Jesus Christus ordineer ek u om ’n priester te wees (of, as hy ’n leraar is, ordineer ek u om ’n leraar te wees) om bekering te preek en avergifnis van sondes deur Jesus Christus, deur die volharding in die geloof in sy Naam tot die einde. Amen.

4 En volgens hierdie wyse het hulle priesters en leraars ageordineer, volgens die bgawes en roepinge van God aan die mens; en hulle het hulle geordineer deur die ckrag van die Heilige Gees, wat in hulle was.