Skrifture
Mosia 13


Hoofstuk 13

Abinadi word beskerm deur goddelike mag—Hy onderrig die tien gebooie—Heil kom nie deur die wet van Moses alleen nie—God sal self ’n versoening doen en sy volk verlos. Ongeveer 148 v.C.

1 En nou toe die koning hierdie woorde gehoor het, het hy aan sy priesters gesê: Weg met hierdie man, en maak hom dood; want wat het ons met hom te doen, want hy is mal.

2 En hulle het na vore getree en probeer om hulle hande op hom te lê; maar hy het hulle weerstaan, en aan hulle gesê:

3 Raak my nie aan nie, want God sal julle slaan as julle jul hande op my lê, want ek het nie die boodskap oorgedra wat die Here my gestuur het om oor te dra nie; nóg het ek julle dit vertel wat julle agevra het dat ek moet vertel; daarom, God sal nie toelaat dat ek vernietig sal word op hierdie tydstip nie.

4 Maar ek moet die bevele uitvoer wat God my gebied het; en omdat ek julle die waarheid vertel het, is julle toornig op my. En verder, omdat ek die woord van God gespreek het, het julle my geoordeel dat ek mal is.

5 Nou het dit gebeur, nadat Abinadi hierdie woorde gespreek het, dat die volk van koning Noag nie gedurf het om hulle hande op hom te lê nie, want die Gees van die Here was op hom; en sy gelaat het met ’n uitnemende glans agestraal, en wel soos Moses s’n terwyl hy op die berg Sinai was, terwyl hy met die Here gespreek het.

6 En hy het met akrag en gesag van God gespreek; en hy het sy woorde voortgesit, en gesê:

7 Julle sien dat julle nie mag het om my dood te maak nie, daarom voltooi ek my boodskap. Ja, en ek merk dat dit julle asny tot in julle harte omdat ek julle die waarheid vertel aangaande julle ongeregtighede.

8 Ja, en my woorde vul julle met verwondering en verbasing, en met toorn.

9 Maar ek voltooi my boodskap; en dan maak dit nie saak waarheen ek gaan nie, as dit so is dat ek gered is.

10 Maar dit vertel ek aan julle, wat julle met my doen na dese, sal wees soos ’n aversinnebeeld en ’n voorafskaduwing van dinge wat moet kom.

11 En nou, ek lees aan julle die oorblywende agebooie van God, want ek merk dat hulle nie geskrywe is in julle harte nie; ek merk dat julle die ongeregtigheid bestudeer en onderrig het vir die grootste gedeelte van julle lewe.

12 En nou, julle onthou dat ek aan julle gesê het: Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak, of enige gelykenis van dinge wat bo in die hemel is, of wat onder op die aarde is, of wat in die water onder die aarde is nie.

13 En verder: Jy mag jou nie voor hulle neerbuig nie, nóg hulle dien; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die ongeregtighede van die vaders besoek op die kinders, aan die derde en aan die vierde geslagte van hulle wat My haat;

14 En bewys barmhartigheid aan duisende van hulle wat My liefhet en my gebooie onderhou.

15 Jy sal nie die Naam van die Here jou God ydellik gebruik nie; want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie skuldeloos hou nie.

16 Onthou die asabbatdag, dat jy dit heilig.

17 Ses dae sal jy arbei, en al jou werk doen;

18 Maar die sewende dag, die sabbat van die Here jou God, sal jy geen werk doen nie, jy, nóg jou seun, nóg jou dogter, jou dienskneg, nóg jou diensmaagd, nóg jou vee, nóg jou vreemdeling wat in jou poorte is;

19 Want in ases dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, en die see, en alles wat in hulle is; daarom het die Here die sabbatdag geseën, en dit geheilig.

20 aEer jou vader en jou moeder, dat jou dae lank mag wees in die land wat die Here jou God jou gee.

21 Jy mag nie adoodslaan nie.

22 Jy mag nie aegbreek nie. Jy mag nie bsteel nie.

23 Jy mag nie avalse getuienis spreek teen jou naaste nie.

24 Jy mag nie jou naaste se huis abegeer nie, jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, nóg sy dienskneg, nóg sy diensmaagd, nóg sy os, nóg sy esel, nóg enigiets wat van jou naaste is.

25 En dit het gebeur dat, nadat Abinadi ’n einde gemaak het aan hierdie woorde, dat hy aan hulle gesê het: Het julle hierdie volk geleer dat hulle moet seker maak dat hulle al hierdie dinge doen om hierdie gebooie te onderhou?

26 Ek sê vir julle, Nee; want as julle dit gedoen het, sou die Here my nie laat uitkom het om kwaad te profeteer aangaande hierdie volk nie.

27 En nou het julle gesê dat heil deur die awet van Moses kom. Ek sê vir julle dat dit noodsaaklik is dat julle die wet van Moses nou nog moet onderhou; maar ek sê vir julle, dat die tyd sal kom dat dit bnie meer noodsaaklik sal wees om die wet van Moses te onderhou nie.

28 En bowendien, ek sê vir julle, dat aheil nie kom deur die bwet alleen nie; en as dit nie vir die cversoening was nie, wat God self sal doen vir die sondes en die ongeregtighede van sy volk, dat hulle onvermydelik moet omkom, nieteenstaande die wet van Moses.

29 En nou sê ek aan julle dat dit noodsaaklik was dat daar ’n wet gegee moes word aan die kinders van Israel, ja, naamlik ’n baie astreng wet; want hulle was ’n hardnekkige volk, bgou om ongeregtigheid te doen, en traag om die Here hulle God te onthou;

30 Daarom is daar ’n awet aan hulle gegee, ja ’n wet van verrigtinge en van bordinansies, ’n wet wat hulle streng moes conderhou van dag tot dag, om hulle in gedagtenis aan God te hou en hulle plig teenoor Hom.

31 Maar kyk, ek sê vir julle, dat al hierdie dinge aversinnebeelde was van dinge wat moet kom.

32 En nou, het hulle die wet verstaan? Ek sê vir julle, Nee, hulle het nie almal die wet verstaan nie; en dit vanweë die hardheid van hulle harte; want hulle het nie verstaan dat daar geen mens gered kon word atensy dit deur die verlossing van God was nie.

33 Want kyk, het Moses nie tot hulle geprofeteer aangaande die koms van die Messias, en dat God sy volk sou verlos nie? Ja, en wel aal die profete wat geprofeteer het, sedert die wêreld begin het—het hulle nie min of meer aangaande hierdie dinge gespreek nie?

34 Het hulle nie gesê dat aGod self sou neerdaal onder die kinders van mense, en vir Hom die vorm van ’n mens aanneem en uitgaan in geweldige krag op die aangesig van die aarde nie?

35 Ja, en het hulle nie ook gesê dat Hy die aopstanding van die dode sou teweegbring, en dat Hy self, verdruk sou wees en gekwel sou word nie?