Skrifture
Mosia 14


Hoofstuk 14

Jesaja spreek oor die Messias—Die Messias se vernedering en lyding word uiteengesit—Hy maak sy siel ’n offerande vir sonde en doen voorspraak vir oortreders—Vergelyk Jesaja 53. Ongeveer 148 v.C.

1 Ja, en wel, sê Jesaja nie: Wie het ons kroniek geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?

2 Want hy sal voor hom opgroei soos ’n tere plant, en soos ’n wortel uit droë grond; Hy het geen gestalte nóg aantreklikheid; en wanneer ons Hom sal sien, is daar geen skoonheid dat ons Hom sou begeer nie.

3 Hy word verag en verwerp deur mense, ’n man van smarte, en bekend met verdriet; en ons het ons gesigte as’t ware van Hom verberg; Hy was verag, en ons het Hom nie geag nie.

4 Waarlik, Hy het ons averdriet op Hom bgeneem en ons smarte gedra; tog het ons Hom as getref beskou; geslaan deur God, en geteister.

5 Maar Hy is gewond vir ons aoortredinge, Hy is gekneus vir ons ongeregtighede; die strafgerig vir ons vrede was op Hom, en deur sy wonde is ons bgenees.

6 Ons almal, soos askape, het gedwaal; ons het elkeen gedwaal na sy eie pad; en die Here het die ongeregtighede van ons almal laat neerkom op Hom.

7 Hy was verdruk, en Hy was geteister, tog het aHy sy mond nie oopgemaak nie; Hy is gebring soos ’n blam na die slagplek, en soos ’n skaap wat stom is voor haar skeerders, so het Hy nie sy mond oopgemaak nie.

8 Hy is geneem uit die gevangenis en uit die oordeel; en wie sal sy geslag verklaar? Want Hy is afgesny uit die land van die lewendes; vir die oortredinge van my volk was Hy gestraf.

9 En Hy het sy graf by die bose gemaak, en by die aryke in sy dood; omdat Hy geen bonreg gedoen het nie, nóg was daar geen bedrog in sy mond.

10 Tog het dit die Here behaag om Hom te kneus; Hy het Hom smart aangedoen; wanneer U sy siel as skuldoffer vir die sonde maak, sal Hy sy asaad sien; Hy sal sy dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees.

11 Hy sal die lyding ervaar van sy siel, en sal tevrede wees; deur sy kennis sal my regverdige dienskneg baie regverdig maak; want Hy sal hulle ongeregtighede adra.

12 Daarom sal Ek Hom ’n deel gee onder die grotes, en Hy sal die buit deel met die sterkes; omdat Hy sy siel uitgestort het tot die dood toe; en Hy is gereken onder die oortreders en Hy het die sonde van baie gedra, en het avoorspraak gemaak vir die oortreders.