Skrifture
Mosia 18


Hoofstuk 18

Alma preek in die geheim—Hy verduidelik die verbond van die doop en doop by die Waters van Mormon—Hy organiseer die Kerk van Christus en ordineer priesters—Hulle onderhou hulself en leer die volk—Alma en sy volk vlug voor Koning Noag die wildernis in. Ongeveer 147–145 v.C.

1 En nou, dit het gebeur dat Alma, wat weggevlug het van die diensknegte van koning Noag af, abekeer het van sy sondes en ongeregtighede, en in die geheim onder die volk rondgegaan het, en begin het om die woorde van Abinadi te onderrig—

2 Ja, aangaande dit wat moes kom, en ook aangaande die opstanding van die dode, en die averlossing van die volk, wat teweeggebring sou word deur die bkrag, en die lydings, en die dood van Christus, en sy opstanding en opvaart na die hemel.

3 En soveel as wat sy woorde wou aanhoor, het hy geleer. En hy het hulle in die geheim geleer, sodat dit nie mag kom tot die kennis van die koning nie. En baie het sy woorde geglo.

4 En dit het gebeur dat soveel as wat hom geglo het, uitgegaan het na ’n aplek wat Mormon genoem is, wat sy naam ontvang het van die koning, wat op die grense van die land was wat vervuil was by tye of met geleenthede, met wilde diere.

5 Nou, daar was in Mormon ’n fontein van suiwer water, en Alma het daarheen gegaan, omdat daar naby die water ’n bos was van klein boompies, waar hy hom bedags versteek het teen die soektogte van die koning.

6 En dit het gebeur dat soveel as wat hom geglo het daarheen gegaan het om sy woorde te hoor.

7 En dit het gebeur na baie dae dat daar ’n aansienlike aantal bymekaar was by die plek van Mormon, om die woorde van Alma te hoor. Ja, almal het bymekaar gekom wat in sy woord geglo het, om hom te hoor. En hy het hulle ageleer, en het aan hulle bekering gepreek, en verlossing, en geloof in die Here.

8 En dit het gebeur dat hy aan hulle gesê het: Kyk, hier is die waters van Mormon (want so is hulle genoem) en nou, aangesien julle abegerig is om in die bkudde van God te kom, en om sy volk genoem te word, en cgewillig is om mekaar se laste te dra, sodat hulle lig mag wees;

9 Ja, en gewillig is om te treur met diegene wat treur; ja, en diegene te troos wat vertroosting nodig het, en om te staan as agetuies van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke waar julle mag wees, selfs tot die dood toe, sodat julle verlos mag word deur God, en gereken word onder diegene van die beerste opstanding, dat julle die cewige lewe mag hê—

10 Nou sê ek aan julle, as dit die begeerte van julle harte is, wat het julle daarteen om agedoop te word in die naam van die Here, as ’n getuie voor Hom dat julle ’n bverbond gesluit het met Hom, dat julle Hom sal dien en sy gebooie sal onderhou, dat Hy sy Gees meer oorvloedig op julle mag uitstort?

11 En nou toe die volk hierdie woorde gehoor het, het hulle hul hande geklap van vreugde, en uitgeroep: Dit is die begeerte van ons harte.

12 En nou het dit gebeur dat Alma vir Helam geneem het, wat een van die eerstes was, en gegaan en in die water gaan staan het, en uitgeroep, en gesê het: O Here, stort u Gees uit op u dienskneg, sodat hy hierdie werk mag doen met heiligheid van hart.

13 En toe hy hierdie woorde gesê het, was die aGees van die Here op hom, en hy het gesê: Helam, ek bdoop jou, omdat ek cgesag het van die Almagtige God, as ’n getuienis dat jy ’n verbond gesluit het om Hom te dien totdat jy dood is wat die sterflike liggaam betref; en mag die Gees van die Here uitgestort word oor jou; en mag Hy jou die ewige lewe skenk, deur die dverlossing van Christus, vir wie Hy voorberei het vanaf die egrondlegging van die wêreld.

14 En nadat Alma hierdie woorde gesê het, is beide Alma en Helam abegrawe in die water; en hulle het opgestaan en uitgekom uit die water jubelend, en hulle was met die Gees vervul.

15 En verder, Alma het ’n ander geneem, en ’n tweede keer in die water ingegaan, en hom gedoop ooreenkomstig die eerste, net hy het homself nie weer in die water begrawe nie.

16 En volgens hierdie wyse het hy elkeen gedoop wat uitgegaan het na die plek van Mormon; en hulle was in getal ongeveer tweehonderd en vier siele; ja, en hulle is agedoop in die waters van Mormon, en is vervul met die bgenade van God.

17 En hulle is die kerk van God genoem, of die akerk van Christus, van daardie tyd af aan. En dit het gebeur dat wie ook al gedoop is deur die krag en gesag van God, gevoeg is by die kerk.

18 En dit het gebeur dat Alma, omdat hy die agesag van God gehad het, priesters geordineer het; en wel een priester vir elke vyftig van hulle getal het hy geordineer om vir hulle te preek, en om hulle te bonderrig aangaande die dinge betreffende die koninkryk van God.

19 En hy het hulle beveel dat hulle niks sou onderrig tensy dit die dinge was wat hy hulle geleer het nie, en wat gespreek is deur die mond van die heilige profete.

20 Ja, en wel het hy hulle beveel dat hulle niks moes apreek nie tensy dit bekering en geloof in die Here is, wat sy volk verlos het.

21 En hy het hulle beveel dat daar geen atwis onder mekaar moet wees nie, maar dat hulle vooruit moes kyk met been oog, omdat hulle een geloof en een doop gehad het, omdat hulle hul harte verenig het in ceenheid en in liefde, die een teenoor die ander.

22 En so het hy hulle beveel om te preek. En so het hulle die akinders van God geword.

23 En hy het hulle beveel dat hulle die asabbatdag moes onderhou, en dit heilig hou, en dat hulle ook elke dag dank moes betuig aan die Here hulle God.

24 En hy het hulle ook beveel dat die priesters wat hy geordineer het, moes aarbei met hulle eie hande vir hulle onderhoud.

25 En daar was een dag in elke week wat opsy gesit is dat hulle self bymekaar moes kom om die volk te leer, en om die Here hulle God te aaanbid, en ook, om so dikwels as wat dit in hulle mag was, bymekaar te kom.

26 En die priesters moes nie staatmaak op die volk vir hulle onderhoud nie; maar vir hulle arbeid sou hulle die agenade van God ontvang, sodat hulle sterk mag word in die Gees, omdat hulle die bkennis van God het, dat hulle met mag en gesag van God mag leer.

27 En verder het Alma beveel dat die volk van die kerk van hulle besittings moes afstaan, aelkeen volgens dit wat hy gehad het; as hy meer oorvloedig het, moes hy meer oorvloedig deel; en van hom wat maar min gehad het, sal maar min verlang word; en aan hom wat nie het nie, moes gegee word.

28 En so moes hulle van hulle besittings deel uit hulle eie vrye wil en goeie begeertes teenoor God, en aan daardie priesters wat behoeftig was, ja, en aan elke behoeftige, naakte siel.

29 En dit het hy aan hulle gesê, omdat hy deur God gebied is; en hulle het opreg agewandel voor God, en met mekaar bgedeel beide stoflik en geestelik, volgens hulle behoeftes en hulle node.

30 En nou het dit gebeur dat dit alles in Mormon gedoen is, ja, by die awaters van Mormon, in die woud wat naby die waters van Mormon was; ja, die plek van Mormon, die waters van Mormon, die woud van Mormon, hoe lieflik is hulle in die oë van diegene wat daar tot die kennis van hulle Verlosser gekom het; ja, en hoe geseënd is hulle, want hulle sal tot sy lof vir ewig sing.

31 En hierdie dinge is gedoen op die agrense van die land, sodat hulle nie mag kom tot die kennis van die koning nie.

32 Maar kyk, dit het gebeur dat, nadat die koning ’n beweging onder die mense ontdek het, hy sy diensknegte gestuur het om hulle dop te hou. Daarom, op die dag wat hulle bymekaar gekom het om die woord van die Here te hoor, is hulle ontdek deur die koning.

33 En nou het die koning gesê dat Alma die volk tot ’n rebellie aangehits het teen hom; daarom het hy sy leër gestuur om hulle te vernietig.

34 En dit het gebeur dat Alma en die volk van die Here ain kennis gestel is van die koms van die koning se leër; daarom het hulle hul tente en hul gesinne geneem en in die wildernis ingetrek.

35 En hul was in getal omtrent vierhonderd en vyftig siele.