Skrifture
Getuienis van Drie Getuies


Die Getuienis van Drie Getuies

Laat dit bekend wees aan alle nasies, stamme, tale, en volke, tot wie hierdie werk sal kom: Dat ons, deur die genade van God die Vader, en onse Here Jesus Christus, die plate gesien het wat hierdie kroniek bevat, wat ’n kroniek is van die volk van Nefi, en ook van die Lamaniete, hulle broers, en ook van die volk van Jered, wat gekom het van die toring waarvan gespreek is. En ons weet ook dat hulle vertaal is deur die gawe en mag van God, want sy stem het dit aan ons verklaar; daarom weet ons vir seker dat die werk waar is. En ons getuig ook dat ons die graveerwerk gesien het wat op die plate is; en hulle is aan ons getoon deur die mag van God, en nie van ’n mens nie. En ons verklaar met woorde van alle erns, dat ’n engel van God neergedaal het uit die hemel, en dat hy gebring en voor ons oë neergelê het, dat ons die plate gesien en aanskou het, en die graveerwerk daarop; en ons weet dat dit deur die genade van God die Vader, en ons Here Jesus Christus is, dat ons hierdie dinge aanskou het en lewer getuienis dat hierdie dinge waar is. En dit is wonderlik in ons oë. Nietemin, die stem van die Here het ons beveel dat ons daarvan getuienis moet lewer; daarom, om gehoorsaam te wees aan die gebooie van God, getuig ons van hierdie dinge. En ons weet dat as ons getrou is in Christus, ons ons kleding sal reinig van die bloed van alle mense, en vlekkeloos bevind sal word voor die regterstoel van Christus en ewig met Hom sal woon in die hemele. En die eer kom die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees toe, wat een God is. Amen.

Oliver Cowdery

David Whitmer

Martin Harris