2018
Reik Uit in Ontferming
Julie 2018


Beeld
Ministering

Beginsels van Bediening, Julie 2018

Reik Uit in Ontferming

As jy die Saligmaker se voorbeeld van ontferming volg, sal jy vind dat jy ʼn verskil in ander mense se lewens kan maak.

Ontferming is om bewus te wees van ander se nood tesame met ʼn behoefte om dit te verlig of te versag. ʼn Verbond om die Saligmaker te volg is ʼn verbond van ontferming om “mekaar se laste te dra” (Mosia 18:8). ʼn Opdrag om na ander om te sien is ʼn geleentheid om te dien soos die Here sou: “Julle moet barmhartigheid bewys” (Judas 1:22). Die Here het beveel: “Bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander” (Sagaría 7:9).

Die Saligmaker se Ontferming

Ontferming was ʼn dryfkrag in die Saligmaker se bediening (sien kantlyn: “ʼn Ontfermende Saligmaker”). Sy ontferming oor sy medemens het Hom op ontelbare geleenthede laat uitreik na diegene om Hom. Hy kon mense se behoeftes en begeertes onderskei, en Hy kon hulle seën en onderrig op maniere wat die meeste vir hulle saak gemaak het. Die Saligmaker se begeerte om ons bo ons nood te lig het tot die uiterste daad van ontferming gelei: Sy Versoening vir die sondes en lyding van die mensdom.

Sy vermoë om te reageer op die behoeftes van die mense is iets waarna ons kan streef wanneer ons dien. As ons waardig lewe en luister na die influisteringe van die Gees, sal ons geïnspireer word om uit te reik op sinvolle maniere.

Ons Verbond van Ontferming

Hemelse Vader wil hê dat sy kinders ontfermend moet wees (sien 1 Korinthiërs 12:25–27). Om ware dissipels te word, moet ons ontferming ontwikkel en aan andere toon, veral diegene wat in nood verkeer (L&V 52:40).

Ons het die naam van Jesus Christus op ons geneem deur ons doopverbond, ons getuig dat ons gewillig is om barmhartigheid uit te oefen. President Henry B. Eyring, Tweede Raadgewer in die Eerste Presidensie, het geleer dat die gawe van die Heilige Gees ons help om dit te doen: “Jy is ʼn verbondslid van die Kerk van Jesus Christus. …

“Dit is waarom jy ʼn gevoel het om iemand wat sukkel om voort te beweeg onder ʼn las van droefheid en probleme te wil help. Jy het belowe dat jy die Here sou help om hulle laste ligter te maak en hulle te vertroos. Jy is die mag gegee om te help om daardie laste ligter te maak toe jy die gawe van die Heilige Gees ontvang het.”1

Byvoorbeeld, ʼn suster in Rusland het ʼn moeilike familiesituasie gehad wat haar verhoed het om vir meer as ʼn jaar kerk toe te gaan. ʼn Ander suster in die tak het elke Sondag in ontferming na haar uitgereik deur haar te bel en haar te vertel van die praatjies, lesse, sendingroepings, babas wat gebore is en ander nuus van die tak. Toe hierdie huisgebonde suster se familiesituasie opgelos is, het sy gevoel dat sy nog steeds deel van die tak was as gevolg van haar vriendin se weeklikse oproepe.

Nota

  1. Henry B. Eyring, “The Comforter,” Liahona, Mei 2015, 18.