2018
Om Betekenisvolle Verhoudings te Bou
Augustus 2018


Beeld
Ministering

Beginsels van Bediening, Augustus 2018

Om Betekenisvolle Verhoudings te Bou

Ons vermoë om vir ander om te gee word verhoog wanneer ons betekenisvolle verhoudings met hulle bou.

Die uitnodiging om ander te bedien is ʼn geleentheid om teergevoelige verhoudings met hulle te bou—die tipe verhouding wat hulle gemaklik sal maak om vir ons hulp te vra en dit te aanvaar. Wanneer ons die poging aangewend het om hierdie tipe verhouding te ontwikkel, dan kan God die lewens van diegene aan beide kante van die verhouding verander.

“Ek glo regtig dat daar geen betekenisvolle verandering sonder betekenisvolle verhoudings is nie,” het Sharon Eubank, Eerste Raadgewer in die Relief Society Verligtingsvereniging Algemene Presidensie, gesê. En vir ons dade van bediening om transformasioneel in die lewens van ander te wees, het sy gesê, moet hulle “gewortel word in die opregte begeerte om te genees, te luister en saam te werk en om te respekteer.”1

Betekenisvolle verhoudings is nie taktiek nie. Dit word gebou deur ontferming, opregte pogings, en “ongeveinsde liefde” (L&V 121:41).2

Maniere hoe om Verhoudings te Bou en te Versterk

“Ons bou verhoudings een persoon op ʼn slag,” het Ouderling Dieter F. Uchtdorf van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.3 Soos ons daarna streef om betekenisvolle verhoudings te bou met diegene wat ons bedien, kan die Heilige Gees ons lei. Die volgende voorstelle is gebaseer op ʼn patroon wat deur Ouderling Uchtdorf voorgestel is.4

  • Leer oor hulle.

    President Ezra Taft Benson (1899–1994) het geleer, “Jy kan nie goed dien wie jy nie goed ken nie.” Hy het voorgestel om die name van elke familielid te ken en om bewus te wees van belangrike gebeurtenisse soos verjaarsdae, seëninge, dope en huwelike. Dit bied die geleentheid om ʼn nota te skryf of ʼn oproep te maak om ʼn familielid geluk te wens met ʼn spesiale prestasie of vervulling.5

  • Spandeer tyd saam.

    ʼn Verhouding vat tyd om te ontwikkel. Kyk uit vir geleenthede om kontak te behou. Studies toon dat om vir mense te wys jy gee om noodsaaklik is vir gesonde verhoudings.6 Besoek dikwels diegene wat jy geroep is om te bedien. Praat met hulle by die kerk. Gebruik enige bykomende hulpmiddels wat sin maak,—soos e-pos, Facebook, Instagram, Twitter, Skype, telefoonoproepe of om ʼn kaartjie te stuur. Ouderling Richard G. Scott (1928–2015) van die Kworum van die Twaalf Apostels het gepraat oor die krag van eenvoudige en kreatiewe uitdrukkings van liefde en ondersteuning: “Ek sou dikwels my skrifte oopmaak…en dan sou ek ʼn liefdevolle, ondersteunende nota vind wat [my vrou] Jeanene in die bladsye gesit het. … Daardie kosbare notas…bly ʼn waardevolle skat van troos en inspirasie.”7

    Onthou ook dat ʼn verhouding twee behels. Jy kan liefde en vriendskap aanbied, maar die verhouding sal nie groei, tensy die aanbod aanvaar en teruggestuur word nie. As die ander individueel ongevoelig optree, moenie die verhouding dwing nie. Gee hom of haar tyd om U opregte pogings te sien, en indien nodig, raadpleeg U leiers oor of ʼn sinvolle verhouding nog steeds ʼn moontlikheid is of nie.

  • Kommunikeer met teergevoeligheid.

    Om betekenisvolle verhoudings te bou, moet ons verder as die oppervlakkige gaan. Oppervlakkige kommunikasie is vol klein geselsies oor skedules, die weer, en ander klein probleme, maar dit sluit nie die gevoelens, oortuigings, doelwitte en bekommernisse in wat noodsaaklik is om meer betekenisvolle verbindings te maak nie. Hemelse Vader het hierdie meer sinvolle kommunikasie gemodelleer deur Sy gevoelens en planne met Sy Seun te deel (sien Johannes 5:20) en met ons deur Sy profete (sien Amos 3:7). Deur die daaglikse gebeure en die uitdagings van die lewe met mekaar te deel soos ons deur die Gees gelei word, ontwikkel ons waardering vir mekaar, soos ons gemeenskaplike belange en gedeelde ervarings vind.

    Om te luister is ʼn kritiese deel wat kommunikeer dat jy omgee.8 Wanneer jy noukeurig luister, sal jou geleentheid om andere te help om na Christus te kom toeneem, soos jy begrip en insig in hul behoeftes kry en soos hulle liefde, verstandhouding en veiligheid voel.

  • Waardeer verskille sowel as gemeenskaplikhede.

    “Sommiges… glo dat die Kerk elke lid van ʼn enkele vorm wil skep—dat elkeen moet lyk, voel, dink en optree soos die ander,” het Ouderling Uchtdorf gesê. “Dit sal die genie van God weerspreek, Wie elke man anders as sy broer geskape het. …

    “Die Kerk floreer wanneer ons voordeel trek uit hierdie diversiteit en mekaar bemoedig om ons talente te ontwikkel en te gebruik om ons mede-dissipels op te hef en te versterk.”9

    Om ander lief te hê soos God ons liefhet, vereis dat ons ander probeer sien soos God hulle sien. President Thomas S. Monson (1927-2018) het geleer “Ons moet die vermoë ontwikkel om [ander] te sien nie soos hulle tans is nie, maar soos hulle kan word.10 Ons kan bid vir hulp om ander te sien soos God hulle sien. Soos ons ander behandel op grond van hul potensiaal om te groei, sal hulle waarskynlik tot die geleentheid styg.11

  • Dien hulle.

    Wees sensitief vir die behoeftes van diegene wat jy bedien en wees bereid om van jou tyd en talente te gee, of dit nou nodig is of net omdat jy omgee. Jy kan daar wees om troos, ondersteuning en die nodige hulp te verleen wanneer daar ʼn noodgeval, siekte of dringende situasie is. Maar in te veel verhoudings is ons reaktief. God het vir ons keusevryheid gegee sodat ons kan optree eerder as om teenoor opgetree te word (sien 2 Nefi 2:14). Net soos die Apostel Johannes geleer het dat ons God liefhet omdat Hy ons eerste liefgehad het (sien 1 Johannes 4:19), wanneer ander ons ware liefde deur ons dade sien, kan dit harte versag en liefde en vertroue vermeerder.12 Dit skep ʼn opwaartse spiraal van vriendelike dade wat verhoudings kan bou.

Bediening Soos die Verlosser Gedien Het

Jesus Christus het betekenisvolle verhoudings met Sy dissipels gebou (sien Johannes 11:5). Hy het hulle geken (sien Johannes 1:47–48). Hy het tyd saam met hulle spandeer (sien Lukas 24:13–31). Sy kommunikasie het verder as die oppervlakkige gegaan (sien Johannes 15:15). Hy het hulle verskille waardeer (sien Matthéü 9:10) en hulle potensiaal gesien (sien Johannes 17:23). Hy het almal bedien, alhoewel Hy Here van almal was, en gesê dat Hy nie gekom het om bedien te word nie, maar om te bedien (sien Markus 10:42–45 ).

Wat sal jy doen om sterker verhoudings te bou met diegene wat jy geroep is om te dien?

Notas

  1. Sharon Eubank, in “Humanitarian Acts Must Be Rooted in Relationship, Sharon Eubank Says,” mormonnewsroom.org

  2. Sien “Beginsels van Bediening: Reik Uit in Ontferming,” Liahona, Julie 2018, 6–9.

  3. Dieter F. Uchtdorf, “Of Things That Matter Most,” Liahona, Nov. 2010, 22.

  4. Sien Dieter F. Uchtdorf, “Of Things That Matter Most,” 22.

  5. Sien Ezra Taft Benson, “To the Home Teachers of the Church,” Ensign, Mei 1987, 50.

  6. Sien Charles A. Wilkinson en Lauren H. Grill, “Expressing Affection: A Vocabulary of Loving Messages,” in Making Connections: Readings in Relational Communication, ed. Kathleen M. Galvin, 5th ed.(2011), 164–73.

  7. Richard G. Scott, “The Eternal Blessings of Marriage,” Liahona, Mei 2011, 96.

  8. Sien “Beginsels van Bediening: Vyf Dinge wat Goeie Luisteraars Doen ,”Liahona, Junie 2018, 6–9.

  9. Dieter F. Uchtdorf, “Four Titles,” Liahona,Mei 2013, 59.

  10. Thomas S. Monson, “See Others as They May Become,” Liahona, Nov. 2012, 69.

  11. Sien Terence R. Mitchell en Denise Daniels, “Motivation,” in Handbook of Psychology, vol. 12, ed. Walter C. Borman en andere, 229.

  12. Sien Edward J. Lawler, Rebecca Ford, en Michael D. Large, “Unilateral Initiatives as a Conflict Resolution Strategy,” Social Psychology Quarterly, vol. 62, no. 3 (Sept. 1999), 240–56.