2018
Beraadslaging oor Hulle Behoeftes
September 2018


Beeld
ministering

Beginsels van Bediening, September 2018

Beraadslaging oor Hulle Behoeftes

Jy hoef dit nie alleen te doen nie. Berading kan die hulp voorsien wat jy nodig het om ander te help.

God het jou genooi om ʼn individu of familie in jou wyk of tak volgens hulle behoeftes te dien. Hoe vind jy uit wat daardie behoeftes is? Die beginsel van berading, wat so ʼn fokus in die Kerk geword het, is noodsaaklik.

Nadat ons bespreek het wat ons kan oorweeg om oor te beraadslaag, sal ons verken:

  1. Beraadslaging met Hemelse Vader.

  2. Berading met die toegewysde individu en familie.

  3. Beraadslaging met ons metgesel.

  4. En beraadslaging met ander wat aan dieselfde individu of familie toegewys is.

Beraadslaging met ons leiers is ook noodsaaklik. ʼn Toekomstige artikel oor die Beginsels van Bediening in die Liahona sal beraadslaging met leiers sowel as die rol van bedieningsonderhoude in daardie proses ondersoek.

Waaroor Ons Beraadslaag

Dit is noodsaaklik om behoeftes te verstaan om mekaar te dien. Maar watter vorms kan daardie behoeftes aanneem, en is daar iets meer as behoeftes waaroor ons moet uitvind?

Behoeftes kan in baie vorms voorkom. Diegene wat ons dien mag emosionele, finansiële, fisiese, opvoedkundige en nog meer uitdagings ondervind. Sommige behoeftes is ʼn hoër prioriteit as ander. Ons sal toegerus wees om met sommiges te help; ander mag vereis dat ons hulp moet inroep. In ons pogings om in tydelike behoeftes te voorsien, moet ons nie vergeet nie dat ons roeping om te dien, insluit om ander te help om op die verbondspad te vorder. Om voor te berei vir en om die priesterskap-ordinansies te ontvang is noodsaaklik vir verheffing.

Bykomend tot berading oor ʼn individu of familie se behoeftes, moet ons probeer om hulle sterk punte te leer ken. Waarmee het hulle nie hulp nodig nie? Watter vermoëns en talente het hulle wat ander kan seën? Hoe is hulle uniek geskik om te help om die koninkryk van God te bou? Dit kan net so belangrik wees om ʼn individu se sterk punte te verstaan as sy of haar behoeftes.

Beraadslaging met Hemelse Vader

Een van die hoofbeginsels van ons geloof is dat Hemelse Vader met sy kinders praat (sien Artikels van Geloof 1:9). Wanneer ons ʼn nuwe opdrag kry om iemand te dien, moet ons met Hemelse Vader in gebed beraadslaag om insig en begrip vir hulle behoeftes en sterk punte te kry. Daardie proses van berading deur gebed moet dwarsdeur ons bedieningsopdrag voortduur.

Berading met Individue en Families

Hoe en wanneer ons die individue en families wat ons geroep is om te dien, nader, mag verskil afhangend van die omstandighede, maar direkte berading met die individu of familie is noodsaaklik om verhoudings te bou en hulle behoeftes te verstaan, insluitend hoe hulle gehelp wil word. Sommige vrae sal dalk moet wag totdat ʼn betekenisvolle verhouding ontwikkel het. Terwyl daar nie een regte manier is om dit te doen nie, oorweeg die volgende:

  • Vind uit hoe en wanneer hulle verkies om gekontak te word.

  • Leer oor hulle belangstellings en agtergrond.

  • Kom met voorstelle oor hoe jy kan help, en vra hulle vir húlle voorstelle.

Wanneer ons vertroue gebou het, oorweeg dit om individuele of familie-behoeftes te bespreek. Vra vrae soos deur die Heilige Gees gelei.1 Byvoorbeeld:

  • Wat is die uitdagings wat hulle ondervind?

  • Wat is hulle familie of individuele doelstellings? Byvoorbeeld, wil hulle beter wees met gereelde familie-tuisaand hou, of meer self-onderhoudend wees?

  • Hoe kan ons hulle help met hulle doelstellings en uitdagings?

  • Watter evangeliese ordinansies wag vorentoe in hulle lewens? Hoe kan ons help om voor te berei?

Onthou om spesifieke hulp aan te bied, soos byvoorbeeld: “Watter aand hierdie week kan ons vir julle ʼn ete bring?” ʼn Vae aanbod soos: “Laat ons weet as daar enigiets is wat ons kan doen,” is nie baie behulpsaam nie.

Beraadslaging met Ons Metgesel

Omdat jy en jou metgesel nie altyd saam sal wees as jy met die individu of familie te doen het nie, is dit belangrik om te koördineer en te beraadslaag soos julle inspirasie as ʼn metgeselskap soek. Hier is ʼn paar vrae om te oorweeg:

  • Hoe en hoe dikwels sal julle met mekaar as ʼn metgeselskap kommunikeer?

  • Hoe kan julle elkeen jul individuele sterk punte gebruik om die familie of individuele behoeftes te dien?

  • Wat het julle geleer, watter ondervindings het julle gehad, en watter prikkelings het julle ontvang sedert julle laas gesels het oor die individu of familie?

Berading met Ander wat Toegewys is

Dit kan goed wees om van tyd tot tyd met ander te praat wat toegewys is om dieselfde individu of familie as jy te dien.

Kommunikeer om uitdagings op te los

Ouderling Chi Hong (Sam) Wong van die Sewentigs pas ʼn storie uit Markus 2 toe op ons dag om te illustreer hoe berading dit moontlik gemaak het vir vier persone om uit te werk hoe om ʼn man wat serebraal gestrem is in Jesus se teenwoordigheid te kry.

“Dit kon só gebeur het,” het Ouderling Wong gesê. “Vier mense het ʼn opdrag van hulle biskop uitgevoer om ʼn man wat gestrem is by sy huis te besoek. … In die mees onlangse wyksraadvergadering, nadat hulle beraadslaag het oor die behoeftes in die wyk, het die biskop ‘reddende’ opdragte gegee. Hierdie vier is opdrag gegee om hierdie man te help. …

[“Toe hulle by die gebou aankom waar Jesus was,] was die kamer oorvol. Hulle kon nie by die deur inkom nie. Ek is seker hulle het alles probeer waaraan hulle kon dink, maar hulle kon net nie deurkom nie. … Hulle het beraadslaag oor wat om volgende te doen—hoe hulle hierdie man na Jesus kon neem om genees te word. … Hulle het met ʼn plan vorendag gekom—nie ʼn maklike een nie, maar hulle het daarop gereageer.

Hulle het “… ‘die dak waar Hy was oopgemaak, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak’ (Markus 2:4). …

“… ‘En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!’ (Markus 2:5)”2

Uitnodiging om te Handel

Ouderling Dieter F. Uchtdorf van die Kworum van die Twaalf Apostels het aangemoedig: “Beraadslaag saam, gebruik al die beskikbare hulpmiddels, soek die inspirasie van die Heilige Gees, vra die Here vir sy bevestiging, en rol dan julle moue op en begin werk.

“Ek gee julle ʼn belofte: as julle hierdie patroon volg, sal julle spesifieke leiding ontvang met betrekking tot die wie, wat, wanneer, en waar van voorsiening op die Here se manier.”3

Notas

  1. Sien Preach My Gospel: A Guide to Missionary Service (2004), 183.

  2. Chi Hong (Sam) Wong, “Rescue in Unity,” Liahona, Nov. 2014, 14–15.

  3. Dieter F. Uchtdorf, “Providing in the Lord’s Way,” Liahona, Nov. 2011, 55.