2018
Kry Hulp om Andere te Help
Oktober 2018


Beeld
ministering

Beginsels van Bediening, Oktober 2018

Kry Hulp om Andere te Help

Hoe betrek ons andere wanneer ons hulp nodig het met ons werk van bediening? Neem deel aan die bedieningsonderhoude en eerste-Sondag beraadslagingsvergaderings.

Toe Kathy, as gevolg van haar veelvuldige sklerose tot ʼn rolstoel beperk is, het sy gevind dat sy elke aand hulp nodig het om van haar rolstoel tot in haar bed te kom. Die taak was te veel vir net een lid. Die ouderlingskworum het saam beraadslag oor haar situasie en besluit om ʼn rooster op te stel om haar elke aand te help.1

Soos ons die behoeftes en sterk punte van diegene wat ons dien leer ken, mag ons vind dat ons hulp nodig het om hulle behoeftes aan te spreek. Bedieningsonderhoude en eerste-Sondag beraadslagings-vergaderings is twee geleenthede waartydens ons kan bespreek hoe om op ʼn geskikte manier andere te betrek.

Bedieningsonderhoude

Hierdie kwartaallikse onderhoude tussen bedieningsusters en die Verligtingsvereniging-presidensie of bedieningsbroers en die ouderlingskworum-presidensie, is die enigste formele verslag wat ons gee in verband met diegene wat ons bedien. Dié onderhoud is ʼn geleentheid om ten minste een maal per kwartaal (1) te beraadslag oor die sterktes, behoeftes of uitdagings van die families en individue wat aan ons toegewys is; (2) te bepaal met watter behoeftes die kworum, Verligtingsvereniging of wyksraad kan help; en (3) van leiers te leer en aangemoedig te word in ons bedieningswerk.

Die ouderlingskworum-president en Verligtingsvereniging-president sal belangrike behoeftes direk aan die biskop oordra en sal direk van hom raad en leiding ontvang.

Jy kan meer inligting omtrent bedieningsonderhoude vind by ministering.lds.org.

Maak Bedieningsonderhoude Betekenisvol

Ter ondersteuning van President Russel M. Nelson se verklaring dat die bedieningsprogram die spilpunt sal wees waarop die koers van die Kerk sal swaai, het Ouderling Gary E. Stevenson van die Kworum van die Twaalf Apostels geleer: “Die Uitkoms van sy visie … mag afhang van hoe goed bedieningsbroers en -susters geleer en betrek word gedurende die bedieningsonderhoud.”2

Vyf wenke vir bedieningsbroers en -susters:

  • Gaan na die onderhoud om raad te ontvang. Wees gereed om te leer.

  • Wees voorbereid om behoeftes waarmee jy mag hulp nodig hê, te bespreek.

  • Fokus op die individue se sterk punte en vermoëns, nie net op hulle behoeftes nie.

  • Beraadslag oor die uitkoms, wat sou beteken dat julle bediening suksesvol was.

  • Kontak die presidensie om te beraadslag, indien nodig, tussen kwartaallikse onderhoude.

Vyf wenke vir leiers:

  • Onderhoude het nie nodig om baie lank te wees nie, maar skeduleer genoeg tyd om in ‘ʼn gepaste plek ʼn betekenisvolle bespreking te hou.

  • Neem die tyd om die bedieningsbroer of -suster te dien.

  • Moenie vrae vra wat die indruk skep dat jy net besoeke of ʼn kontak afmerk nie (“Het jy jou bediening gedoen?”). Vra vrae wat die begeerde gedrag sal versterk (“Watter prikkelings het jy gevoel, soos wat jy vir die familie gebid het? Wat het gebeur toe jy op hierdie prikkelings gereageer het?”).

  • Luister opreg en maak notas.

  • Beraadslaag saam. Bedieningsmetgeselle is geregtig op openbaring vir diegene wat aan hulle toegewys is.

Vrae en Antwoorde in vir band met Bedieningsonderhoude

Wat is ʼn bedieningsonderhoud?

Dit is ʼn bespreking tussen bedieningsbroers en ʼn lid van die ouderlingskworum-presidensie of tussen bedieningsusters en ʼn lid van die Verligtingsvereniging-presidensie, in ʼn plek wat hulle sal toelaat om inspirasie van die Heilige Gees te soek en te ontvang. As gevolg hiervan, kan bedieningsbroers en -susters gelei word om te waak, lief te hê en te leer en om te vertroos op die Saligmaker se manier.

Moet hierdie kwartaallikse onderhoude in persoon wees?

Hulle word tipies persoonlik gedoen, maar hulle kan per foon of aanlyn gehou word, wanneer ʼn gesig-tot-gesig onderhoud nie prakties is nie. Oor die algemeen neem albei metgeselle deel aan die onderhoud wanneer dit gepas is.

Wat is die doel van ʼn bedieningsonderhoud?

Bedieningsonderhoude is ʼn geleentheid vir bedieningsbroers en -susters om huidige omstandighede te hersien en om toekomstige planne te maak en om die nodige hulp te kry om die individue en families wat aan hulle toegewys is, te dien. Dit is ʼn geleentheid om die hulpbronne te bespreek wat die kworum en Verligtingsvereniging kan voorsien.

Hoe hanteer ek vertroulike of sensitiewe sake?

Bedieningsbroers en -susters deel vertroulike inligting slegs met die ouderlingskworum of Verligtingsvereniging-president—of direk met die biskop. Vertroulike of sensitiewe inligting moet nie in die eerste-Sondag beraadslagingsvergadering bespreek word nie.

Eerste-Sondag Beraadslagingsvergadering

Buiten bedieningsonderhoude is eerste-Sondag beraadslagingsvergaderings nog ʼn manier om ander by bediening betrokke te kry. In Verligtingsverenigings-vergaderings en ouderlingskworum-vergaderings kan inspirasie kom na diegene wat bywoon, deur die Heilige Gees en deur andere in die groep.

Die doel van ʼn beraadslagingsvergadering is om:

  • “Saam te beraadslag oor plaaslike verantwoordelikhede, geleenthede en uitdagings;

  • “Van mekaar se insigte en ondervindings te leer; en

  • “Beplan hoe om op hierdie indrukke van die Gees te reageer.”3

Beraadslagingsvergaderings is meer as net besprekings: die vergadering lei ons om te reageer as individue of as ʼn groep, soos deur die Gees gelei. Lede kan ʼn begeerte voel om die Here se werk te doen as ʼn gevolg van hierdie vergaderings.

Uitnodiging om te Handel

Ouderling Jeffrey R. Holland van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “Ons gebed vandag is dat elke man en vrou—en ons ouer jong manne en jong dames—meer doelgerig sal wees om opreg vanuit die hart vir mekaar om te gee, gemotiveer slegs deur die suiwere liefde van Christus, om so te doen.”4

Notas

  • Sien Mormon Messages video “Lift,” lds.org/media-library.

  • Gary E. Stevenson, in “Ministering Interviews” (video), ministering,lds.org.

  • Come, Follow Me—For Melchizedek Priesthood and Relief Society, in Ensign of Liahona, Nov. 2017, 140; ook beskikbaar by comefollowme.lds.org.

  • Jeffrey R. Holland, “Be With and Strengthen Them,” Ensign of Liahona, Mei 2018, 103.