2018
Kommunikeer Dat Jy Omgee
Beginsels van Bediening, Desember 2018


Beeld
ministering

Beginsels van Bediening, Desember 2018

Kommunikeer Dat Jy Omgee

Daar is so baie maniere waarop ons kan wys dat ons omgee, veral gedurende Kêrsfeestyd. Ons kan dit sê, ʼn teks stuur, dit skryf, dit gee, dit deel, daaroor bid, dit bak, dit sing, ʼn drukkie gee, dit speel, dit plant of dit skoonmaak. Probeer dit net.

Om liefde aan andere te wys is in die hart van bediening. Die Vroue Vereniging se Algemene Generale President Jean B. Bingham het gesê: “Ware bediening word een vir een bereik met liefde as motivering… Met liefde as die motivering, sal wonderwerke plaasvind, en ons sal maniere vind oor hoe om ons ՙvermiste՚ susters en broers in die allesomvattende omhelsing van die evangelie van Jesus Christus in te bring.”1

Om andere te laat weet dat ons omgee, is ʼn noodsaaklike element in die ontwikkeling van hoe om persoonlike verhoudings te bou. Maar verskillende mense ontvang die boodskap op verskillende maniere. So, hoe kan ons liefde vir andere uitdruk op maniere wat hulle sal verstaan en waardeer? Hier is ʼn paar maniere om te kommunikeer dat ons omgee, saam met ʼn paar ideës om U eie denke te begin.

Sê dit

Soms is daar geen ander plaasvervanger as om te sê hoe jy oor iemand voel nie. Alhoewel dit kan beteken om vir iemand te sê dat jy hulle liefhet, dit sluit ook in om te deel wat jy oor hulle bewonder of om vir hulle opreg te komplimenteer. Hierdie soort bevestiging help om verhoudings te versterk. (Sien Efésiёrs 4:29 .)

  • Vind ʼn geleentheid om vir die individu te laat weet hoeveel jy een van sy of haar sterkpunte bewonder

  • Besoek hulle, skakel, of stuur ʼn e-pos, teks of kaartjie wat die individu laat weet dat jy aan hulle dink.

Besoek

Om die tyd te neem om met iemand te praat en te luister, is ʼn kragtige manier om te wys hoeveel jy hom of haar waardeer. Of jy nou by die huis, by die kerk of elders besoek, daar is baie mense wat iemand nodig het waarmee hulle kan praat. Sien Mosia 4:26; L&V 20:47.)

  • Volgens die individu se behoeftes, skeduleer ʼn besoek. Neem tyd om regtig te luister en om sy of haar omstandighede te verstaan.

  • Waar dit moeilik mag wees om huise te besoek weens afstand, kulturele norme of ander omstandighede, oorweeg dit om tyd te vind om na kerkvergaderings saam te spandeer.

Dien met ʼn Doel

Wees bewus van wat die individu of familie nodig het. Om betekenisvolle diens te lewer kommunikeer dat jy omgee. Dit kombineer die waardevolle gawes van tyd en aandagtige moeite. “Eenvoudige dade van diens kan ʼn groot invloed op andere hê,” het Suster Bingham gesê.2

  • Bied diens wat individue of hul gesinne versterk, soos om na die kinders te kyk sodat ouers tempel toe kan gaan.

  • Kyk uit vir maniere waarop laste verlig kan word, wanneer die lewe oorweldigend raak, soos die skoonmaak van vensters, om die hond vir ʼn stappie te neem of om in die tuin te help.

Doen Dinge Saam

Daar is individue wat nie deur diep gesprekke aansluiting vind nie. Vir sommige mense word verhoudings gevestig deur gemeenskaplike belange te vind, en om tyd saam te spandeer om daardie dinge te doen. Die Here het aangedring dat ons moet “wees by en versterk” (L&V 20:53)ons broers en susters.

  • Gaan vir ʼn stappie, beplan ʼn speletjies aand, of skeduleer ʼn gereelde tyd om saam te oefen.

  • Dien saam in ʼn gemeenskap of Kerk projek.

Gee ʼn Geskenk

Soms is tyd of geleenthede vir interaksie beperk. In baie kulture, is om geskenke te gee ʼn simbool van omgee en empatie. Selfs een, eenvoudige geskenk kan jou belangstelling kommunikeer, om ʼn beter verhouding te bou. (Sien Spreuke 21:14.)

  • Neem vir hulle ʼn gunsteling lekkerny.

  • Deel ʼn aanhaling, skrifgedeelte, of ander boodskap waarby jy voel dat hulle sal baat vind.

ʼn Arbeid van Liefde

Soos jy diegene leer ken wie jy bedien en vir wie jy inspirasie soek, sal jy meer spesifiek leer hoe om jou liefde en sorg aan hulle te kommunikeer opʼn individuele manier.

Kimberly Seyboldt van Oregon, VSA, vertel die storie van hoe om inspirasie te soek en hoe om geskenkies te gee om liefde te wys:

“As ek vind dat die lewe my onderkry, staan ek op, en maak zucchini brood, gewoonlik omtrent agt brode. My besondere bestanddeel is die stille gebed wat ek aanbied om te weet wie die brode nodig het. Ek kon my omliggende bure beter leer ken, want die warm zucchini brood is my uitnodiging in hul huise en lewens.

“Een warm somersdag het ek langs ʼn gesin opgetrek wat besig was om bakkies swartbessies langs die pad te verkoop. Ek het nie meer swartbessies nodig gehad nie, maar die jong, dun seun by die staanplek was opgewonde om my te sien, hy het gedink dat ek sy volgende kliënt sou wees. Ek het ʼn paar swartbessies gekoop, maar ek het ook ʼn geskenk vir hom gehad. Ek het die seun twee brode gegee. Hy het na sy pa gekyk vir goedkeuring en gesê: ՙKyk, Pa, nou het ons vandag iets om te eet.՚ Ek was gevul met dankbaarheid vir hierdie geleentheid om liefde op ʼn eenvoudige manier te wys. ”

Ouderling Jeffrey R. Holland van die Kworum van die Twaalf Apostels het gepleit“ dat elke man en vrou — en ons ouer jong manne en jong dames — meer doelgerig sal [wees] … om opreg vanuit die hart vir mekaar om te gee, gemotiveer slegs deur die suiwere liefde van Christus, om so te doen. … Mag ons langs mekaar met die Here van die wingerd werk en die God en Vader van ons almal ʼn hulpende hand gee met Sy verbysterende taak om gebede te beantwoord, troos te gee, en swak knieë te versterk.”3

Jesus Christus Gee Om

Nadat Jesus Lasarus uit die dood opgewek het, “het Jesus gehuil.

“Toe sê die Jode: Kyk, hoe het Hy hom liefgehad!” (Johannes 11:35 -36).

“Ek het medelye teenoor jou,” het Christus aan die Nefiete gesê. Toe roep Hy hulle siekes en verdruktes, hulle kreupeles en blindes, en “hy het hulle genees” (sien 3 Nefi 17: 7-9 ).

Die Verlosser het die voorbeeld vir ons gestel soos Hy vir ander omgegee het. Hy het ons geleer:

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

“Dit is die eerste en groot gebod.

“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Mattheus 22: 37-39 ).

Wie benodig jou sorg? Hoe kan jy vir hulle wys dat jy omgee?

Notas

  1. Jean B. Bingham, “Ministering as the Savior Does,” Liahona, Mei 2018, 106.

  2. Jean B. Bingham, “Ministering as the Savior Does,” 104.

  3. Jeffrey R. Holland, “Be With and Strengthen Them,” Liahona, Mei 2018, 103.