2019
Hoe die Gees Jou Kan (en Sal) Help om te Dien
September 2019


Beginsels van Bediening, September 2019

Hoe die Gees Jou Kan (en Sal) Help om te Dien

Die priesterskapopdrag om te dien, gegee aan beide mans en vroue, sluit die reg in om openbaring te ontvang.

Beeld
ministering

Illustrasies van Getty Images

Die roeping om te dien en lief te hê soos die Saligmaker gedoen het, kan soms soos ʼn uitdaging voel—veral wanneer dit beteken dat ons na diegene moet uitreik wat ons nie baie goed ken nie. Met ʼn miljoen maniere om te dien, wonder ons hoe ons kan weet wat die beste maniere mag wees om uit te reik na diegene wat aan ons toegewys is.

Ons hoef nie lank te wonder nie, omdat ons opregte pogings deur die Heilige Gees gelei kan word.

Suster Bonnie H. Cordon, Jongdames Algemene President het gesê: “Jou heilige bedieningsopdrag gee jou die goddelike reg tot inspirasie.” “Jy kan daardie inspirasie met vertroue soek.”1

Wanneer ons streef om te dien soos die Saligmaker gedien het, kan ons gelei word deur dieselfde Gees wat Hom gelei het. Dit is veral waar wanneer ons in opdragte dien, soos bediening, gedoen onder die gesag van die biskop se priesterskapsleutels. Hier is ses voorstelle vir bediening met die Gees.

Hoe Kan Ek die Gees met My Hê In My Bediening?

  • Vra om Leiding. Hemelse Vader wil hê dat ons met Hom moet kommunikeer deur gebed. Gebed laat ons nie net toe om nader aan Hom te kom nie, maar dit verseker ook “seëninge wat God alreeds bereid is om te skenk, maar dit is op voorwaarde dat ons daarvoor vra.”2 Suster Cordon het gesê: “Soos ons bid en soek om hulle harte te verstaan, getuig ek dat Hemelse Vader ons sal lei en dat sy Gees met ons sal wees.”3

  • Moenie Wag vir ʼn Influistering nie. Wees pro-aktief. Wees “gretig betrokke” (Leer en Verbonde 58:27), en jy sal vind dat jou pogings gelei en vergroot kan word. President Dallin H. Oaks, Eerste Raadgewer in die Eerste Presidensie het gesê: “Om voort te gaan met ons diens en werk is ʼn belangrike manier om te kwalifiseer vir openbaring.” “In my studie van die skrifture het ek opgemerk dat meeste openbaring vir die kinders van God kom wanneer hulle aan die beweeg is, nie wanneer hulle terugsit in hul huise en wag vir die Here om vir hulle te sê wat die eerste stap is wat hulle moet doen nie.4

Hoe Herken Ek Influisterings om te Dien?

  • Neem Mormon se Advies. Ons hoef nie rond te hang en wonder of ʼn gedagte ʼn influistering was of nie. Nie wanneer ons Mormon se maklike sleutel het om te weet nie: Indien jy ʼn gedagte het wat jou oorreed om goeie dinge te doen en om te glo of om ander te help om in Christus te glo, kan jy weet dat dit van God af kom (sien Moroni 7:16).

  • Moenie Daaroor Bekommerd Wees nie. “Spring net in die swembad en swem,” het Ouderling Jeffrey R. Holland van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê. “Gaan na diegene in nood. Moenie stilstaan en wonder of jy die rugslag moet doen of soos ʼn hondjie moet swem nie. Indien ons die basiese beginsels volg wat geleer is, bly in lyn met priesterskapsleutels, en die Heilige Gees soek om ons te lei, kan ons nie faal nie.”5

Wat is die Beste Manier om ʼn Influistering te Volg?

  • Onmiddellik. Suster Susan Bednar (vrou van Ouderling David A. Bednar van die Kworum van die Twaalf Apostels) is ʼn goeie voorbeeld van influisterings volg. Nadat sy gebid het “vir die geestelike oë om diegene in nood te sien,” kyk sy rond in die gemeente en sal dikwels ʼn geestelike aansporing voel om iemand te besoek of om ʼn oproep te maak na ʼn spesifieke persoon,” het Ouderling Bednar gedeel. “En wanneer Suster Bednar so ʼn indruk kry, reageer en gehoorsaam sy onmiddellik. Dit is dikwels die geval dat sodra die ‘amen’ gesê is in die slotgebed, sy met ʼn tiener sal praat of ʼn suster ʼn drukkie sal gee, of onmiddellik die foon sal optel en ʼn oproep maak wanneer ons by die huis kom.”6

  • Moedig. Vrees vir verwerping en gevoelens van skaamheid, ontoereikendheid, of om ʼn ongerief te wees, kan ons verhinder om op ʼn influistering om te dien, te volg. “Op verskeie tye en maniere, voel ons almal ontoereikend, onseker, dalk onwaardig,” het Ouderling Gerrit W. Gong van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê. “Nogtans, in ons getroue pogings om God lief te hê en ons naaste te dien, mag ons God se liefde en die nodige inspirasie vir hulle en ons lewens in nuwe en heiliger maniere aanvoel.”7

    Een broer het gedeel hoe hy huiwerig was om uit te reik na die man van ʼn vrou wat selfmoord probeer pleeg het. Maar hy het uiteindelik die man vir middagete genooi. “Toe ek sê: ‘Jou vrou het probeer selfmoord pleeg. Dit moet oorweldigend vir jou wees. Wil jy daaroor praat?’ het hy openlik gehuil,” het hy gedeel. “Ons het ʼn tere en intieme gesprek gehad en ʼn besonderse band en vertroue binne minute ontwikkel.”8

Notas

  1. Bonnie H. Cordon, “Becoming a Shepherd,” Liahona, Nov. 2018, 76.

  2. Bible Dictionary, “Prayer.”

  3. Bonnie H. Cordon, “Becoming a Shepherd,” 76.

  4. Dallin H. Oaks, “In His Own Time, in His Own Way,” Liahona, Aug. 2013, 24

  5. Jeffrey R. Holland, “The Ministry of Reconciliation,” Liahona, Nov. 2018, 77.

  6. David A. Bednar, “Quick to Observe,” Liahona, Des. 2006, 17.

  7. Gerrit W. Gong, “Our Campfire of Faith,” Liahona, Nov. 2018, 42.

  8. Sien Bonnie H. Cordon, “Becoming a Shepherd,” 76.