2020
Versameling van Israel deur Bediening
Januarie 2020


Beeld
ministering

Beginsels van Bediening, Januarie 2020

Versameling van Israel deur Bediening

Bediening is ʼn geleentheid om die profeet se raad oor die versameling van Israel te volg.

President Russel M. Nelson het ons genooi om te help om Israel te versamel—”die belangrikste ding wat vandag op aarde plaasvind.”1

Vir diegene wat deel wil wees van hierdie werk om Israel te versamel, kan bediening ʼn wonderlike geleentheid wees. Dit is ʼn geïnspireerde manier om mense se lewens te verander. Of ons nou minder aktiewe lidmate dien of hulle nooi om ons te help terwyl ons diegene buite ons geloof dien, skep bediening geleenthede om Israel te versamel.

Redding van Terugkerende Lidmate

“Met liefde as die motivering, sal wonderwerke plaasvind, en ons sal maniere vind hoe om ons vermiste susters en broers in die allesomvattende omhelsing van die evangelie van Jesus Christus in te bring.” —Jean B. Bingham2

“Ek was minstens ses jaar onaktief toe ek en my man na ʼn nuwe dorp verhuis het. My nuwe Verligtingsvereniging-president het my besoek, en gevra of sy ʼn suster kon stuur om my te besoek. Met ʼn bietjie senuweeagtigheid, het ek ingestem. Die suster het my elke maand besoek, ondanks haar allergie vir honde—en ek het ʼn baie liefdevolle hond! Haar bediening het twee jaar voortgeduur, en dit het ʼn geweldige impak op my gehad.

“Alhoewel haar besoeke gewoonlik net sosiaal was, het sy my soms vrae gevra wat na geestelike gesprekke gelei het. Dit het my bietjie ongemaklik laat voel, maar dit het my aangespoor om te besluit of ek in die evangelie wil voortgaan en of ek wil bly waar ek is. Hierdie besluit was ʼn stryd vir my, maar ek het besluit om met die suster sendelinge te ontmoet.

“Die dag toe ek die eerste keer in ses jaar die nagmaaldiens gaan bywoon het, was ek bang om binne te gaan. Toe ek die kerk binnestap wag my bediening-suster vir my, en sy stap toe saam met my in die kapel in. Agterna het sy saam met my terug na my kar gestap, en gevra wat sy kan doen om my te help om nader aan die Saligmaker te kom.

“My bediening-suster se tyd en liefde het my gehelp terugkeer na aktiwiteit, en ek beskou haar pogings as een van die grootste geskenke wat ek ooit ontvang het. Ek is so dankbaar dat sy daar by my sy was op my reis terug na die Saligmaker se Kerk.”

Naam weerhou, Brits-Columbia, Kanada

Beginsels om te oorweeg

“Het my elke maand besoek”

Hoe kan jy wys dat jy meer omgee vir diegene wat jy dien as vir ander dinge? (sien Leer en Verbonde 121:44).

“Vrae”

Om die regte vrae te stel, kan self-assessering uitlok. Onthou dat ons bediening ʼn doel het wat verder gaan as om sosiaal te wees.3

“Wag vir my”

Elkeen moet welkom voel (sien 3 Nefi 18:32).

“Daar by my sy op my reis terug”

Ons ondersteuning kan ʼn belangrike verskil maak aan diegene wat gestruikel het om na die Saligmaker terug te keer en genees te word (sien Hebreërs 12:12–13).

Bediening en Versameling

“Hoe dit ook al natuurlik en normaal vir jou lyk, deel met mense waarom Jesus Christus en sy Kerk vir jou belangrik is. …

“… Jou rol is om te deel wat in jou hart is en om ooreenkomstig jou oortuiginge te leef.” —Ouderling Dieter F. Uchtdorf4

Bediening en om die evangelie met ander te deel gaan hand aan hand. Hier is ʼn paar maniere waarop ons ons vriende en bure kan versamel terwyl ons dien—of dien terwyl ons ons vriende en bure bymekaar maak:

  • Dien saam. Soek geleenthede om vriende en bure te nooi om by jou aan te sluit om iemand se behoeftes te dien. Vra hulle om jou te help om ʼn maaltyd vir ʼn nuwe ma voor te berei, ʼn bejaarde buurman te besoek of om die huis skoon te maak van iemand wat siek is.

  • Leer saam. Oorweeg dit om ʼn vriend of buurman uit te nooi wat nie gereeld kerk bywoon nie om ʼn sendingles in hul huis aan te bied vir iemand wat met die sendelinge vergader. Of jou vriend kan jou ondersteun om ʼn les in jou huis óf aan te bied óf om saam jou te gaan vir ʼn les in iemand anders se huis.

  • Reik uit na ander wanneer jy ʼn behoefte sien. Bied aan om vervoer kerk toe te reël. Nooi kinders na jeug- of Primêre aktiwiteite. Op watter ander maniere kan jy dien en versamel?

  • Gebruik die hulpbronne wat die Kerk voorsien het. Die Kerk bied baie hulpbronne om lede te help om die evangelie te deel. Jy kan ook deur die “Sendeling” afdeling in die Gospel Library app snuffel en ComeUntoChrist.org besoek vir idees oor hoe om Israel in ons gemeenskappe te versamel.

Notas

  1. Russell M. Nelson, ““Hope of Israel” (worldwide youth devotional, June 3, 2018), HopeOfIsrael.ChurchofJesusChrist.org.

  2. Jean B. Bingham, “Ministering as the Savior Does,” Liahona, Mei 2018, 106.

  3. Sien “Beginsels van Bediening: Die Doel wat ons Bediening sal Verander,” Jan. 2019.

  4. Dieter F. Uchtdorf, “Missionary Work: Sharing What is in Your Heart,” Liahona, Mei 2019, 17.