2020
Bediening deur Familiegeskiedenis
Februarie 2020


Beginsels van Bediening, Februarie 2020

Bediening deur Familiegeskiedenis

Beeld
ministering

Illustrasie deur Joshua Dennis; agtergrondbeeld en foto van Getty Images

Om iemand met hulle familiegeskiedenis te help is ʼn kragtige manier om te dien. Wanneer jy ander aan hulle voorouers verbind deur familiestories en detail, vul jy gapings in hulle harte wat hulle soms nooit geweet het dat hulle dit het nie (sien Maleági 4:5–6).

Of dit nou ʼn lewenslange lid van die Kerk is of iemand wat nog nooit van die herstelde evangelie van Jesus Christus gehoor het nie, het al God se kinders ʼn verlange om te weet waar hulle vandaan kom.

Dit neem gewoonlik nie lank om ʼn diep en blywende indruk te laat nie, soos gedemonstreer deur die volgende stories.

Vind ʼn Familie teen 9,145 meter

Ek het onlangs op ʼn vlug huis toe myself langs Steve bevind wat gedeeltes van sy persoonlike storie met my gedeel het. Hy het hoërskool geslaag, by die VSA-weermag aangesluit as ʼn kommunikasie-spesialis toe hy 18 was, en kort daarna by die Wit Huis begin werk en kommunikasie-ondersteuning aan die President van die Verenigde State gegee. Tussen die ouderdom van 18 en 26 het hy twee VSA Presidente gedien. Sy stories was aangrypend!

“Steve,” het ek gesê: “jy moet hierdie stories neerskryf vir jou nageslag! Hulle moet hierdie stories eerstehands uit jou perspektief kry.” Hy het saamgestem.

Toe het die Gees my aangespoor om hom te vra wat hy omtrent sy voorsate weet. Steve het baie van sy moeder se kant geweet, insluitend ʼn storie oor hoe sy familie eenkeer aandete saam met Abraham Lincoln geëet het terwyl hy tydens die 1860 VSA presidensiële verkiesingsveldtogte deur die platteland gehou het.

Hy het egter baie min van sy vader se kant geweet. Hy wou regtig meer weet. Ek het my foon uitgehaal en die FamilySearch app. oopgemaak. “Steve, ons kan jou familie sommer nou vind!”

Ek het aangeteken op die aanboord Wi-Fi. Ek het my foon op die skinkbordtafel voor my neergesit sodat ons albei kon sien. Ons het deur FamilyTree gesoek. Binne minute het ons albei na sy oupagrootjie en oumagrootjie se huweliksertifikaat gestaar.

“Dis hulle!” het hy gesê. “Nou onthou ek haar van!”

Die gees van opgewondenheid was oor albei van ons uitgestort. Ons het vir die volgende 45 minute profiele geskep vir sy minder-bekende voorouers. Hy het my gevra om hom te belowe dat ons sou voortgaan om saam te soek in Colorado. Ons het kontak-inligting uitgeruil terwyl die vliegtuig geland het.

Hier was ons, op ʼn vlug 9,145 meter in die lug, met ʼn toestel wat kleiner is as my hand, en soek vir ʼn man en ʼn vrou wat 100 jaar gelede getroud is en wat verlore was vir hom en sy familie. Ongelooflik! Maar ons het hulle gevind. Families is verbind. Stories is onthou. Gevoelens van dankbaarheid is gevoel vir die tegnologie en die gereedskap. Dit was niks anders as ʼn wonderwerk nie.

Jonathan Petty, Colorado, VSA.

Omring deur Nuwe Familie

Maria was minder aktief vir meer as 20 jaar. ʼn Paar maande gelede het ons ʼn paar uur met haar in ons huis deurgebring, en haar familie deur sensus- en ander rekords nagevors. Op een stadium het sy in trane uitgeroep: “Ek het meer oor my familie in twee ure geleer as wat ek my hele lewe geweet het!”

Teen die einde van ons tyd saam, het ons haar voorgestel aan die “Relatives Around Me”-funksie van die FamilyTree app. Dit blyk toe dat ek en my man albei verlangs familie was van Maria. Sy het weer in trane uitgebars en gesê dat sy gedink het dat sy alleen was. Sy het nooit geweet dat sy familie in die area gehad het nie. ʼn Paar weke later het Maria met ons biskop vergader. Sy berei nou voor vir die tempel, en sy het baie “nuwe” neefs en niggies in ons wyk ontmoet!

Carol Riner Everett, Noord-Carolina, VSA

Resep vir Bediening

Ashley, ʼn suster wat ek dien, en ek het albei resepteboeke van ons oumas. Hare is van haar oumagrootjie, en myne is ʼn boek wat ek saamgestel het toe ek my Ouma Greenwood se reseptehouer geërf het na sy oorlede is.

Ashley en ek het beide ʼn resep uit ons resepteboeke gekies, en ons het een aand na werk bymekaargekom om dit uit te toets. Sy het ʼn nagereg resep gekies, en ons het dit eerste gemaak en in die oond gesit. Ek het ʼn doopsous vir aartappelskyfies gekies—ʼn stapelvoedsel by elke Greenwood familie-partytjie. Ashley se dogter Alice het gehelp om die kos te proe. Toe, omdat Ashley nie wou hê dat haar kinders al die nagereg moes eet nie, het sy daarvan vir die susters wat sy dien geneem.

Die ding wat ek die meeste van ons resepte-aand gehou het is dat terwyl ons gekook en gebak het, het ons oor al die normale bedieningsonderwerpe gepraat—haar worstelings en myne. Maar ons het ook oor ons oumas en ma’s gepraat, wat vir ons albei teer was.

Jenifer Greenwood, Utah, VSA

Spesifieke Maniere om te Help

Familiegeskiedenis kan deure oopmaak vir bedieningsgeleenthede wanneer dit lyk asof niks anders sal nie. Hier is ʼn paar idees wat jy kan probeer.

  • Help hulle om oudio-opnames van familiegeskiedenis-stories op te neem en op te laai, veral dié wat by fotoʼs pas.

  • Skep ʼn “fan chart” of ander familiegeskiedenis-dokument wat gedruk kan word wat jy as ʼn geskenk kan gee.

  • Leer maniere waarop mense hulle eie geskiedenis kan vaslê deur ʼn joernaal by te hou op ʼn manier waarvan hulle hou. Oudio-joernaal? Foto-joernaal? Video logs? Daar is baie opsies vir diegene wat nie van standaard joernaalformate hou nie.

  • Gaan saam tempel toe om ordinansies vir voorouers te doen. Of bied aan om ordinansies vir hulle familiename te doen as hulle meer het as wat hulle kan hanteer.

  • Kom bymekaar om familietradisies te deel.

  • Neem saam ʼn familiegeskiedenisklas.