2020
Bediening deur Algemene Konferensie
April 2020


“Bediening deur Algemene Konferensie,” Liahona, April 2020

Beeld
bediening

Beginsels van Bediening, April 2020

Bediening deur Algemene Konferensie

Met al die opbouende aanhalings, familietradisies, en leringe van die Here se diensknegte, bied algemene konferensie ons baie maniere om te dien—voor, tydens, en ná algemene konferensie naweek!

As sendingvoorbereidingsklas-onderwysers, moedig Susie en Tom Mullen die lede in hulle klasse gereeld aan om iemand te nooi om algemene konferensie te kyk.

“Om iemand te nooi om iets te doen is ʼn integrale deel van sendingwerk, en dit is ook van toepassing op bediening,” sê sy. “Ons studente doen gereeld verslag oor hoe goed dit uitgewerk het vir hulle en ook die persoon wat hulle genooi het.”

Hier volg ʼn paar van die maniere waarop hulle studente gerapporteer het hoe hulle uitgereik het:

  • “Ons dien ʼn vriend wat met ʼn paar kwessies worstel. Ons het hom genooi om na algemene konferensie te luister vir antwoorde. Toe ons hom na konferensie besoek, het hy vir ons vertel dat hy so baie idees gehoor het wat sou help.”

  • “Ons het ʼn algemene konferensie partytjie gehou en elkeen het peuselhappies gebring om te deel. Dit was so baie pret dat ons besluit het om dit weer te doen.”

  • “Ek het ʼn vriend genooi om algemene konferensie saam met my te kyk. Toe ons daaroor praat, het ons besluit om na die kerk te gaan om te sien of ons dit daar kon kyk. Ons het, en dit was die beste ondervinding om daar te wees!”

Soos die Mullens en hulle studente geleer het, is daar baie maniere om te dien deur algemene konferensie. Dit is ʼn wonderlike manier om opbouende aanhalings, familietradisies, betekenisvolle besprekings, en die leringe van die Here se diensknegte te deel!

Nooi Ander om na Jou Huis te Kom

Die Saligmaker het sy volgelinge gemaan: ‘soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê’ (Johannes 13:34). Kom ons kyk dus hoe Hy ons liefgehad het. … As ons Hom ons rolmodel maak, moet ons altyd probeer om uit te reik om elkeen in te sluit.” —President Dallin H. Oaks1

Jare gelede het ons wonderlike huisbesoeker Mike opgelet dat my drie kinders en ek net ʼn klein skootrekenaartjie gehad het om algemene konferensie op te kyk. Hy het ons dadelik genooi om na sy huis te kom om saam met hom en sy vrou, Jackie, te kyk en aangedring dat hulle ons geselskap sou geniet. My kinders was opgewonde om konferensie op ʼn regte TV te kyk; ek het die ondersteuning geniet, en ons almal het ons tyd saam geniet.

Daarna was dit ʼn tradisie om algemene konferensie saam te kyk. Selfs toe ons ons eie TV gekry het, het ons nog steeds na Mike en Jackie se huis gegaan met ons kussings, notaboeke en peuselhappies vir algemene konferensie. Om die woorde van die profete saam te hoor het dit meer spesiaal gemaak. Ons het soos familie geword. Mike en Jackie het van my beste vriende geword en tweede grootouers vir my kinders. Hulle liefde en vriendskap was ʼn geweldige seëning vir my familie. Ek is so dankbaar vir hulle gewilligheid om hulle huis en harte vir ons oop te maak.

Suzanne Erd, Kalifornië, VSA

Beginsels om te Oorweeg

“Opgemerk”

Die Saligmaker het met liefde tyd deurgebring om die behoeftes van andere te sien en dan op daardie behoeftes te reageer (sien Matthéüs 9:35–36; Johannes 6:5; 19:26–27). Ons kan dieselfde doen.

“Onmiddellik uitgenooi”

Nadat ons die behoeftes opmerk van diegene wat ons dien, is die volgende stap om te handel.“Om die woorde van die profete te hoor”

Ons moet “dikwels bymekaar kom” (Moroni 6:5) om saam te leer, saam te groei, en oor die geestelike dinge te praat wat die meeste vir ons gees saakmaak.

“Come, listen to a prophet’s voice, and hear the word of God”2 kan een van die belangrikste uitnodigings wees wat ons kan uitreik na diegene wat ons dien.

“Liefde en vriendskap”

Om regtig te help en ander te beïnvloed, moet ons verhoudings met deernis en “ongeveinsde liefde” bou (sien Leer en Verbonde 121:41).

Deel op die Internet

“Sosiale media-kanale is globale werktuie wat persoonlik en positief kan impak maak op groot getalle individue en families. En ek glo die tyd het aangebreek vir ons as dissipels van Christus om hierdie geïnspireerde werktuie toepaslik en meer effektief te gebruik om te getuig van God die Ewige Vader, sy plan van geluk vir sy kinders, en sy Seun, Jesus Christus, as die Saligmaker van die wêreld.” —Ouderling David A. Bednar3

Die internet laat ons toe om die evangelie te deel met die hele wêreld. Ek hou daarvan! Ek deel ʼn paar aktiwiteite vir algemene konferensie, maar ek probeer meestal om ander te help om ʼn bespreking te skep oor algemene konferensie praatjies. Om vrae van ander te sien kan ons dikwels help om dinge in ʼn nuwe lig te sien en kan ʼn afspringplek wees vir ons eie groot besprekingsvrae.

Ek het gevind dat soos jy vrae gebruik om algemene konferensie praatjies te bespreek met jou bedieningsfamilies, help dit jou om hulle sterk punte sowel as hulle behoeftes te sien. Een van my geliefkoosde vrae om te vra is: Wat voel jy was ʼn tema van die mees onlangse sessie van algemene konferensie?

Die antwoord laat jou amper altyd sien wat in hulle lewens aangaan en wat belangrik is vir hulle. Dit laat jou toe om ʼn beter bedieningsbroer of -suster te word omdat jy hulle beter kan sien.

Camille Gillham, Colorado, VSA

Beginsels om te Oorweeg

“Deel die evangelie”

Ons het verbonde gesluit om te “staan as getuies van God te alle tye en in alle dinge en op alle plekke” (Mosia 18:9).

“Skep ʼn bespreking”

Algemene konferensie-boodskappe kan verstommende, toepaslike en geestelik-geleide gesprekke inspireer. En hierdie soort besprekings kan jou verhoudings versterk, help om jou getuienis te groei, en jou vreugde bring! (sien Leer en Verbonde 50:22).

“”Gebruik vrae”

Goeie vrae sal jou help om belangstellings, bekommernisse, of vrae wat andere mag hê, te verstaan. Hulle kan jou onderrig verbeter, die Gees nooi, en mense help om te leer.”4

Notas

  1. Dallin H. Oaks, “Love and the Law” (video), mormonandgay.ChurchofJesusChrist.org.

  2. “Come, Listen to a Prophet’s Voice,” Hymns, no. 21.

  3. David A. Bednar, “Flood the Earth through Social Media,” Liahona, Aug. 2015, 50.

  4. Preach My Gospel: A Guide to Missionary Service (2004), 185.