2020
Bediening deur Come, Follow Me
September 2020


“Bediening deur Come, Follow Me,” Liahona, September 2020

Beeld
bediening

Beginsels van Bediening, September 2020

Bediening deur Come, Follow Me

Hoe kan Come, Follow Me jou help om ʼn verskil in andere se lewens te maak?

Of jy met jou familie is, in ʼn Sondagskoolklaskamer as ʼn onderwyser of student, of by die skool, werk, of iewers anders, bied skriftuurstudie deur Come, Follow Me vele geleenthede om ander te dien. Onderrig is immers “meer as om ʼn bespreking op ʼn Sondag te lei; dit behels bediening met liefde en om andere met die evangelie te seën.”1

Vorm ʼn Band Met Studente

Toe Ofelia Trejo de Cárdenas geroep is om die jong volwassenes in haar Meksiko-stad tak te onderrig, het sy gevoel dat ʼn hegte verhouding met elkeen van haar Sondagskoolstudente haar vermoë om hulle te onderrig en te versterk sal verhoog.

“As ek nie ʼn hegte verhouding met my studente het en as hulle nie my liefde voel nie, sal hulle my nie glo wanneer ek ʼn klas onderrig of my getuienis lewer nie,” sê sy. “Hulle mag voel dat ek net ʼn Sondagskoolonderwyseres is.”

Maar hoe kon Suster Cárdenas so ʼn verhouding ontwikkel as sy net een keer elke twee weke onderrig het? Sy het die antwoord deur tegnologie gevind. Deur die selfoon app WhatsApp te gebruik, het sy en haar studente sommer gou daagliks gekommunikeer deur teks- en stemboodskappe. Nou stuur ʼn vrywilliger in haar klas elke dag voor die volgende Sondagskoolles ʼn vers of skriftuur uit daardie volgende les met ʼn verwante persoonlike gedagte aan die ander lede in die klas. Nadat hulle die vers en die gedagte gelees het, reageer die lede in die klas met hulle eie gedagtes.

“Wanneer hulle die skriftuur lees, stuur hulle ʼn gelukkige gesiggie sodat ek kan weet hulle het die skriftuur gelees of bestudeer en dat hulle daaroor gedink het,” sê Suster Cárdenas. Wanneer dit tyd is vir die volgende Sondagles, is die studente voorbereid om deel te neem.

Hierdie daaglikse kontak het onlangs een jong volwassene geseën wat nie aktief in die Kerk is nie.

“Ek hou daarvan wanneer ek hom sien kerk toe kom want ek weet om daar te kom, moes hy deur verskeie uitdagings gaan,” sê Suster Cárdenas. “Ek is seker dat die skrifture en gedagtes wat sy klasmaats gestuur het en die skrifture en gedagtes wat hy gestuur het wanneer dit sy beurt was, hom baie versterk het.”

Suster Cárdenas sê dat bediening deur die skrifture nie by haar Sondagles en haar klas se daaglikse skriftuurlike kommunikasie ophou nie.

“My voorbereiding sluit gebed vir my studente in,” sê sy. “Ek dink nie net op Sondag aan hulle nie, maar ook elke dag van die week. Elkeen van hulle het spesifieke en verskillende behoeftes. Elkeen is ʼn kind van God. Ek dink aan hulle terwyl ek my lesse voorberei.”

En wanneer sy onderrig, luister sy—beide na haar studente en na die Heilige Gees.

“Die onderwyser is die Gees,” wat sy dikwels in die stemme van haar studente hoor. “Ek moet aandag skenk want wat hulle sê is die openbaring wat die Gees aan hulle gee.”

Ons Klas is “Soos Gesinstuisaand”

Carla Gutiérrez Ortega Córdoba voel geseënd om ʼn lid van Suster Cárdenas se Sondagskoolklas te wees vanweë die koesterende en dienende omgewing. Carla skryf daardie omgewing toe aan verskeie faktore, onder andere:

  • Voorbereiding: Deur die skrifture en gedagtes te deel help studente om voor te berei vir die volgende klas. “Daaglikse skrifture voed ons en brei ons kennis uit,” verduidelik sy.

  • Deelname: “Ons almal praat. Dit help my om my klaslede dieper te leer ken, as vriende en as broers en susters.”

  • Liefde: “Suster Cárdenas neem jou aan die hand. Ons klas voel soos gesinstuisaand, met verskeie broers en susters. Dit is baie spesiaal.”

  • Die Heilige Gees: “Ons het ʼn aangename, vreedsame gees in ons klas omdat ons op dieselfde bladsy is met die Gees.”

  • Getuienis: “Come, Follow Me het my gehelp om gereed te wees om my getuienis te deel. Ek het ʼn dieper kennis van die Boek van Mormon en die Bybel. Dit help my om dít wat ek leer met my klasmaats te deel by die skool en mense by die werk.”

Geestelike Behoeftes Bediening

Toe Greg en Nicky Christensen van Kentucky, VSA, oor die verbond van Abraham in die skrifture met hulle drie seuns gelees het, het hulle dit moeilik gevind om dit aan hulle te verduidelik. Hulle het as ʼn familie besluit dat elkeen van hulle die verbond van Abraham op hulle eie sou bestudeer en dan deel wat hulle gevind het.

“Ons het ʼn paar interessante opmerkings gekry,” sê Greg. “Ons agt-jarige het geleer dat Abraham se naam eers Abram was. Sy naam het na Abraham verander omdat hy die Here belowe het om weg te keer van sonde en om ʼn regverdige lewe te lei. Ek was regtig verbaas dat hy in staat was om dit op te merk.”

Hulle het almal iets nuuts geleer en het ʼn goeie bespreking gehad oor wat die verbond van Abraham is en wat dit vandag vir Heiliges van die Laaste Dae beteken.

“Ons het gewoonlik net in die ry af gegaan en beurte geneem om skriftuurverse vir ons familie skriftuurstudie te lees,” sê Nicky. “Come, Follow Me is meer ingestel om met die Gees te onderrig. Wanneer ons nou saam studeer, voel ek klein aansporings van die Gees om ons besprekings in ʼn ander rigting te stuur gebaseer op ons familie se behoeftes.”

Deur Come, Follow Me te gebruik, het nie net hulle familie gehelp om meer betrokke en geïnteresseerd te wees in familie evangeliestudie nie, maar dit het ook vir Greg en Nicky gehelp om die geestelike behoeftes van hulle kinders te dien.

Come, Follow Me help my om my kinders te onderrig,” sê Nicky. “Dit help my ook om die verskillende uitdagings wat ek soms met my kinders het te hanteer. Ek voel meer in voeling met die Gees, ek luister meer aandagtig, en ek het prikkelings ontvang oor hoe ek elke kind kan help.”

Greg geniet die langer evangeliebesprekings wat Come, Follow Me in die familie help genereer. “Ons seuns verskil almal oor waar hulle in hulle evangeliese kennis is,” sê hy.“Come, Follow Me het vir ons ʼn manier gegee om elkeen van hulle te help leer, gebaseer op hulle behoeftes. Om hulle te sien groei in hulle liefde vir die evangelie en hoe hulle evangeliese kennis kan toepas in hulle lewens was ʼn wonderlike seëning.”

Nota

  1. Come, Follow Me—for Sunday School: Book of Mormon 2020 (2019), 19.