2020
Bediening deur die Kinder- en Jeugprogram
Oktober 2020


“Bediening deur die Kinder- en Jeugprogram,” Liahona, Oktober 2020

Beeld
Beginsels van Bediening

Foto’s deur Tom Garner, Isaac Darko-Acheampong, Alexander K. Boateng, en Jonas Rebicki

Beginsels van Bediening, Oktober 2020

Bediening deur die Kinder- en Jeugprogram

Om andere uit te nooi om te groei en hulle op die weg te help is die kern van bediening.

Daar is volop geleenthede om te dien deur die Kinder- en Jeugprogram. Jy mag dalk kinders of jeug van jou eie by die huis hê. Jy mag dalk ʼn leier in die program wees of families met kinders en jeug dien. Of dalk ken jy kinders en jeug (dit behoort omtrent almal van ons te dek). Wat ook al jou situasie mag wees, daar is baie maniere om hierdie program of sy beginsels te gebruik om die lewens van ander te seën.

Om Onsself Saam te Ontwikkel

Die kern van Kinders en Jeug is ʼn fokus om elke dag te probeer om meer soos die Saligmaker te word, wat perfek gedien het. Baie van diegene wat deelgeneem het aan die program, het geleer dat hoe meer jy in verskillende areas van jou lewe vorder, hoe beter is jy toegerus om ander te help of te dien.

Maar met die Kinder- en Jeugprogram hoef jy nie te wag totdat jy iets geleer het voordat jy ander seën nie. Om te leer, bied self geleenthede om te dien.

Vir ʼn jong man met die naam Prophet wat in Ghana woon, was die stel van die doel in Kinders en Jeug om te leer hoe om klavier te speel, net die begin. “Dit is my doel om ook ander mense te help om te weet wat ek leer,” sê Prophet.

Selfs al is hy nog nie ʼn instrukteur nie, het sy doel alreeds gegroei tot iets baie groter as wat hy ooit kon dink. Daar is nou 50 studente wat musieklesse saam met Prophet by die kerk neem. En presies wie leer vir Prophet en daardie ander 50 studente? Alexander M. en Kelvin M., beide 13 jaar oud. “Ons wil gebare van goedhartigheid aan ander mense betoon,” sê Kelvin.

Die twee jongmans gee drie dae per week basiese klavierlesse gratis vir almal wat kom om te leer. Daar was ʼn bykomende voordeel tot die klavierlesse. Verskeie van die studente wat deur die klavierlesse aan die Kerk voorgestel is, het later die evangelie bestudeer en besluit om gedoop te word.

Soos ons moeite doen om onsself te verbeter, kan ons ander dien deur hulle te nooi om by ons aan te sluit.

ʼn Wenresep vir Bediening

As ʼn Pen-primêre Organisasie President, het Sabrina Simões Deus Augusto van Curitiba, Brasilië, gesien hoe die persoonlike ontwikkelingsaspekte van die program die kinders en jeug in haar pen seën. Maar sy het ook baie maniere gesien om dít wat sy geleer het oor persoonlike ontwikkeling in haar opdrag as ʼn bedieningsuster te gebruik.

“Wanneer ek ʼn talent ontwikkel,” sê Suster Augusto, “kan ek daardie talent gebruik om iemand wat ek dien, te seën.”

Suster Augusto het een van die susters wat aan haar toegewys is, geleer hoe om sjokolade truffels te maak. Daardie suster maak en verkoop nou truffels om haar familie se inkomste aan te vul. “Maande later is ek geseën toe ʼn ander suster my geleer het hoe om heuningbrood te maak wat ek kon verkoop,” het Suster Augusto gesê. “Die ontwikkeling en deel van ons talente kan ons lewens seën en ons verhoudinge as bedieningsusters verdiep.”