Skrifture
Leer en Verbonde 4


Afdeling 4

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan sy vader, Joseph Smith Snr., te Harmony, Pennsilvanië, Februarie 1829.

1–4, Moedige diens red die Here se dienaars; 5–6, Goddelike eienskappe kwalifiseer hulle vir die bediening; 7, Die dinge van God moet nagestreef word.

1 Nou kyk, ’n wonderbaarlike werk is aan die kom onder die kinders van mense.

2 Daarom, o julle wat in die diens tree van God, sien toe dat julle Hom dien met julle hele hart, mag, verstand en krag, sodat julle skuldeloos mag staan voor God op die laaste dag.

3 Daarom, as julle begeertes het om God te dien, is julle geroep tot die werk;

4 Want kyk, die veld is alreeds wit vir die oes; en kyk, hy wat sy sekel insteek met sy mag, hy gaar op sodat hy nie vergaan nie, maar bring heil vir sy siel.

5 En geloof, hoop, naasteliefde en liefde, met ’n oog enkel gerig op die heerlikheid van God, kwalifiseer hom vir die werk.

6 Onthou geloof, deug, kennis, selfbeheersing, geduld, broederliefde, godsvrug, naasteliefde, ootmoed, ywer.

7 Vra, en julle sal ontvang; klop en dit sal vir julle oopgemaak word. Amen.