2014
Ek en Konferensie
April 2014


Jeug

Ek en Konferensie

Die skrywer woon in Toronto, Kanada.

Ek het gedink dat algemene konferensie naweek lank en vervelig was, maar soos die tyd verby gegaan het, het ek daarna begin uitsien en het lief geword daarvoor. Algemene konferensie naweek kan geestelik herlaaibaar wees, maar dit is maklik om hierdie gevoelens te laat verdof wanneer normale lewe op ʼn Maandag voortgaan Party van die volgende idees het my gehelp om soveel moontlik uit konferensie te kry.

Ek berei myself voor vir konferensie deur vrae neer te skryf, en dan maak ek notas soos my vrae beantwoord word. Daarna,laai ek die konferensie adresse en musiek af van LDS.org en sit dit op ʼn MP3 speler ,sodat ek na ʼn praatjie of gesang kan luister soos ek deur my daaglikse roetine gaan. Ek is ook lief daarvoor om die Liahona sirkulasie van die konferensie te bestudeer. Ek onderstreep en maak notas in die kantlyn van my persoonlike afskrif. Teen die tyd dat die volgende konferensie omkom, is my tydskif deeglik gebruik. Soms studeer my familie die boodskappe saam in Familie aande.

Deur die gees te behou wat ons gedurende konferensie voel en om aanhoudend te leer uit die boodskappe vereis werk, maar deur dit te doen was ʼn groot seëning vir my. Ek het soveel krag en leiding in tye van nood ontvang deur die boodskappe van algemene konferensie te studeer, en ek weet dat hierdie boodskappe geinspireerd is.