2015
Die Heilige Gees as Jou Metgesel
November 2015


Vroue Besoek Boodskap, November 2015

Die Heilige Gees as Jou Metgesel

Ons kan, as ons waardig lewe, die seëning van die Gees hê om saam met ons te wees, nie net nou en dan nie, maar altyd.

My geliefde broers en susters, ek is dankbaar om saam met julle te wees op hierdie Sabbat dag in die algemene konferensie van die HERE se Kerk. Ek het soos julle, gevoel hoe die Gees, die Heilige Gees, getuig het van die woorde van waarheid wat ons gehoor en gesing het.

My doel is om vandag julle begeerte en vasberadenheid te vermeerder om die gawe te eis wat aan elkeen van ons belowe is, na ons doop. Gedurende ons bevestiging het ons hierdie woorde gehoor: “Ontvang die Heilige Gees.”1 Van daardie oomblik af het ons lewens vir ewig verander.

Ons kan, as ons waardig lewe, die seëning van die Gees hê om saam met ons te wees, nie net nou en dan nie, soos in merkwaardige ondervindinge wat ons vandag ondervind het nie, maar altyd. Van die woorde van die nagmaal gebed, weet julle hoe daardie belofte vervul word: “O God, die Ewige Vader, ons vra U in die naam van U Seun, Jesus Christus, om hierdie brood te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan gebruik; dat hulle dit mag eet ter gedagtenis aan die liggaam van U Seun, en voor U, O God, die Ewige Vader, mag getuig dat hulle gewillig is om die naam van U Seun aan te neem, en Hom altyd in gedagtenis te hou, en Sy gebooie wat Hy aan hulle gegee het, te bewaar.”

En dan kom die glorieryke belofte: “Sodat hulle altyd Sy gees met hulle mag hê” (L&V 20:77; klem bygevoeg).

Om altyd die Gees met ons te hê is om die leiding en besturing van die Heilige Gees in ons daaglikse lewens te hê. Ons kan, byvoorbeeld, gewaarsku word deur die Gees om die versoeking te weerstaan om kwaad te doen.

Vir daardie rede alleen is dit maklik om te sien hoekom die HERE se dienaars probeer het om ons begeerte om God in ons nagmaal dienste te aanbid, te vermeerder. As ons die nagmaal in geloof geniet, sal die Heilige Gees dan in staat wees om ons, en diegene wat ons lief het, te beskerm teen die aanslae van die duiwel wat met groter intensiteit en veelvuldigheid kom.

Die genootskap van die Heilige Gees maak dit wat goed is meer aantreklik, en versoeking minder behaaglik. Dit alleen behoort genoeg te wees om ons vasbeslote te maak om te kwalifiseer om die Gees altyd by ons te hê.

Net soos die Heilige Gees ons teen onheil versterk, so gee Hy ons ook die mag om tussen waarheid en valsheid te onderskei. Die waarhede wat die meeste beteken, is die wat deur openbaring van God af, bevestig word. Ons menslike rede en die gebruik van ons fisiese sintuie sal nie genoeg wees nie. Ons lewe in tye waar tot die wyse mense alles sal moet uithaal om waarheid van bekwame oë-verblindery, te onderskei.

Die HERE het Sy Apostel Thomas geleer, toe hy fisiese bewys van Christus se Opstanding wou hê, deur Sy wonde aan te raak, dat openbaring ʼn veiliger roete is: “Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.” (Johannes 20:29).

Die waarhede wat die weg terug na ons tuiste saam met God merk, word deur die Heilige Gees bevestig. Ons kan nie na die woud gaan en sien hoe die Vader en die Seun met die jong Joseph Smith praat nie. Geen fisiese bewyse of enige logiese argument kan bevestig dat Elia gekom het soos wat belowe is nie, en dat hy die sleutels tot die priesterskap oorgedra het, wat nou deur die lewende profeet, Thomas S. Monson, gehou en uitgevoer word nie.

Bevestiging van die waarheid kom tot ʼn seun en dogter van God, wat die reg geëis het om die Heilige Gees te ontvang. Omdat valshede en leuns enige tyd aan ons voorgelê kan word, moet ons ten alle tye die invloed van die Gees van die Waarheid hê om ons oomblike van twyfel te spaar.

Terwyl George Q. Cannon ʼn lid van die Kworum van die Twaalf Apostels was, het hy ons aangespoor om te strewe om altyd die Gees met ons te hê. Hy het belowe, en ek belowe dit ook, dat as ons daardie rigting kies, ons “nooit ʼn tekort aan kennis van die waarheid sal hê nie”, en “nooit sal twyfel of in donkerte wandel nie”, en ons “geloof sal sterk wees, en [ons] vreugde … vol.”2

Ons benodig die voltydse hulp komende van die kammeraadskap van die Heilige Gees vir nog ʼn rede. Die afsterwe van ʼn geliefde kan onverwags kom. Dit is die getuienis vanaf die Heilige Gees van die realityd van ʼn liefdevolle Hemelse Vader en ʼn verrese Verlosser wat ons hoop en vertroosting bied, met die verlies van ʼn geliefde. Daardie getuienis moet vars wees wanneer die dood aanbreek.

So, vir baie redes, benodig ons die voltydse kammeraadskap van die Heilige Gees. Ons begeer dit, maar ons weet uit ondervinding dat dit nie maklik is om te behou nie. Elkeen van ons dink, sê, en doen dinge elke dag van ons lewens wat die Gees aanstoot kan gee. Die HERE het ons geleer dat die Heilige Gees ons voltydse metgesel sal wees wanneer ons harte vol liefde is, en wanneer deugsaamheid ons gedagtes voordurend versier (sien L&V 121:45).

Vir diegene wat sukkel met die hoë standaard wat benodig word vir die gawe van die Gees se kammeraadskap, bied ek die volgende aanmoediging aan. Julle het tye gehad wanneer julle die invloed van die Heilige Gees gevoel het. Dit mag vandag vir julle gebeur het.

Jy kan daardie oomblikke van inspirasie aanskou soos die saad van geloof wat deur Alma beskryf word (sien Alma 32:28). Plant elke een. Jy kan dit doen deur op ʼn indruk wat jy gevoel het te reageer. Die belangrikste inspirasie sal wees vir jou, om te weet wat God wil hê jy moet doen. As dit is om jou tiende te betaal, of om ʼn rouende vriend te besoek, doen dit. Wat dit ook al mag wees, doen dit. Wanneer jy jou gewilligheid demonstreer om gehoorsaam te wees, sal die Gees jou nog indrukke stuur, van wat God wil hê jy vir Hom moet doen.

Soos wat jy gehoorsaam is, sal die indrukke van die Gees meer gereeld kom, nader en nader totdat dit voltydse kammeraadskap word. Jou krag om reg te kies, sal vermeerder.

Jy kan weet wanneer hierdie indrukke, om namens Hom op te tree, van die Gees afkomstig is, eerder as jou eie begeertes. Wanneer die indrukke inlyn is met dit wat die Verlosser en Sy lewende profete en apostels gesê het, kan jy met vertroue kies om gehoorsaam te wees. Die Here sal dan op sy beurt, jou seёn met Sy Gees om saam met jou te wees.

By voorbeeld, as jy ʼn geestelike indruk kry om die Sabbat dag te eer, veral as dit moeilik is om te doen, sal God Sy Gees stuur, om jou te help.

Daardie hulp het jare gelede na my vader gekom, toe sy werk hom na Australië geneem het. Hy was alleen een Sondag, en wou graag die nagmaal neem. Hy kon geen inligting oor Kerk vergaderings in die omgewing vind nie. Toe begin hy stap. Op elke kruising het hy gebid om te weet watter rigting hy moes neem. Nadat hy al vir ʼn uur lank geloop en elke nou en dan gedraai het, het hy gestop om weer te bid. Hy het ʼn indruk gekry om in ʼn sekere straat af te draai. Kort voor lank het hy mense gehoor sing vanuit die grondverdieping van ʼn woonstel blok naby hom. Hy het by die venster ingekyk en ʼn paar mense gesien wat voor ʼn tafel gesit het met ʼn wit tafeldoek daaroor en nagmaal skinkborde daarop.

Dit mag dalk nie soos iets verskriklik klink vir julle nie, maar vir hom was dit wonderlik. Hy het geweet dat die belofte van die nagmaal gebed vervul was: “Hom altyd in gedagtenis te hou, en Sy gebooie wat Hy aan hulle gegee het, te bewaar, sodat hulle altyd Sy Gees met hulle mag hê” (L&V 20:77).

Dit was net een voorbeeld van ’n tyd toe hy gebid het en gedoen het wat die Gees hom vertel het, God wil hê hy moet doen. Hy het jaar in en jaar uit daaraan gewerk, net soos ek en jy sal. Hy het nooit oor sy geestelikheid gepraat nie. Hy het net altyd aangehou om klein goedjies te doen wat die HERE wou hê hy moes doen.

Wanneer ʼn klein groepie Kerklede wou hê hy moes hulle toespreek, het hy dit gedoen. Dit het nie saak gemaak of dit 10 of 50 mense was nie, of hoe moeg hy was nie. Hy het sy getuienis van die Vader, die Seun, en die Heilige Gees en van die profete gelewer wanneer ookal die Gees hom aangespoor het om dit te doen.

Sy hoogste roeping in die Kerk was om op die Bonneville Utah Ring hoë kansel te dien, waar hy onkruid uitgetrek het op die Ring plaas, en ʼn Sondag Skool klas onderig het. Oor die jare, soos wat hy dit benodig het, was die Heilige Gees daar as sy metgesel.

Ek het langs my pa gestaan in ʼn hospitaal kamer. My ma, sy vrou van 41 jaar, het op die bed gelê. Ons het vir ure oor haar gewaak. Ons het gesien hoe die lyne van pyn uit haar gesig verdwyn. Die vingers van haar hande, wat in vuiste gebal was, het ontspan. Haar arms het langs haar sye te ruste gekom.

Die pyn van dekades van kanker het tot ʼn einde gekom. Ek het op haar gesig ʼn uitdrukking van vrede gesien. Sy het ʼn paar kort asems geneem, toe gesnak, en toe stil gelê. Ons het daar gestaan om te sien of nog ʼn asem geneem sou word.

Eindelik, het Pa stil gesê, “’n Klein meisie het huis toe gegaan.”

Hy het geen trane gestort nie. Dit is omdat die Heilige Gees lank gelede al vir hom ʼn helder prentjie gegee het van wie sy was, waar sy vandaan gekom het, wat sy geword het, en waarheen sy sou gaan . Die Gees het telkemale in die verlede aan hom getuig van ʼn liefdevolle Hemelse Vader, van ʼn Verlosser wat die bande van die dood gebreuk het, en van die realiteit van die tempel verseëling wat hy met sy vrou en familie deel.

Die Gees het lank tevore al aan hom getuig van haar goedheid en geloof wat haar gekwalifiseer het om na haar hemelse tuiste terug te keer, waar sy onthou sal word as ʼn wonderlike kind van belofte en met eer terug verwelkom sou word.

Vir my Vader was dit meer as ʼn hoop. Die Heilige Gees het dit ʼn realiteit vir hom gemaak.

Nou, party sal dalk sê dat sy woorde en die prentjie in sy verstand aangaande ʼn hemelse tuiste maar net die tere gevoelens, die bedrukte oordeel was van ʼn eggenoot ten tye van sy verlies. Maar hy het ewige waarheid geken, volgens die enigste manier waarop ons dit kan weet.

Hy was ʼn wetenskaplikke wat vir die waarheid in ons fisiese wêreld regdeur sy volwasse lewe gesoek het. Hy het die gereedskap van ʼn wetenskaplike goed genoeg gebruik om regdeur die wêreld deur sy eweknieë vereer te word. Meeste van wat hy in chemie vermag het, het gekom as gevolg daarvan dat hy in sy gedagtes gesien het hoe die molekules rond beweeg, hy het daarna sy visioene deur eksperimente in die laboratorium bevestig.

Maar hy het ʼn ander pad gevolg om die waarhede te ontdek wat van allergrootste belang vir hom en elkeen van ons is. Dit is net deur die Heilige Gees wat ons mense en gebeure kan sien soos wat God dit sien.

Daardie gawe het aangehou in die hospitaal lank na sy vrou oorlede is. Ons het al my ma se goedjies bymekaar gemaak om dit huis toe te neem. Vader het gestop om elke verpleegster en dokter te bedank wat ons ontmoet het, op pad uit na die motor toe. Ek onthou dat ek, met ʼn bietjie irritasie, gevoel het dat ons moes ry om alleen met ons smart te kon wees.

Ek besef nou dat hy dinge gesien het wat net die Heilige Gees aan hom kon wys. Hy het daardie mense gesien as engele wat gestuur was om na sy liefling om te sien. Hulle mag hulself dalk gesien het as profesionele mediese amptenare, maar my vader het hulle bedank vir hulle diens namens die Verlosser.

Die invloed van die Heilige Gees het by hom gebly toe ons by my ouers se woning gestop het. Ons het vir ʼn paar minute in die sitkamer gesêls. Vader het homself verskoon om na sy naby geleë slaapkamer te gaan.

Na ʼn paar minute, het hy na die sitkamer terug gekeer. Hy het ʼn aangename glimlag op sy gesig gehad. Hy het stilweg na ons toe geloop en het saggies gesê, “ek was bang Mildred sou alleen in die geestes wêreld aankom. Ek het gedag sy sou verlore voel in die skare.”

Toe sê hy glimend, “Ek het gou gebid. Ek weet dat Mildred gerus is. My moeder was daar om haar te ontmoed.”

Ek onthou dat ek geglimlag het toe hy dit gesê het, denkende dat my ouma, met haar pompende kort beentjies, vinnig deur die skare beweeg het om haar skoon-dogter te ontmoet, en haar in haar arms te neem toe sy opgedaag het.

Nou, een van die redes hoekom my vader vir hierdie vertroosting gevra het en dit ontvang het, was omdat hy van sy kinderjare reeds in geloof gebid het. Hy was gewoond daaraan om antwoorde te ontvang, wat na sy hart gekom het om leiding en vertroosting te gee. Bo en behalwe dat hy ʼn gewoonte gehad het om te bid, het hy die skriftiere en die woorde van die lewende profete, geken. So het hy die bekende fluistering van die Gees herken wat ons miskien vandag gevoel het.

Die kammeraadskap van die Heilige Gees het meer gedoen as om hom net te vertroos en te lei. Dit het hom deur die Versoening van Jesus Christus verander. Wanneer ons daardie belofte aanvaar om die Gees ten alle tye met ons te hê, kan die Verlosser ons die reiniging skenk wat ons nodig het om die ewige lewe te beërwe, die grootste van al die gawes van God (sien L&V 14:7).

Jy onthou die Verlosser se woorde: “Nou, dit is die gebod: Bekeer, al julle eindes van die aarde, en kom na My en word gedoop in My Naam, sodat julle geheilig mag word deur die ontvangs van die Heilige Gees, sodat julle vlekkeloos mag staan voor My in die laaste dag” (3 Nefi 27:20).

Daardie gebooie kom met hierdie belofte van die HERE:

“En nou, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, plaas jou vertroue in daardie Gees wat tot goeddoen lei—ja, om regverdig te handel, om nederig te wandel, om regverdig te oordeel; en dit is My Gees.

“Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, Ek sal van My Gees aan jou meëdeel wat jou verstand sal verlig, wat jou siel met blydskap sal vul” (L&V 11:12–13).

Ek verklaar aan julle my getuie dat God die Vader lewe, dat die verrese Jesus Christus Sy Kerk lei, dat President Thomas S. Monson al die sleutels van die priesterskap hou, en dat openbaring deur die Heilige Gees Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, en sy nederige lede lei en onderhou.

Ek getuig vêrder aan julle, dat hierdie wonderlike mans wat ons vandag as getuies van die HERE Jesus Christus aangespreek het, as lede van die Kworum van die Twaalf Apostels, geroep is, deur God. Ek weet dat die Gees President Monson gelei het, om hulle te roep. En soos wat julle na hulle en hul getuienis geluister het, het die Heilige Gees bevestig wat ek nou vir julle gaan sê. Hulle is deur God geroep. Ek ondersteun hulle en is lief vir hulle en weet dat die HERE hulle ook lief het en hulle sal ondersteun in die diens wat hulle gaan lewer. Ek getuig dat dit waar is in die naam die HERE Jesus Christus, amen.

Notas

  1. Handboek 2: Administrasie van die Kerk (2010), 20.3.10.

  2. Sien George Q, Cannon, in “Notule van ’n Konferensie,” Millenial Star, 2 Mei, 1863, 275-76.