2021
Die Woord van Wysheid
Augustus 2021


“Die Woord van Wysheid,” Vriend, Aug. 2021.

Maandelikse Vriend-boodskap, Augustus 2021

Die Woord van Wysheid

Beeld
Joseph Smith leer ʼn groep mans

Joseph Smith het vergaderings gehou om mense omtrent die evangelie te leer. Die mans het soms gerook en tabak gekou.

Beeld
Joseph en Emma Smith

Dit het Emma Smith gepla. Die rook en tabak het ʼn groot gemors veroorsaak, en iets daaromtrent het nie reg gevoel nie. Emma en Joseph het gewonder hoe God daaroor gevoel het.

Beeld
Joseph Smith bid

Joseph het gebid, en die Here het geantwoord. Die Here het lede van die Kerk gewaarsku omtrent rook en tabak. Hy het gesê dat dit nie goed is vir ons liggame nie. Hy het hulle ook gewaarsku omtrent die drink van tee, koffie en alkohol.

Beeld
groente

God het gesê hulle moet vrugte, groente en ander gesonde kosse eet. Ons noem hierdie leringe die Woord van Wysheid.

Beeld
meisie wat eet

Ek kan die Woord van Wysheid leef. Hemelse Vader sal my seën as ek my liggaam versorg.

Inkleurbladsy

Ek Kan My Liggaam Versorg

Beeld
kinders wat touspring

Wat doen jy om jou liggaam te versorg?

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott