2022
Die Patriarge: Wie Hulle Was en Hoekom Dit Saak Maak
Februarie 2022


“Die Patriarge: Wie Hulle Was en Hoekom Dit Saak Maak,” Vir die Krag van die Jeug, Feb. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Februarie 2022

Génesis 11–50

Die Patriarge

Wie Hulle Was en Hoekom Dit Saak Maak

Jy het dalk al van Abraham, Isak en Jakob gehoor. Ons lees gereeld van hulle in die Boek van Mormon en jy sal sekerlik meer oor hulle hoor wanneer jy hierdie jaar die Ou Testament bestudeer. Met so baie aandag wat aan hulle geskenk word, moet hulle nogal belangrik wees, nie waar nie? Maar jy kan jouself vra: “Hoekom maak drie mans wat duisende jare gelede gelewe het vandag saak?” Wel, die sleutel tot daardie vraag lê in die ewige verbonde en beloofde seëninge wat God hulle gegee het.

Abraham

Beeld
Abraham

Illustrasies deur Jarom Vogel

Abraham was ʼn groot profeet. Hy was regverdig en gehoorsaam aan God se gebooie.

Hy is gedoop, het die priesterskap ontvang en is aan sy vrou, Sara, vir die ewigheid verseël.

God het ʼn verbond met Abraham gesluit dat sy nageslag groot sou wees en dieselfde seëninge sou hê as dié wat hy ontvang het.

Hulle sou die volheid van die evangelie van Jesus Christus na die nasies van die aarde neem.

Isak

Beeld
Isak

Isak was die seun van Abraham en Sara.

God het vir Abraham gesê om Isak te offer. Abraham was lief vir Isak, maar het gekies om God te gehoorsaam. Net voor Abraham vir Isak sou offer, het ʼn engel vir Abraham gesê om te stop. Abraham en Isak se gewilligheid om God te gehoorsaam is simbolies van die Versoening van God se Eniggebore Seun.

Isak is dieselfde seëninge as Abraham belowe.

Jakob

Beeld
Jakob

Net soos sy vader en oupa, was Jakob getrou aan God.

As gevolg van sy getrouheid, het die Here Jakob se naam verander na Israel, wat “een wat saam met God heers” of “laat God heers” beteken (sien Bible Dictionary, “Israel”).

Jakob het 12 seuns gehad. Hierdie seuns en hulle families het bekend geword as die stamme van Israel.

Die verbond wat God met Abraham gesluit het is hernu met Jakob en sy kinders.

Die Patriarge en Jy

As ʼn lid van die Kerk is jy deel van die nageslag van Abraham, Isak en Jakob. Die verbond wat hulle met God gesluit het is van toepassing op jou!

Jy het die seëning en verantwoordelikheid om jou getuienis van die Saligmaker te lewer en die evangelie te deel.

Jy is ook geroep om almal te nooi om verbonde te sluit en te onderhou en priesterskapsordinansies te ontvang. President Russell M. Nelson het gesê dat dit alles deel is van die versameling van Israel, wat “die belangrikste ding is wat vandag op die aarde plaasvind” (“Hope of Israel,” [wêreldwye gewyde diens vir jeug, 3 Junie 2018], 8, ChurchofJesusChrist.org).