Afdeling 129
Inligting gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Nauvoo, Illinois, 9Ā Februarie 1843, wat drie groot sleutels bekendmaak waardeur die ware aard van dienende engele en geeste onderskei mag word.
1ā3, Daar is beide herrese en geestelike liggame in die hemel; 4ā9, Sleutels word gegee waardeur boodskappers van die anderkant van die sluier geĆÆdentifiseer kan word.
1 Daar is twee soorte wesens in die hemel, naamlik: Engele, wat herrese persone is, wat liggame van vlees en been hetā
2 Byvoorbeeld, Jesus het gesĆŖ: Voel aan My en kyk, want ān gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
3 Tweedens: die geeste van regverdige mense wat vervolmaak is, hulle is nie herrese nie, maar beƫrwe dieselfde heerlikheid.
4 Wanneer ān boodskapper kom wat sĆŖ dat hy ān boodskap van God het, gee hom jou hand en versoek hom om jou hand te skud.
5 Indien hy ān engel is, sal hy so maak, en jy sal sy hand voel.
6 Indien hy die gees van ān regverdige man is wat vervolmaak is, sal hy in sy heerlikheid kom; want dit is die enigste manier waarop hy kan verskynā
7 Vra hom om jou hand te skud, maar hy sal nie beweeg nie, want dit is teenstrydig met die orde van die hemel vir ān regverdige man om te bedrieg; maar hy sal steeds sy boodskap aflewer.
8 Indien dit die duiwel is as ān engel van die lig, wanneer jy hom vra om jou hand te skud, sal hy jou sy hand aanbied, en jy sal niks voel nie, jy mag hom dus uitken.
9 Hierdie is die drie groot sleutels waardeur jy mag weet of ān bediening van God is.