Studiehulp
Opstanding


Opstanding

Die hereniging van die geestelike liggaam met die fisiese liggaam van vlees en been na die dood. Na die opstanding sal die gees en liggaam nooit weer geskei word nie en die persoon sal onsterflik word. Elke persoon wat op aarde gebore word, sal opstaan omdat Jesus Christus die dood oorwin het (1 Kor. 15:20–22).

Jesus Christus was die eerste persoon op die aarde om op te staan uit die dode (Hand. 26:23; Kol. 1:18; Openb. 1:5). Die Nuwe Testament gee voldoende bewys dat Jesus met sy fisiese liggaam opgestaan het: sy graf was leeg, Hy het vis en heuning geëet, Hy het ’n liggaam van vlees en been gehad, mense het Hom aangeraak, en die engele het gesê dat Hy opgestaan het (Mark. 16:1–6; Lk. 24:1–12, 36–43; Joh. 20:1–18). Openbarings van die laaste dae bevestig die werklikheid van die Opstanding van Christus en van die hele mensdom (Alma 11:40–45; 40; 3 Ne. 11:1–17; L&V 76; Moses 7:62).

Alle mense sal nie tot dieselfde heerlikheid opstaan nie (1 Kor. 15:39–42; L&V 76:89–98), ook sal almal nie op dieselfde tyd opstaan nie (1 Kor. 15:22–23; Alma 40:8; L&V 76:64–65, 85; 88:96–102). Baie Heiliges het opgestaan na Christus se Opstanding (Matt. 27:52). Die regverdiges sal opstaan voor die bose en sal uitkom in die Eerste Opstanding (1 Thes. 4:16); die onbekeerlike sondaars sal te voorskyn kom in die laaste opstanding (Openb. 20:5–13; L&V 76:85).