Skrifture
Leer en Verbonde 137


Afdeling 137

’n Visioen gegee aan Joseph Smith die Profeet, in die tempel te Kirtland, Ohio, 21 Januarie 1836. Die geleentheid was die bediening van ordinansies ter voorbereiding van die toewyding van die tempel.

1–6, Die Profeet sien sy broer Alvin in die selestiale koninkryk; 7–9, Die leerstelling van die saligmaking van die dode word geopenbaar; 10, Alle kinders word gered in die selestiale koninkryk.

1 Die hemele is vir ons geopen, en ek het die selestiale koninkryk van God aanskou, en die heerlikheid daarvan, hetsy in die liggaam of uit, kan ek nie sê nie.

2 Ek het die buitengewone skoonheid van die poort waardeur die erfgename van daardie koninkryk sal binnegaan, wat soos omkringende vlamme van vuur was, gesien;

3 Asook die stralende troon van God, waarop die Vader en die Seun gesit het.

4 Ek het die pragtige strate van daardie koninkryk gesien, wat die voorkoms gehad het asof hulle met goud geplavei was.

5 Ek het Vader Adam en Abraham gesien; en my vader en my moeder; my broer Alvin wat lank gelede ontslaap het.

6 En gewonder hoe dit was dat hy ’n erfenis in daardie koninkryk verkry het, aangesien hy die lewe verlaat het voor die Here sy hand uitgesteek het om Israel die tweede keer te versamel, en nie gedoop was vir die vergifnis van sondes nie.

7 Aldus het die stem van die Here tot my gekom, en gesê: Almal wat gesterf het sonder ’n kennis van hierdie evangelie, wat dit sou aanvaar het indien hulle toegelaat was om te vertoef, sal erfgename wees van die selestiale koninkryk van God.

8 Asook al diegene wat voortaan sal sterwe sonder ’n kennis daarvan, wat dit sou aanvaar het met hulle hele hart, sal erfgename van daardie koninkryk wees;

9 Want Ek, die Here, sal alle mense oordeel volgens hulle werke, volgens die begeerte van hulle harte.

10 En ek het ook aanskou dat al die kinders wat sterwe voor hulle die jare van toerekenbaarheid bereik, gered word in die selestiale koninkryk van die hemel.