Studiehulp
Adam


Adam

Die eerste man op aarde geskape.

Adam is die vader en patriarg van die menslike geslag op die aarde. Sy oortreding in die Tuin van Eden (Gén. 3; L&V 29:40–42; Moses 4) het hom laat “val” en sterflik word, ’n noodsaaklike stap vir die mensdom se vooruitgang op hierdie aarde (2 Ne. 2:14–29; Alma 12:21–26). Adam en Eva behoort daarom geëer te word vir hulle rol om ons ewige ontwikkeling moontlik te maak. Adam is die Oue van Dae en staan ook bekend as Mígael (Dan. 7; L&V 27:11; 107:53–54; 116; 138:38). Hy is die aartsengel (L&V 107:54) en sal weer na die aarde kom as die patriarg van die menslike familie (L&V 116).